Die Nasionale Persklub het Woensdagaand sy nuusmaker van die jaar vir 2013 aangekondig.
Lees meerAlles vir Woensdag 29 Januarie 2014
Pa verdubbel ‘trou-aanbod’ vir lesbiese dogter
ʼn Flambojante Hongkong-sakemagnaat se lesbiese dogter het in ʼn ope-brief haar pa gevra om haar te aanvaar soos sy is, nadat hy glo nou $130 miljoen (sowat R1,4 miljard) aangebied het vir die man wat sy dogter se hart kan steel.
Styging in repokoers aangekondig
Gill Marcus, hoof van die Reserwebank, het Woensdag aangekondig dat die repokoers met 50 basispunte verhoog gaan word.
Vyf vas oor perlemoen
Vyf mans is in Kaapstad in hegtenis geneem nadat perlemoen ter waarde van nagenoeg R1,5 miljoen in hul besit gevind is.
Vermiste seuntjie gevind
Die 4-jarige Marco van Staden wat Woensdagmiddag in Elandia in Klerksdorp vermis geraak het, is ongedeerd gevind.
Korkie-onderhandelaar vlug na Dubai
Die man wat namens die noodlenigingsorganisasie Gift of the Givers met Al-Kaïda-milltante in Jemen onderhandel het vir die vrylating van die Suid-Afrikaner Pierre Korkie, het na Dubai gevlug.
Vierjarige seuntjie van Klerksdorp word vermis
Marco van Staden, ʼn vierjarige seuntjie, het Woensdagmiddag in Elandia in Klerksdorp vermis geraak.
Rooivleis vanjaar effe vinniger as inflasie op
Die Rooivleis Produsente-organisasie, RPO, verwag dat die produsenteprys van rooivleis vanjaar matig sal verhoog. Dié styging behoort effens bokant die inflasiekoers te wees.
Groot kans vir jong wetenskaplikes
‘n Uitnodiging is aan jong wetenskaplikes gerig om betrokke te raak by die uitkenning en beskrywing van fossiele wat onlangs deur die Rising Star-projek uit ‘n grot by Sterkfontein gehaal is.
Ramphele is nog nie ʼn DA-lid nie
Die Demokratiese Alliansie het Woensdag bevestig Mamphela Ramphele, die party se presidensiële kandidaat, is nog nie ʼn lid van die DA nie.
Twee Kommetjie-vissermanne word vermis
Twee vissermanne het Woensdagoggend in die see by Slangkop-lighuis in Kommetjie verdwyn.
Departement ontken media was verbied by Malema-saak
Die departement van justisie het Woensdag gerugte ontken dat joernaliste by die Vanderbijlpark-landdroshof, waar Julius Malema verskyn het, verbied is.
McBride-aanstelling gelooi
Die Vryheidsfront Plus het hom Woensdag uitgespreek teen die aanstelling van Robert McBride as uitvoerende direkteur van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod).
Só lyk die watersituasie in Madibeng en Suid-Afrika
Die waterprobleme en gepaardgaande betogings in die Madibeng-munisipaliteit in Noordwes het gepaardgegaan met ʼn groeiende bevolking en onderbesteding op die infrastruktuurbegroting, het die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) Woensdag gesê.
AfriForum versoek landelikeveiligheidsplan van nasionale polisiekommissaris
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag versoek dat die nasionale polisiekommissaris, generaal Riah Phiyega, ʼn plan van aksie vir landelike veiligheid op grondvlak toepas en dat sy dit aan die organisasie voorlê.
TUT sluit deure ná studente betoog
Klasse by die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) in Pretoria moes Woensdag opgeskort word nadat sommige studente daar begin betoog het.
Foto’s: Media nie in hof toegelaat vir Malema-jaagsaak
Die media is Woensdag in die Vanderbijlpark-landdroshof verbied waar Julius Malema, die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), verskyn het op aanklagte van roekelose of nalatige bestuur en dat hy die spoedgrens verbreek het.
Spesiale DStv-kanaal vir Oscar Pistorius-moordverhoor
MultiChoice het Woensdag aangekondig dat hulle vroeg in Maart ʼn 24-uur DStv-kanaal gaan bekendstel wat dekking gaan bied aan Oscar Pistorius se moordverhoor.
Man sterf tydens kaping
ʼn 52-jarige man is Woensdagoggend tydens ʼn kaping by sy huis in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal doodgeskiet.
Kaapstad-inwoners kan beboet word oor papierlanterns
Die stad Kaapstad het Woensdag inwoners gewaarsku dat papierlanterns ʼn groot brandgevaar inhou en dat mense wat die lanterns in die lug vrylaat, swaar beboet kan word.