Markram no. 2 op T20-ranglys

Aiden Markram op die voorvoet. Foto: Randy Brooks/AFP.

Dinge mag dalk ʼn wroeging vir hom in die toetsarena wees, maar op die T20-verhoog tel Aiden Markram onder die wêreld se bestes.

Die 27-jarige Protea is tans die naasbeste speler op die Internasionale Krieketraad se ranglys vir T20-kolwers.

In sy 23 wedstryde vir Suid-Afrika het hy reeds 722 lopies teen ʼn gemiddeld van 42.47 aangeteken. Maar dit is sy treftempo van 152.64 wat die wenkbroue laat lig – hy beskik ongetwyfeld oor die vermoë om vinnige lopies aan te teken.

Die Suid-Afrikaners se T20-wêreldbekerveldtog begin binnekort in Australië en die Proteas sal duim vashou dat hy sy heldedade van die vorige internasionale skouspel in die Verenigde Arabiese Emirate sal kan herhaal.

Markram het destyds sy lopies teen ʼn gemiddeld van 54 en ʼn treftempo van 145 geslaan terwyl hy met sy onoorwonne beurt van 52 lopies vir Engeland laat sweet het.

Voeg daarby sy knap veldwerk en handige draaiboulwerk, en Aiden Markram kan een van Suid-Afrika se gevaarmanne in Australië wees.

Selfs al gaan dinge maar beroerd in rooibalkrieketwedstryde.

Voorste T20-kolwers:

  1. Mohammad Rizwan 825 punte
  2. Aiden Markram 792 punte
  3. Suraykumar Yadav 780 punte
  4. Babar Azam 771 punte
  5. Dawid Malan 725 punte
  6. Aaron Finch 715 punte
  7. Devon Conway 683 punte
  8. Pathum Nissanka 677 punte
  9. Muhammad Waseem 671 punte
  10. Reeza Hendricks 628 punte

Voorste T20-boulers:

  1. Josh Hazlewood 785 punte
  2. Tabraiz Shamsi 716 punte
  3. Adil Rashid 709 punte
  4. Rashid Khan 696 punte
  5. Adam Zampa 693 punte
  6. Wanindu Hasaranga 692 punte
  7. Maheesh Theekshana 680 punte
  8. Mujeeb Ur Rahman 677 punte
  9. Bhuvneshwar Kumar 673 punte
  10. Akeal Hosain 665 punte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

George ·

Haal hom asb net uit toetskrieket uit, hy is nie opgewasse vir dit nie. Laat hom kort tip n run krieket speel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.