Tigers, Bokke knies oor Pollard-knou

Handré Pollard. Foto: Odd Andersen/AFP.

Volgens Steve Borthwick is Handré Pollard se jongste terugslag soortgelyk aan die een wat sy Rugbykampioenskap-veldtog saam met die Springbokke kortgeknip het.

Die 28-jarige losskakel se debuutwedstryd vir die Leicester Tigers op die StoneX-stadion het net 27 minute geduur voordat hy die veld teen Saracens moes verlaat.

“Handré is ʼn ongelooflike positiewe individu en die hou wat hy Saterdag opgedoen het word tans ontleed. Tans lyk dit of dit in dieselfde area as sy vorige besering is,” het die Tigers-hoofafrigter gesê.

Pollard het ʼn rapsie meer as ’n maand gelede sy knie in die Springbokke se Rugbykampioenskap-wedstryd teen die Wallabies in Adelaide beseer en daar is aanvanklik gevrees dat hy geruime tyd op die krukkelys sou wees.

Maar ʼn tweede opinie in Londen het die Suid-Afrikaner weer laat glimlag en hy het aangevoer dat hy binnekort weer op alle suiers sou vuur nadat hy ’n klein meniskus-skeur opgedoen het.

Manie Libbok. Foto: Hansie Linde.

Met ʼn potensiële losskakel-krisis wat die Springbokke in die gesig staar, meen talle rugbyliefhebbers dat dit tyd is om na spelers soos Johan Goosen of Manie Libbok te kyk om ’n kans in die no. 10-tru op die internasionale verhoog te kry.

Tom Shanklin, ’n agterspeler wat in 70 toetse vir Wallis uitgedraf het, meen dat Libbok se vertoning vroeër vanjaar teen die Ospreys ’n klinkklare bewys is dat hy oor genoeg talent beskik om eendag vir die Springbokke te speel.

“Hy is uitstekend op die aanval en verdedigers is op hul hoede vir hom. Sy spoed en versnelling beteken dat hy net ’n klein gaping nodig het om ’n verdediger te flous. ’n Mens sukkel om hom te têkkel want hy is baie vinnig,” het hy gesê.

Volgens Shanklin onderskei Libbok se aanvalsvermoë hom van ander Suid-Afrikaanse losskakels.

“As hy deel van die Springbok-opset sou word, kan dit dalk ’n invloed op hul spelpatroon hê. Met Libbok in die no. 10-trui kan hulle dalk met meer kreatiwiteit speel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Waarnemer ·

Met Lubbock in due Springbok spN en Nienaber gefire….sal obs moonrlik n kans in die wwreldbeker he.

B-Man ·

Die wedstryd het nog nie eers begin nie en Waarnemer klink al onder die prop.

Niklaas ·

Ek het vir Libbok op sy een afdag gesien sukkel en ploeter. Dit was die swakste vertoning denkbaar. Geen Springbok baadjie vir hom nie , asb. Dan eerder Chamberlain van die Sharks of bring oudste Mornê terug.

Manie ·

Los asb vir Libbok uit en moenie sy natuurlike aanvallende spelstyl opvoeter nie. Sy spelstyl het nie by die Bulle en die Sharks gewerk waar daar van hom verwag is om die rubber van die bal af te skop nie. By die Stormers kom sy natuurlike aanvallende spelstyl tot sy reg.

Pieter9 ·

Pollard het aan die einde gekom van sy internasionale loopbaan. Sy spelpeil het oor tyd stelselmatig swakker geword en nou kom die beserings. Het risiko vir enige span geword.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.