Akteur vra ja-woord in Turkse lugballon

Gideon Lombard en sy verloofde, Olga Rademan. (Foto: Instagram/Gideon Lombard)

Die akteur Gideon Lombard en sy meisie van sowat vyf jaar, Olga Rademan, het pas hulle verlowing op sosiale media aangekondig.

Gideon het die ja-woord tydens ʼn romantiese lugballonvaart in Cappadocia, Turkye, gevra.

Hy het onlangs in kykNET se Nêrens, Noord-Kaap verskyn en is bekend vir sy rol as Stefan Gerber in die sepie, Suidooster.

“Ek het verloof geraak aan die liefde van my lewe. Ek het jou lief. Ek is verlief op jou,” het Gideon geskryf by ʼn paar foto’s waar ʼn verloofring aan Olga se vinger blink.

“Ons avontuur saam is die grootste eer van my lewe.”

ʼn Hele rits bekendes het die bekroonde akteur, wat onlangs vereer is met die kykNET Fiësta-prys in die kategorie vir beste teaterontwerp vir die klankbaan en ontwerp van Karatara, en sy verloofde op sosiale media gelukgewens.

Christel van den Bergh, Pietie Beyers, Lee-Ann van Rooi, Nicola Hanekom, Armand Aucamp, Rolanda Marais en Deon Lotz het onder meer boodskappe van gelukwensing geskryf.

“So opgewonde vir jou, geluk tjom,” het die Suidooster-akteur Dean Smith geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.