Die polisie het ʼn reuse soektog van stapel gestuur nadat vier mans ʼn inwoner van Welkom in die Vrystaat beroof en toe ontvoer het.
Lees meerAlles vir Donderdag 14 Maart 2013
Polisieman vas ná nog ʼn sleepvoorval
ʼn Polisiebeampte is in Noordwes in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn man aangerand en hom met ʼn polisievangwa gesleep het.
Video: Polisieman rand glo broers aan
Die radiostasie OFM het beeldmateriaal van ʼn kringtelevisiekamera beskikbaar gemaak wat wys hoe ʼn polisiebeampte ʼn gay man en sy broer in ʼn vulstasie in Bloemfontein aanval.
Man skiet polisieman wat soos ‘rower’ lyk
ʼn Man van Sterpark in Polokwane, Limpopo het die polisie na sy huis ontbied na ‘n gewapende rooftog waarna hy glo een van die polisiebeamptes geskiet het.
Advokaat glo in hospitaal ná inspuit-aanval
Die polisie het Donderdag gesê adv. Jaap Cilliers se aanval word nog nie ondersoek nie, aangesien Cilliers glo in ʼn hospitaal is en daar nog nie ʼn saak aanhangig gemaak is nie.
Plaasmoordenaars wat boer sleep sit lewenslank
Die twee mans wat ʼn boer van Noordwes, André van der Merwe, geskiet en agter sy eie bakkie aangesleep het, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Reeds donker wolkie oor nuwe pous
Die nuwe pous, Franciscus, is skaars verkies of bewerings oor sy verlede word reeds gemaak.
Man dood, gebou brand agv weerlig in JHB
Weerlig het Donderdag tydens ‘n erge elektriese storm in die Roodepoort-omgewing ʼn man se dood veroorsaak en vermoedelik ook ʼn gebou aan die brand geslaan.
Video: Donkievleisskandaal knou beesvleisbedryf
Karan Beef, die land se grootste verskaffer van beesvleis, sê die vleisskandaal het groot skade aan die bedryf berokken.
Boere vies oor Eskom-advertensie
ʼn Nuwe advertensieveldtog van Eskom wat ʼn wit boer en ʼn sakeman as kragdiewe uitbeeld, laat die landbougemeenskap rooi sien.
Swartrenosters val twee wildbewaarders aan
Twee wildbewaarders is ernstig beseer nadat drie swartrenosters hulle Donderdagoggend in ʼn wildreservaat in KwaZulu-Natal aangeval het.
Eskom het Ermelo ook op kragsny-lys
Eskom het nou hul visier op die Ermelo-munisipaliteit en waarsku hulle sal in April kragtoevoer na dié dorp sny as die munisipaliteit nie hul agterstallige rekening betaal nie.
Een uit drie skoolmeisies het MIV
Sowat 28% van skoolmeisies regoor die land is MIV-positief.
Nuuskommentaar: Afrikaner terug in internasionale isolasie?
Is dit nie dalk ook apartheid se skuld nie? En nee, dié vraag is nie ‘n draakstekery nie – dié vraag het inderdaad wortels.
Bekende advokaat buite hof aangeval, ingespuit
Adv. Jaap Cilliers is Woensdag buite die Pretoriase hooggeregshof aangeval en met ʼn onbekende vloeistof ingespuit.
Lesotho-moordenaar in SA opgespoor
ʼn Vermeende moordenaar wat glo drie mense in Lesotho vermoor het, is Maandag in Suid-Afrika opgespoor.
Babatjie hou verkeer op
Die verkeer by die Buccleuch-wisselaar is Donderdagoggend vir ʼn ander rede vertraag… ʼn pienkvoetjie wat besluit het dit is tyd om die wêreld in te kom.
Interessante woorde: Pietsnot
Taaltoffie ondersoek die Afrikaanse woord “pietsnot”.
Twee keer lewenslank vir man wat kinders verkrag
Die Oos-Kaapse hooggeregshof het ʼn verkragter twee keer lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy ʼn sewejarige dogtertjie en ʼn agtjarige seuntjie verkrag het.
Motorfietsryer sterf in ongeluk
ʼn Motorfietsryer is Woensdagaand dood nadat ʼn voertuig teen sy motorfiets gebots het in Roodepoort, Gauteng.