Eddie verander sommer 11 aan sy verloorspan vir Japan-wedstryd

Eddie Jones wil diepte bepaal. (Foto Twitter@EnglandRugby)

Eddie Jones het duidelik gewys wat hy van sy ou span Japan se rugbykrag dink deur nie minder nie as 11 veranderinge te maak aan Engeland se span wat verlede Saterdag met een punt teen die All Blacks verloor het.

Jones sê die naweek is die geleentheid om Engeland se diepte te toets. Hy het die 24-jarige nuweling, die makrovleuel Joe Cokanasiga, in die beginspan en  ʼn 19-jarige losvoorspeler, Ted Hill, op die bank gekies en die losskakel George Ford as kaptein aangewys.

Die mede-kapteins teen die Springbokke en All Blacks, Dylan Hartley en Owen Farrell, is albei op die bank.

Engeland se span teen Japan –
15. Elliot Daly, 14. Joe Cokanasiga, 13. Jack Nowell, 12. Alex Lozowski, 11. Chris Ashton, 10. George Ford (kaptein), 9. Danny Care, 8. Zach Mercer, 7. Mark Wilson,  6. Courtney Lawes, 5. Maro Itoje, 4. Charlie Ewels, 3. Harry Williams, 2. Jamie George, 1. Alec Hepburn. Bank: 16. Dylan Hartley, 17. Ben Moon, 18. Kyle Sinckler, 19. Ted Hill, 20. Sam Underhill, 21. Richard Wigglesworth, 22. Owen Farrell, 23. Henry Slade.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dries du Toit ·

EK lees op sarugbymag DAT die edele Eddie nie meer gan deelneem aan skeidsregter vergaderings nie wat,vlgns hom is dit nutteloos. WEL,NET dit vir jou EDDIE,”WHAT GOES AROUND,COMES AROUND”.NET so min as wat jou flank onkant WAS tn abs,so WAS Farrell se tackle tn Bokke wettig. SO,KRY VIR JOU MY TJOM,KRY VIR JOU,,,,,,,,,soos jy sé,jy sal stilbly en vat wat uitgedeel word. DOEN DIT ASB,WANT ons Moet,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.