Die jaarlikse kykNET Fiëstas is op 13 Februarie by die Staatsteater in Pretoria gehou. Talle bekendes in die Afrikaanse vermaaklikheidswêreld het by dié skittergeleentheid kom gesig wys.
Alles vir Donderdag 20 Februarie 2014
Skoolmeisies glo tydens sataniese ritueel vermoor
Die twee skoolmeisies van Johannesburg wat Woensdagoggend dood aangetref is, is glo tydens ʼn sataniese ritueel vermoor, het EWN Donderdag berig.
Boek: Op soek na Jesus
Wie is Jesus regtig? Dit is die vraag wat in baie mense se koppe is – gelowiges én soekendes.
Nuuskommentaar: Oorlog in ons sitkamers
Oscar Pistorius se moordverhoor, gewelddadige betogings in Suid-Afrika, en onluste in Oekraïne, Thailand en Venezuela… is dit goed dat tegnologie ingespan kan word om geweld na ons sitkamers te bring?
Video: LP se pleidooi oor mediese gebruik van dagga
Mario Oriani-Ambrosini, LP van die IVP wat aan kanker ly, het Woensdag ʼn pleidooi aan president Jacob Zuma in die parlement gelewer dat die regering die mediese gebruik van dagga wettig maak, het die Sowetan Donderdag berig.
Video: “Spook” in ou kroeg afgeneem
ʼn Spook is glo op Valentynsdag vanjaar in een van Engeland se oudste kroeë, die historiese Ye Olde Man and Scythe, op die kroeg se kringtelevisiekamera afgeneem.
Video: Oekraïne: Slag van die Onafhanklikheidsplein
Minstens 25 mense, waaronder sewe polisiebeamptes is in Oekraïne dood nadat sowat 20 000 betogers hulle Dinsdagnag op die Onafhanklikheidsplein bestorm het.
Geen lyfwagte vir nuwe Italiaanse premier
Die aangewese premier van Italië, Matteo Renzi, wil geen lyfwagte hê wanneer hy Maandag die leisels as premier oorneem nie.
Noordwes skenk 14 renosters aan Botswana
Die Noordwes-regering het die skenking van 14 swartrenosters aan Botswana goedgekeur.
Opposisie gaan Motsoeneng aankla
ʼn Groep opposisiepartye gaan kriminele klagte teen Hlaudi Motsoeneng, die SAUK se waarnemende hoof operasionele bestuurder (COO), aanhangig maak.
Kinderverkragter swaar gevonnis
ʼn Veroordeelde kinderverkragter is Woensdag in die Vryheid-streekshof in KwaZulu-Natal tot vyf keer lewenslange tronkstraf gevonnis.
Gedagte vir die dag: God sorg vir almal
Psalm 71:6,18 – Van my geboorte af is U ʼn steunpilaar vir my. Van daardie eerste oomblik af dat ek met soveel moeite in die…