Nadal kraai weer koning

Rafael Nadal van Spanje (9 Junie 2019) (Foto: AP Photo/Michel Euler)

Die Spanjaard Rafael Nadal het Sondag weer koning gekraai by Roland Garros. Dit is sy 12de Franse Ope-titel.

Nadal het Dominic Thiem van Oostenryk 6-3, 5-7, 6-1, 6-1 geklop.

Thiem (25) het verlede jaar ook in die eindstryd van die Franse Ope teen die 32-jarige Spanjaard vasgeval.

Organiseerders het vroeër gesê ligte sal geïnstalleer word op die vier hoofbane vir volgende jaar se Franse Ope en alle bane die daaropvolgende jaar, om te voorkom dat wedstryde opgeskort moet word sodra dit aand word. Die Philippe Chatrier-, Suzanne Lenglen- en Simonne Mathieutennisbane insluitend tennisbaan No. 4 sal kunsmatige beligting hê vir 2020.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.