Cilliers Brink van Tshwane-metro gesels met Podlitiek

cilliers-brink

Cilliers Brink gesels met Podlitiek oor die Tshwane-metro, koalisie politiek en die DA. Foto: Twitter.com

Opgestel deur die Podlitiek-span

In hierdie onderhoudepisode gesels die Podlitiek-aanbieders, Daniël Eloff en Daniel du Plessis met Cilliers Brink. Brink is tans ’n lid van die Tshwane-metro se burgemeesterskomitee en verbonde aan die Demokratiese Alliansie (DA).

Podlitiek se twee Daniels vra vir Brink oor die samewerkingsverhouding tussen die DA en die EFF in die Tshwane-stadsraad. Brink verduidelik hoe die verhouding ’n moeilike een is met vele uitdagings, maar dat hul administrasie trots is op die vordering wat die stad gemaak het sedert Augustus 2016.

Brink vertel verder dat baie van die vordering in die stad nie as tasbare verskille gesien kan word nie en dat baie tyd en moeite in die stabilisering van die stad se finansies ingegaan het – vordering wat die inwoners van Pretoria nie noodwendig onmiddellik kan raaksien nie.

Du Plessis daag Brink uit met vrae oor koalisiepolitiek en die DA se onlangse rekord wat taal- en kultuurkwessies betref. Brink kondig verder aan dat hy op die DA se lys is om in Mei 2019, ná die nasionale verkiesing, ’n lid van die wetgewer te word.

Die episode sluit af met ’n paar insette oor wêreldwye tendense en hoe dit Suid-Afrika beïnvloed.

  • As jy belangstel in die ontwikkeling van Afrikaans as navorsings- en denktaal, dan is hierdie episode perfek vir jou. Podlitiek bring met trots aan jou as luisteraar en leser hierdie langformaat-podsending wat uniek is in die Afrikaanse digitale media. Sit gerus die gesprek in die kommentaarafdeling voort, en onthou om Podlitiek op Iono.fm, YouTube en iTunes te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

sweis ·

Ek verstaan dit nie ,maar neem aan as dit van die DA is dan moet dit of twak wees of heuning om die mond toesmeerdery is om stemme te werf.

Judge Dredd ·

Die Tuin Kabouter probeer ons mos nou stories vertel.

Adoons ·

Brink klink soos een van die laaste goeie DA leiers. Hy kan gerus maar hoër op in die party styg.

Francois ·

MUNISIPALE SWEMBADDENS EN OORDE IS NIE IN GOEIE TOESTAND NIE EN WORD SWAK BESTUUR,DIT IS N FEIT EN GEEN AANDAG WORD DAARAAN GEGEE NIE.

christa ·

Ag Als Word Swak Bestuur Daar is geen instandhouding in niks nie MY MAN KEN HIERDIE MNR BRINK MY MAN HET VIR 15 JAAR BY TSHWANE IN CENTURION BY BUILDING MAINTINCE GEWERK MNR BRINK HET SY BOUDE AF GEVEE AAN ALS WAAR OOR MY MAN OOR NAVRAE GEDOEN HET WAS SELFS IN SY KANTOOR AG EN HET NIKS GEDOEN SO MNR BRINK OPO OP PRAAT EN DOEN IETS

christa ·

HELP NIE IETS VIR DIE OOG NIE EN KAN NIE DIE JOB DOEN NIE ALLES VAL UIT MEKAAR UIT HAHA HIEDIE MAN SAL OOK NIKS KAN DOEN NIE WANT HY KON NOG NOOIT NIE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.