‘Wit mense eerste gered in Mosambiek’, kla drukgroep

Argieffoto van Palma (Foto: John Wessels/AFP Photo)

Die drukgroep Amnesty International het Donderdag beweer dat “wit mense eerste gered is” tydens die terreuraanval op die kusdorp Palma in die noorde van Mosambiek. Swart slagoffers beweer dat selfs honde voor swart mense in die reddingshelikopter gelaai is en dat daar glo vooraf beplan is om swart mense in die hotel waar hulle skuiling gesoek het, agter te laat.

Etlike bronne wat tydens die aanval teenwoordig was, ontken dié bewerings ten sterkste.

Maroela Media het vroeër berig djihadiste militante het op 24 Maart die kusdorp Palma in die noorde van Mosambiek ingeval. Mosambiekse soldate het ʼn aanval op dié militante geloods wat veroorsaak het dat ʼn groep van ongeveer 200 onskuldige buitelanders, onder wie ʼn klomp Suid-Afrikaners, in die Amarula Palma-hotel in die dorp vasgekeer was. Van dié mense het by ʼn nabygeleë aardgasaanleg gewerk.

Sekerheidsmagte kon daarin slaag om die gestrandes met ʼn helikopter uit die hotel te red en na ʼn nabygeleë militêre kamp te neem. Ander is met bote na ʼn onbekende plek geneem.

In ʼn verslag wat uit onderhoude met 11 swart oorlewendes saamgestel is, sê Amnesty International nou dat ongeveer 20 wit kontrakteurs voor plaaslike swart mense tydens dié reddingsoperasie gered is. Hulle beweer selfs dat twee Duitse herdershonde voorkeur geniet het, deurdat hulle voor swart mense in die reddingshelikopter gelaai is en na veiligheid geneem is.

Deprose Muchena, die waghond se streekshoof vir Oos- en Suidelike Afrika, het na aanleiding van die bewerings gesê dit is kommerwekkend dat die reddingspoging op grond van ras uitgevoer is. “Om mense tydens ’n gewapende terreuraanval agter te laat bloot as gevolg van die kleur van hul vel, is rassisme,” het hy gesê.

Dyck Advisory Group (DAG), ’n private maatskappy wat gehuur is om die regering te help om die militante te beveg en wat by die reddingsoperasie betrokke was, het egter die bewerings as “verregaande” afgemaak.

Een swart oorlewende het vir Amnesty International gesê dat hy nie wou hê dat alle wit mense gered moes word nie omdat nie-witmense dan aan hul eie genade oorgelaat sou word. “Ons het gehoor hoe hulle gepraat het oor die plan om al die wit mense te red en die swart mense agter te laat,” het die oorlewende gesê.

ʼn Wit Suid-Afrikaner wat die gebeure oorleef het, Wesley Nel, het die bewerings ontken. Nel is die broer van die Suid-Afrikaner Adrian Nel wat in ʼn konflik dood is nadat hy en vyf ander buitelanders van die aanvallers probeer vlug het.

“Ek was daar. Ons was almal – swart of wit – in die steek gelaat,” het Nel op Twitter geskryf. “Maar dit was ons wit mense wat 150 plaaslike inwoners gered het deur almal daar in voertuie weg uit te jaag.”

Volgens die weermag en private sekuriteitsbronne is 12 onthoofde liggame dae ná die aanval voor die hotel gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Aai ·

Al weer die kleur kaart kan dit nie glo.Sien nou net kleur en nie wat Adrian Nel en sy mense vir hulle gedoen het.Skop ‘n mens ‘n hond wat jou oppas nee.Mense raak al siek vir die kleur kaart.

Werner ·

Geen probleem daarmee nie hulle het niks met die moeilikheid te doen nie.

Aai ·

Jy is reg die buiteland se werkers sal eerste verwyder word waarheen moet hulle gaan soos die lokale mense.Nou wil hulle huil.

JohanR ·

Lyk my in Mozambiek word reverse BEE gepraktiseer! Jammer maar in soe geval red jy wat te redde is en maak nie saak van die vel kleur, en of dit nou wit of swart is. Moes die redders eers soek in die dorp en in die bosse vir vel kleur. Hy kyk ouens daar ‘n swarte. Hy kyk ouens daars ‘n witte. Hy kyk ouens daars ‘n swart hond. Hy kyk ouens daars ‘n wit hond. Hy kyk ouens daars Cyril Ramaphosa , Nkosazana Dlamini-Zuma en Bheki Cele….los hulle maar!

oelof ·

Gaan kla by Malema. Hy sal hulle gou uitsort en die plek verwoes

B-Man ·

Ja, ek dink ook die EFF- en ANC-ondersteuners moet met busse na die hotel aangery word om daar te gaan betoog en om toe te sien dat daar “geen skade aan die infrastruktuur aangerig word nie”.

Elize ·

Miskien moes hulle agtergelaat gewees het want dan was hulle nou stil!! Ondankbaarheid. Keelvol vir die rassekaart en al die bohaai oor BLM

Jakes ·

Die drukgroep wat hieroor kla is uiters rassisties. Moet swartmense dan voorkeur kry bo ander?

Wielspore ·

Ek het so bietjie gaan inloer op Amnesty International se webtuiste en uit die staanspoor is dit duidelik dat hulle eensydig is aangesien in hulle nuutste nuus steun gegee word aan die Palesteine in Isreal.
Na my mening is hulle siening soos in die bostaande berig eensydig.

Eragrostis ·

Dankie vir dié brokkie inligting. Dit verklaar alles.

Drico ·

Wees dankbaar jy is gered. Niemand het meer tyd vir die gekerm oor wit en swart nie.

Blikkies ·

Hoe kan die Streeks Waghond dan nou kwaad wees vir twee Duitse Waghonde……….Ek hoop nou weet Amnesty International hoe dit voel om agtergelaat te word in SA net omdat jy wit is?

Debbie ·

Alles eindig altyd op rassisme. Daai speletjie raak nou regtig vervelig

Anoniem ·

Ek het ‘n vraag op die berig gevra, maar dit was seker te lastig en word derhalwe nie geplaas nie.

Vrijburger ·

Het ek al ooit Amnesty International die wit plaasmoorde in SA hoor veroordeel? Mmmmm nie so gedink nie, so ek hoor ook nie hulle gekerm nie.

Piet parys ·

Hulle moes die klaer net daar gelos het . My vraag was die aanvallers swart en hoekom dan hulle broers uitmoor.

LANA is ELANè ·

Die hele Afrika het ‘n baie siek obsessie met ras, dit is om van naar te raak die alewige slagoffer mentaliteit ten koste van pigmentasie.

Mariana ·

Dit raak nou ‘n wêreld ding, die ewige ras storie en hoe belangrik slegs hulle lewens is.

Feite ·

Presies , die ewige ‘ Victim’ orals oor die wereld. Maar vat nooit verantwoordelikheid vir hulle eie gemors wat veroorsaak word nie.

Sambok ·

Ga-het seker in gate weggekruip en nie raakgesien nie,nou moet iemand die skuld kry

Josua ·

Dis hoekom hulle ‘n drukgroep genoem word, sodra iets “druk” skop breindood syndroom by hulle in en logiese denke maak hulle siel siek. MAW die drukgroep wil sê dat swart mense oor meer regte beskik as witmense ongeag die omstandighede dan wil hulle weet hoekom daar so opgetree word.
Waarom kry hulle dan nie swart mense om hul eie mense te red nie dan is daar mos niks om oor te kla nie. Enige reddings poging ongeag wie gered word het n risiko nie net vir die reddingspan nie maar vir die wat agter bly asook die wat gered word en sekere besluite moet ook in ag geneem word juis vir die wat agter bly. As ‘n mens die media volg op ‘n daaglikse basis asook statistiek is geen witmens meer veilig in die Suidpunt van Afrika nie en dit is beslis nie ons skuld nie, dit is nog minder ons wat moor, verwoes en vernietig en agter velkleur en rassisme skuil om dit te regverdig nie, so kan jy die reddingspan regtig verkwalik in hul optrede sou dit wel waar wees?????

Hoekom ·

Die swartes wou seker die wit mense daar agterlaat. Wat ook rassisme is…

Thom ·

Hier is ook moedswillige beriggewing ter sprake ___ sensasie verkoop natuurlik baie beter as blote feite .

Joe Olivier ·

Daar word nêrens gesê hoe die wat die redding uitgevoer het, gelyk het nie. Wonder maar net.

Eragrostis ·

Ek begin nou vrede maak daarmee dat die oorgrote meerderheid swartes aan ń erge minderwaardigheidskompleks ly en hulself altyd as die slagoffer van enige gebeurtenis sal beskou, al was daar geen bedoeling om hul te na te kom nie. Dis ń proses wat ditself daagliks wêreldwyd herhaal, en sal skynbaar nooit beter raak nie. Dis ook maar die gevolg van irrasionele denke, swak oordeel en die feit dat hulle nie lees wat die publiek oor hul optrede skryf nie, soos hierdie kommentaar.

Jaeger ·

Stank vir dank soos die gedagte gaan. Vorige werk was die “reel” buitelanders eerste dan plaaslike bevolking” omrede die buitelanders die salaris betaal en hulle nie die “luuksheid” het om tussen die plaaslike bevolking kan skuil as dinge sleg gaan nie.

Boerinmurgenbeen ·

Ek wonder waar was die knape van die sogenaamde Druk Groepe toe die mense gered moes word, as hulle daar was kon hulle mos eers die swartes gered het op hulle eie, waarom is daar idiote wat kan geraas maak maar as daar nood is, dan is hulle nêrens te siene nie, so ‘n regte span sleutelbord krygers.
Ver verwyderd van die werklikheid is hulle baie braaf.

Die Waarheid ·

Regtig?
In SA tydens lockdown is daar slegs aan swart mense kos pakkies verskaf. Daar is selfs kospakkies wat privaat opgemaak was vir wittes, afgeneem en aan swartes gegee.
Waar was Amnesty International toe?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.