Kinders sien van kleins af hoe mamma skottelgoed was, hoe ʼn mens ʼn fiets trap, hoe jy swaai of hoe jy jou mes en vurk vashou. Ons kleintjies leer so sien-sien, deur die wêreld om hulle fyn dop te hou en na te boots. Hul lewensverhale ontvou as’t ware soos ʼn pragtig geïllustreerde storieboek voor hul verwonderde ogies. Kinders wat siggestremd is, kan nie uit hierdie voorbeeld, hierdie pragtige prentjieboek leer nie. Maar hulle kan – met die vorming en onderskraging wat die Pionierskool vir siggestremde leerders bied – droom, leer en dóén.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "siggestremde kinders"
Video: Kaapstad open park vir blindes
Kaapstad het Woensdag sy eerste park vir blindes in Bellville geopen. Dié park spog met ʼn unieke ontwerp en spesiale funksies, soos ʼn geurige tuin en ʼn stelsel wat klank eggo om blindes rond te lei.
Blinde meisie (7) vertel hoe sy fliekkarakters sien
ʼn Hartroerende advertensie waarin ʼn sewe jaar oue blinde meisie die 1939-fliek The Wizard of Oz beskryf, roer behoorlik die hartsnare.
Pioneer-tydren gaan van krag tot krag
Verskeie bekendes soos Karen Meiring, Derick Watts, Dawie Roodt en Jakkie Louw is maar net ʼn paar van die drywers wat gaan deelneem aan vanjaar se tydren.
Video: Sakeboek in braille gepubliseer
Die erepresident van die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Blindes sê dit is ’n skande dat so min sakeboeke in braille gepubliseer word.