Kommer oor Nche se fiksheid

Ox Nche het Dinsdag ‘n borsbesering tydens ‘n oefening opgedoen. (Foto GB Jordaan)

Kommer heers oor Springbok-stut Ox Nche se gereedheid vir Saterdag se openingswedstryd teen Australië nadat hy Dinsdag tydens oefening ʼn borsbesering opgedoen het.

Nche is ingesluit in die beginspan wat vroeër vandag bekend gemaak is.

Afrigter Jacques Nienaber sê Steven Kitshoff sal nou as voorsorgmaatreël in Suid-Afrika bly, eerder as om vanaand na Nieu-Seeland te vertrek, terwyl daar op die uitslae van Nche se mediese toetse gewag word.

Verdere besonderhede behoort teen Woensdag bekend gemaak te word.

Ervare agtsteman Duane Vermeulen sal die Bokke intussen Saterdag vir ʼn derde keer aanvoer wanneer hulle op Loftus Versfeld teen die Wallabies uitdraf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.