ʼn Man wat gehelp het om ʼn slang uit ʼn skool in Indië te verwyder, het ʼn besonderse selfie saam met dié slang geneem.
Nadat bosboubeamptes in die noordwestelike provinsie, Rajasthan, die reuse luislang uit ʼn skool verwyder het, het een van die mans, wat gehelp het om die slang vas te hou, besluit om ʼn foto van hom en die slang te neem met sy selfoon. Toe die man nader leun vir ʼn kop-en-skouers-foto van hom en die slang, het die slang losgeruk en die man aan die skouer gebyt.
Volgens India Today is die slang weggeneem en vrygelaat. Die man het slegs geringe beserings opgedoen in ruil vir dié sonderlinge foto.
Bron: Sky News
https://youtu.be/LJIB9VBPtuc
[Video nie meer beskikbaar nie.]
Ek dog dit is net ons in Suid Afrika wat eksotiese diere soos bruin bere, swart bere, ysbere, tiere, anacondas, tarantulas en dies meer het! Hulle is dus wyer verspreid.
Daar is nie pille vir domheid nie.
Hy wou mos ‘n pienk hempie dra.