President Jacob Zuma het Maandag tydens ʼn spesiale mediakonferensie aangekondig dat die nasionale polisiehoof, Bheki Cele, geskors is.
Alles vir die maand Oktober 2011
Man verskyn in hof na hy glo drawwers doodry
Die man wat daarvan beskuldig word dat hy Saterdagoggend vyf drawwers in Midrand doodgery het, het Maandag vlugtig in die Pretoria landdroshof verskyn.
Uittreksel uit: Ons was daar
Geskiedkundige korrektheid is dikwels op die spel: Dit waarin mense glo het soms weinig te make met die waarheid en feite beteken dikwels niks nie.
Ons was daar
Hierdie boek vertel verskillende stories, maar bowenal ook geskiedenis, werklike geskiedenis. Hier is alles oor soldate, soos vertel deur soldate wat daar was. U sal almal teekom, ewekniee, leier en die wat volg – vegters en hul ondersteuners.
Polisie eis glo R1 miljoen voor ANC-jeugliga mag optogte hou
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens dring glo daarop aan dat die ANC-jeugliga R1 miljoen moet betaal voor hy toestemming sal kry om later die week massa-optogte te hou in Gauteng.
Meisie (18) aan die brand gesteek tydens beweerde sataniese ritueel
ʼn 18-jarige meisie is in ʼn koma nadat sy en ʼn vriendin glo vol petrol gegooi en aan die brand gesteek is tydens ʼn beweerde sataniese ritueel.
Ndebele: ‘Motoris wat drawwers doodry moet van moord aangekla word’
Die minister van vervoer, Sbu Ndebele, sê die beweerde dronkbestuurder wat glo Saterdagoggend vyf drawwers doodgery het moet van moord aangekla word.
Nuuskommentaar: Maldafi Ghadema
Daar is ook ‘n verbasende klomp ooreenkomste tussen Ghaddafi en Malema. Beide het as jong leiers na vore getree. Soos Ghaddafi, ry Malema ook op die rug van rewolusiepraatjies.
Jou ander regterkant
My eerste en enigste blog sover (voor hierdie een) het gehandel oor pluralisme en gemeenskap. Daar was enkele fyn, nuanserende opmerkings by hierdie blog deur…
24 Oktober 2011
Het jy geweet?
Video: Italiaanse jaer, Marco Simoncelli, sterf na ongeluk by Maleisiese MotoGP
Huldeblyke stroom in vir die Italiaanse Honda-jaer, Marco Simoncelli, nadat hy Sondag gesterf het in ‘n ongeluk in die tweede rondte van die Maleisiese MotoGP.
Twee mans en baba sterf in gru-ongeluk op berugte Moloto-pad
Drie mense, insluitend ʼn baba, is dood en nog twee mense ernstig beseer na ʼn botsing reg van voor op die berugte Moloto-pad, noordoos van Pretoria.
‘Dronk’ bestuurder wat vyf drawwers doodry het glo probeer vlug
Die beweerde dronkbestuurder wat Saterdagoggend vyf atlete doodgery het in Midrand, het na bewering van die toneel probeer vlug na die ongeluk.
Die All Blacks is die nuwe wêreldkampioene
Die All Blacks van Nieu-Seeland is die nuwe wêreldkampioene nadat hulle Frankryk Sondag in die wêreldbeker-eindstryd op Eden Park met 8-7 gewen het.
23 Oktober 2011
Woord:
Omgesukkel
23 Oktober 2011
“Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en sterker word tot dit heeltemal dag is; die pad van die goddeloses is…
Goue Leeus en Haaie pak mekaar in Curriebeker-eindstryd
Die Goue Leeus het die WP met 29-20 geklop om in die Curriebeker-eindstryd teen die Haaie te staan te kom.
Weiering om aan sensus deel te neem kan lei tot boete, tronkstraf: SSA
Statistiek Suid-Afrika (SSA) sê mense wat weier om deel te neem aan die landwye Sensus kan tronkstraf ontvang of ʼn boete van nagenoeg R10 000 opgelê word.
Nuuskommentaar: Dreigemente sal sensus nie laat vlot
Eerder as om mense tot deelname aan te spoor, gaan hierdie benadering ongelukkig die sensus eerder verder bemoeilik.
Vyf drawwers sterf na motoris hulle omry
Vyf mense is dood en een ernstig beseer nadat ‘n motor Saterdagoggend in ‘n groep drawwers in Midrand, Gauteng, ingeploeg het.