ʼn Man is dood en een ernstig beseer nadat ʼn vragmotor Woensdagoggend op die N3-deurpad naby Mooirivier omgeslaan het.
Alles vir Woensdag 7 November 2012
Lawaaiwater
Taaltoffie ondersoek die herkoms en betekenis van die woord “Lawaaiwater”
Bejaarde vrou vir ure in warm kar toegesluit
ʼn Bejaarde vrou in haar tagtigs, moes Dinsdagmiddag vir hitte-uitputting behandel word nadat sy in ʼn voertuig by ʼn winkelsentrum in Boksburg toegesluit was.
Nuuskommentaar: Marikana SA se Bosnië?
Maroela Media was moontlik die eerste medium wat die vergelyking tussen Marikana en Sharpeville getref het. Met die getuienis wat nou voor die Marikana-kommissie van ondersoek dien, lyk dit egter of dit in ‘n metaforiese Bosnië kan ontaard.
Foto: Een dood ná bakkie rol
Een persoon is dood en drie ernstig beseer nadat die bakkie waarin hulle gery het Dinsdagmiddag verskeie kere op die N1-deurpad naby die Grassmere-tolhek gerol het.
Obama ‘wen’ Amerikaanse verkiesing
Internasionale nuusagentskappe berig dat Barack Obama herverkies is as president van Amerika na ʼn taai stryd met die Republikeinse presidentskandidaat, Mitt Romney.
Wat die SABC nie mag sê oor Zuma
Die SABC se waarnemende nuushoof, Jimi Matthews, het sy nuuskantoor opdrag gegee om voortaan nie sekere terme te gebruik wanneer hulle na president Jacob Zuma se tuiste in Nkandla verwys nie.
Stapper het glo gegly
Robert Barclay (23), die stapper wat sedert Saterdag vermis was en wie se liggaam gister in die Bainskloof-natuurreservaat in die Wes-Kaap opgespoor is, het moontlik gegly en na sy dood geval.
Vyf werkers sterf by suiweringsaanleg
Vyf werkers van die Sol Plaatjie-munisipaliteit is gister in ʼn ongeluk by die Kimberley Homevale-suiweringsaanleg vir afvalwater dood.