Podlitiek: Steinhoff-kar laat Mmusi bloos en Tito wil die ekonomie troos

DA-leier Mmusi Maimane. Foto: DA/Twitter

Opgestel deur die Podlitiek-span

Die Podlitiek-span oorweeg hierdie week om hul besigheidsbedrywighede uit te brei na industriële handeseep – juis omdat daar werklik geen skoon hande in die Suid-Afrikaanse politiek oor is nie.

Nie net moes ons maar weer eens lees van Julius Malema en Floyd Shivambu van die EFF wat hul luukse lewens met pensioenarisse se geld befonds het nie, maar ook dat Mmusi Maimane, (tans leier van die DA), ʼn motor bestuur het wat van Markus Jooste, die berugte voormalige hoof van Steinhoff, afkomstig was. Die Podlitiek-span bespreek sowel die klim en val van Maimane, as hoe presies sulke sensitiewe inligting in die openbaar beland het.

ʼn Tweede storie wat die uitgedunde paneel van Ernst en Paul na loer, is Tito Mboweni, minister van finansies, se planne om Suid-Afrika se ekonomie ʼn welverdiende skop op die agterstewe te gee. Mboweni het, sonder veel medewete van die uitvoerende komitee van die ANC, ʼn dokument opgestel wat werkloosheid wil aanpak en die ekonomie weer aan die groei wil kry. Die probleem is natuurlik dat die ANC hul verhoudings met die ander lede van hul driepartyalliansie wil behou, daar is dus troebel waters wat vir sy edele Tito voorlê.

Hierna word daar gekyk na die situasie in Hongkong, waar betogers en polisie nou reeds maande lank aanmekaar is, en by die dag vererger. ʼn Tweede internasionale storie wat vlugtig bespreek word, is die betrokkenheid van die seun van ʼn voormalige Amerikaanse adjunkpresident, Joe Biden, by ʼn energiereus in die Oekraïene, en president Trump se bekendmaking van die storie.

Podlitiek kan binnenshuis en in die opelug geniet en waardeer word. Doen dit. Luister Podlitiek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

siener ·

Die tyd het aangebreuk dat Mmusi bedank. Hy het die DA baie skade aangedoen en baie lede is weg agv hom

aj ·

Mmusi het misluk!

Hy moet verantwoordelikheid aanvaar vir die geweldige verlies aan stemme tydens sy leierskap.

Selfs al is hy hy ‘n “nice guy” is sy rolletjie nou uitgespeel!

Die DA illusie dat SWART leiers meer swart stemme sal trek is nou ontmasker.

Die verdere illusie dat die DA se WIT kiesers erge vernederings sal ‘sluk’ en steeds vir die DA sal stem is nou ook ontmasker.

Die DA het hopelik 2 duur lesse geleer uit die 2 bg miskonsepsies en gaan DRINGENDE SKADEBEHEER toepas … of ondergaan!

Miljoene SWART kiesers het meer vertroue in WIT leiers … FACE IT!

Miljoene WIT kiesers ken die verskil tussen GOEIE leiers en SWART leiers.

M.a.w. dis nie die kleur wat tél nie … dis die meriete!

Corne ·

Kom mnr M bedank nou of beter stel tig stappe teen jouself in.Loots n ondersoek stel n paneel aan of erken net jou hande ook maar in die koekie JAR betrap. Lol wonder hoefeel ander geraamtes da nog is

Gerhardt O ·

DA en Dstv, albei begin met n D albeie eindig as irrelevant

JohanL ·

My eenvoudige vraag aan Mmusi is dit: “My magtag man, kan jy met jou salaris regtig nie eers jou eie kar bekostig nie?”

Daar is geen pille vir domgeit nie.

Laaitiepolitici ·

Ek hoop die belastinggaarder sien hierdie voordele wat politici kry en nie belasting betaal op duisende rande se voordele nie. Die gewone salaristrekker word met n valkoog dopgehou, maar politici kom weg met belastingontduiking! DA gaan nog minder stemme kry in volgende verkiesing met al hul binnegevegte!t

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.