Susan Botha, omroeper by GrootFM, het tydens die bekendstelling van Die CD ‘Die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye’ met Laurika Rauch gesels oor die liedjie ‘Kinders van die wind’, haar loopbaan en die Afrikaanse taal.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Die Grootste Afrikaanse Liedjie"
Video: Die bekendstelling van ‘Die Grootste Afrikaanse Liedjie’-CD
Maroela Media het tydens die bekendstelling van die CD ‘Die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye’ wat by GrootFM gehou is, gesels met ʼn paar van die musikante wie se stemme te hoor is op dié album weergawe. Maroela Media se uitvoerende hoof, Susan Lombaard, gesels ook oor die sukses van die veldtog.
Hansie Slim
‘n Ou tradisionele volksliedjie wat tot vandag nog deur kinders gesing word.
Ek verlang na jou
“Ek verlang na jou” is ‘n skepping van Jan de Wet en FC Hamman.
Waterblommetjies
Waterblommetjies is van Anton Goosen se tydlose treffers, reeds in die laat sewentigs geskryf.
Groen trui
Hierdie treffer van Jan Blohm was ook deel van die klankbaan van die Afrikaanse dramareeks Orion en het die top 10 gehaal in die raserige kategorie.
Houtkruis
“Houtkruis” was ‘n groot gospeltreffer en het die top 10 gehaal in die populêre kategorie in die soeke na die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye.
Sarie Marais
In die 1930s is ‘Sarie Marais’ verkeerdelik as die Suid-Afrikaanse volkslied gespeel tydens die Olimpiese Spele in Amerika.
De la Rey
De la Rey is gebaseer op die bekende Boere-generaal se lewe en het die top 10 gehaal in die populêre kategorie in die soeke na die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye.
O Boereplaas
Alhoewel Mimi Coertse in dié stadium in Europa gewoon en gesing het, het sy met hierdie lied in die harte van talle plaaslike Afrikaners geklim.
Liewe Heksie
Liewe Heksie se stories, geskryf en voorgelees deur Verna Vels, het in 1961 die lig gesien op die radio.
Sprokie vir ‘n stadskind
Koos du Plessis komponeer een van sy heel bekendste liedjies terwyl hy as jong man gedurende die middel sestigs in Hillbrow gebly het en as…
Trompie
Trompie is oorspronklik ‘n boekereeks van jeugverhale geskryf deur Topsy Smith.
Karoonag
Coenie de Villiers se skepping, Karoonag, het op sy eerste langspeler, Skoppensboer, in 1983 verskyn.
Dans dans dans
Jack Parow het in samewerking met Francois van Coke ”Dans Dans Dans” opgeneem wat die top 10 gehaal het in die raserige kategorie.
Veels geluk liewe maatjie
Die liedjie wat elke Afrikaanse maatjie van kleins af sing en na uitsien, want dit word gewoonlik gevolg deur kersies uitblaas en geskenke oopmaak.
Die lappop
Die lappop is geskryf deur Bettie Misheiker en oorspronklik gesing deur Doris Brash.
Ou Ryperd
Chris Blignaut het Ou Ryperd beskou as een van sy gunsteling komposisies.
Hemel op die platteland
Hierdie liedjie van Fokofpolisiekar was glo die eerste Afrikaanse liedjie wat amptelik op 5fm se speellys geplaas is en het die top 10 gehaal in die raserige kategorie.
Heidi
Heidi was die temaliedjie van een van die gewildste kinderreekse op televisie in die 1970s en 1980s.