Die liggame van twee 16-jarige seuns is gevind nadat hulle in ʼn rivier in Limpopo verdrink het.
Alles vir die maand Januarie 2013
Sasolburg: Polisie plunder glo saam
Die polisie het ʼn beroep op Sasolburg-inwoners gedoen om na vore te kom as hulle inligting het wat kan bewys dat sommige polisiebeamptes ook tydens vandeesweek se Zamdela-onluste winkels geplunder het.
Polisieman vas vir veediefstal
ʼn Voormalige Oos-Kaapse polisiebeampte van die veediefstaleenheid is vandeesweek aan veediefstal skuldig bevind.
Sasolburg-huis met klippe bestook
Kriminele buit glo die gewelddadige betoging in Sasolburg uit en word van twee voorvalle Woensdagaand verdink.
SA’ners voltooi 3 000km-uithouwedren
David Crombie en Mark Barron, twee Suid-Afrikaanse uithouatlete, het pas 3 000km binne drie maande, regoor drie lande gehardloop.
Trein glo uit weerwraak aan brand gesteek
Pendelaars het vermoedelik uit weerwraak vroeër die week ‘n trein van Kaapstad aan die brand gesteek.
Video: Blinde skaatsplankryer inspireer
Tommy Carroll is al sedert tweejarige ouderdom blind, maar dit het hom nie gekeer om ʼn professionele skaatsplankryer te word nie.
Sanger se hofsaak uitgestel
Die sanger Arno Carstens se dronkbestuursaak is Woensdag in die Kaapstadse landdroshof uitgestel sodat sy bloedtoetsuitslag betwis kan word.
Straatkind pleeg glo moord
ʼn 13-jarige straatkind het Woensdag in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn vir die moord op ʼn ander 13-jarige seun op Oujaarsaand.
15 000 krokodille ontsnap ná Limpopo-vloede
Nagenoeg 15 000 krokodille het van die Rakwene-krokodilplaas in die Limpoporivier ontsnap na die afgelope week se vloede in die gebied.
Taxibestuurder bots met gereg
ʼn Taxibestuurder is Woensdag in hegtenis geneem toe hy hom teen Johannesburg-metropolisie verset het ná hy ʼn verkeersoortreding begaan het.
Sasolburg-geweld eis vier
Vier mense het hul lewens verloor in die onlangse betogings in Zamdela naby Sasolburg.
Nuuskommentaar: Babelas na die wingerdgriep
Die “plaaswerkerstaking” agter die wyngordyn is (voorlopig) min of meer iets van die verlede, maar die land sit met ‘n yslike babelas waarvan die koste nooit ten volle bereken sal kan word nie.
Eskom-tariefaansoek is “betekenisloos”
Eskom se aansoek vir ʼn 16% verhoging in kragtariewe is moontlik “betekenisloos”, het ʼn lid van die nasionale beplanningskommissie Anton Eberhard Woensdag gesê.
Meer as 1 renoster per dag in 2013 gestroop
Meer as 30 renosters is reeds vanjaar in Suid-Afrika vir hul horings doodgemaak.
Video: Paramedikus vas op ongelukstoneel
ʼn Paramedikus is Dinsdag op ʼn ongelukstoneel in Franschoek in die Wes-Kaap in hegtenis geneem op aanklagte dat hy die polisie verhinder het in die uitvoering van hul plig.
Stiefma vas ná 3-jarige sterf
ʼn Vrou is Woensdagoggend in Upington in die Noord-Kaap in hegtenis geneem in verband met die moord op haar 3-jarige stiefdogter.
Video: Presidensie kap FNB-advertensie
Die presidensie het Woensdag sy stem gevoeg by die koor van kritiek teen FNB se “Jy kan help-veldtog”.
Drie ‘regses’ borg geweier
Drie van die vier mans wat glo beplan het om hooggeplaastes tydens die ANC se Mangaung-konferensie uit te wis is Woensdag borgtog geweier.
Minister moet werknemers in ag neem met 1time-besluit
Die vakbond Solidariteit het Woensdag ʼn beroep op die minister van vervoer gedoen om aan 1time se nagenoeg 540 voormalige werknemers te dink wanneer daar besluit word of FastJet die lugredery mag koop.