Federer, Nadal se Afrika-safari regstreeks op SuperSport

Roger Federer. Foto: ANA.

Is jy hartseer omdat jy nie een van die 48 000 tennisgeesdriftiges is wat Roger Federer se liefdadigheidswedstryd teen Rafael Nadal volgende jaar in die Kaap kan bywoon nie?

Nou ja, daar is darem goeie nuus: SuperSport het bevestig dat hy die wedstryd regstreeks op 7 Februarie 2020 gaan uitsaai.

Buiten die groot Federer/Nadal-tweestryd sal daar ook vertoon-dubbelspelwedstryde op die spyskaart wees.

Trevor Noah. Foto: Greg Allen/Invision/AP).

Federer sal met Bill Gates kragte saamsnoer om vir Nadal en Trevor Noah aan te vat.

Daar is vroeër berig dat die 48 000 beskikbare kaartjies vir die skouspel binne tien minute uitverkoop is.  Pryse het tussen R150 en R2000 per kaartjie gewissel.

“Baie dankie aan al die ondersteuners wat plek bespreek het, of probeer bespreek het. Ons is heeltemal uit die veld geslaan deur jul ongelooflike ondersteuning,” het Janine Händel van die Roger Federer-stigting gesê.

SuperSport sal egter nie net die wedstryd vir plaaslike liefhebbers uitsaai nie, maar ook die amptelike uitsaaier vir ʼn internasionale gehoor wees.

“Ek gaan in my ma se geboorteland teen my kwaaiste teenstander en vriend, Rafael Nadal, speel,” het ’n opgewonde Federer destyds gesê.

Die wedstryd is ten bate van Federer se liefdadigheidsorganisasie.

  • Die aksie sal op 7 Februarie 2020 met die dubbelspel-wedsryd om 19:30 begin, gevolg deur die hoofwedstryd om 20:30.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

HARTSEER ·

Sal maar op TV moet kyk. Was nie so gelukkig om kaartjies te kon kry nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.