Podlitiek: Cameron se Maties-skok, Ndlozi haat steeds die bok

Argieffoto: ANA.

Opgestel deur die Podlitiek-span

Min dinge het Suid-Afrika in die verlede so verenig soos sukses in Wêreldbeker-rugby.  Die suksesmoment in 1995 het selfs ’n rolprent ontlok, en word vandag nog as een van die mees motoriese momente in ons land se bestaan gevier. Met nóg so ’n geleentheid wat Suid-Afrika die afgelope week te beurt geval het, kyk Podlitiek na die gemengde reaksies op hierdie, en ander nuusgebeure.

Eerstens kom die Universiteit Stellenbosch aan die beurt. Alhoewel die storie ter tafel gaan oor die nuut aangestelde kanselier van Stellenbosch, oudregter Edwin Cameron, en hoe hy reeds voor sy aanstelling in gesprek was met prof. Wim de Villiers van Stellenbosch (al was hy ’n sittende regter in ’n saak waarby dié universiteit direk betrokke was), spring Podlitiek sommer weg en braak eers ’n bietjie gal oor die Maties se hantering van Afrikaans. Hermann, Ernst en Paul, wat vandag in die ateljee is, is dit eens dat Maties die minderbevoorregtes meer skade gaan aandoen as enigiets anders, en dat die stelselmatige versmoring van Afrikaans in die Bos onkundig is.

Volgende kom minister Tito Mboweni se mediumtermyn-begrotingsrede aan die beurt.  Suid-Afrika is, so meen mediahuise en kommentators, in ’n skuldslagyster, waar ons duur betaal net om ons skuld te delg. Sonder enige twyfel leef Suid-Afrika ’n hoër leefstyl as wat ons werklik kan bekostig, en die Podlitiek-span is nie oortuig daarvan dat minister Mboweni se planne ’n ware en werklike verskil gaan maak nie.

Laastens kyk Podlitiek na die sosialemedia-opmerkings van Mbuyiseni Ndlozi, die woordvoerder van die EFF, wat ná afloop van Suid-Afrika se Wêreldbeker-oorwinning maar net nóg gal gebraak het oor hoe die span nie verteenwoordigend genoeg is nie, en hoe veral die wit spanlede hul gelukwensing eerder by die Britse Prins Harry moet kry as by hom. Wat sal ’n mens nou sê anders as om die man uit te kryt of uit te lag?  Podlitiek doen so ietsie van albei…

By Podlitiek lewer ons nie net die nuus nie, ons maak dit. Luister Podlitiek!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Boerbok ·

Gee hulle die Springbok dan kan julle die eienaar van die boerbok se boerbok op die trui sit.

Francois ·

IMO is die ‘klipspringertjie’ op die arm iets van die verlede met die volgende wereldbeker. Dan is dit net die protea en ons smartieboks vlaggie op die bors.

John ·

As ons patetiee sokkerspan ‘n paar boertjies insluit kan hulle dalk ook iewers kom.

Siener ·

Die EFF het ‘n punt beet. Die kwota systeem het gewerk want SA is die wereld kampioen. Dit moet verhoog word na 80 / 20. Die bok ondersteuners moet nie nou kla nie want hulle het die bok span ondersteun met al sy kwotas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.