Só staan sake vir SA atlete in Parys

(Foto: @Paralympics/Twitter)

Twee Suid-Afrikaanse atlete was reeds vanoggend in aksie by die Wêreld-Para-Atletiekkampioenskap in Parys.

Yané van der Merwe het agtste geëindig in die finaal van die diskus (F64) terwyl Refilwe Mosifane ook met die agtste plek tevrede moes wees in die finaal van die 400 m (T36).

Daar is net nog een Suid-Afrikaanse atleet wat later vandag in aksie sal wees. Tebogo Mofokeng neem vanaand in een van die uitdunne van die 100 m (T64) deel.

Puseletso Mabote het gister in die eindronde van die verspring (T63-klas) 11de geëindig terwyl Jaco Smit in die 100 m-finaal (T12) met die vierde plek tevrede moes wees.

Sheryl James en Liezel Gouws het in die finaal van die 400 m (T37) deelgeneem. Hoewel James vierde geëindig het, is haar tyd van 1:03.38 ʼn nuwe Afrika-rekord.  Gous was vyfde in ʼn tyd van 1:07.40, haar beste nog die afgelope seisoen.

Suid-Afrika het tans nog net een medalje gewen nadat Louzanne Coetzee tweede in die 1 500 m vir T11-vroueatlete geëindig het. Haar tyd van 4:48.13 is haar beste nog die afgelope seisoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elmarie ·

Ons atlete doen só goed. Sterkte julle ouens julle maak ons báie trots!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.