Die Gupta-familie se nuwe televisienuuskanaal Africa News Network 7 (ANN7) het ingestem om ʼn reuse advertensiebord op die N1-snelweg naby die Grayston-afrit in Sandton te verwyder.
Alles vir Woensdag 11 September 2013
“Minister van justisie diskrimineer teen waarnemende landdroste”
AfriForum het toegetree tot die regstryd van ’n voormalige waarnemende streeklanddros van Middelburg, Mpumalanga, mnr. Derick van Wyk, om ’n drakoniese maatreël waarmee die minister van justisie teen waarnemende landdroste diskrimineer, opgehef te kry.
SA porno-dokter in Engeland agter tralies
Dr. Barend Delport, ʼn 55-jarige dokter van Suid-Afrika wat in Engeland praktiseer het, is tot ses jaar tronkstraf gevonnis nadat hy onsedelike foto’s van sy pasiënte geneem het.
Nuuskommentaar: “Wil die ‘aliens’ nie maar hul mense kom haal nie?”
Vir die gewoonlik gekoesterde mens klink dit werklik of die “aliens” onder ons woon. ‘n Samelewing diep weggevreet deur die kanker van morele verval.
Trokbestuurder sterf in JHB-botsing
ʼn Vragmotorbestuurder is dood en twee ander mense is in ʼn ernstige toestand ná ‘n botsing Woensdagoggend tussen twee vragmotors en ʼn voertuig op die N3-snelweg in Bedfordview in Johannesburg plaasgevind het.
Inplantings ná oë uitgesny is
Die sesjarige Chinese seuntjie wie se oë uitgesny is, het Dinsdag inplantings in ʼn hospitaal in die suide van China gekry nadat ʼn dokter van Hong Kong van sy gru-aanval gehoor het.
AfriForum vra wyer toegang tot stemreg vir SA’ners in buiteland
AfriForum ʼn beroep op die parlementêre portefeuljekomitee van binnelandse sake en die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gedoen om toe te sien dat dit in die toekoms steeds makliker vir Suid-Afrikaners in die buiteland sal word om aan nasionale verkiesings deel te neem.
Springbokke in Nieu Seeland: luister hier
Luister na Heyneke Meyer se spanaankondiging vir die wedstryd teen die All Blacks op Eden Park, eerskomende Saterdag.
Man skuldig bevind aan plaasmoord
Die rondgaande hof in Nelspruit het Aaron Nkosi (30) skuldig bevind aan die moord op Johannes Hendrik Schoeman.
Man deur skare aan die brand gesteek
ʼn 30-jarige man is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy deur ʼn woedende skare aan die brand gesteek is in Siyabuswa in Mpumalanga.
‘Koperdiewe’ doodgeslaan
Twee mans wat daarvan beskuldig is dat hulle koperkabels gesteel het, is deur gemeenskapslede doodgeslaan in Tweefontein naby KwaMhlanga, Mpumalanga.
Gedagte vir die dag: Jesus groet sy dissipels
Lukas 24:50-51 Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan en is Hy in die hemel opgeneem. Hulle het Hom aanbid en met…