Sandra du Preez, oudredakteur van ‘Die Wapad’, vertel hoe die Puk deur vasberadenheid, durf en baie opofferinge oor generasies tot ‘n wen-instelling opgebou is.
Alles vir Vrydag 7 Maart 2014
Polisie soek tuinier wat werkgewer aanrand
Die polisie van die Vrystaat is op soek na ʼn tuinier wat een van sy werkgewers in Kroonstad aangerand en beroof het.
“Borrelende” pasverloofde juffrou in koma ná ongeluk
ʼn Hele gemeenskap staan saam om fondse in te samel vir Clara Grobler, ʼn onderwysers van Laerskool Rooihuiskraal in Centurion, wat sedert verlede Saterdag in ʼn koma is nadat sy in motorongeluk betrokke was.
Wetsontwerp op die bemagtiging van vroue en geslagsgelykheid onwettig – Solidariteit
Die parlement se goedkeuring van die Wetsontwerp op die bemagtiging van vroue en geslagsgelykheid sal nog meer verwarring rondom die toepassing van regstellendeaksiemaatreëls in die werkplek teweegbring, het Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke Vrydag gesê.
Nuuskommentaar: Eskom se twak (is nat), en die wêreld brand
Beurtkrag is kwalik wat ‘n regerende party twee maande voor ‘n algemene verkiesing wil hê. Eskom se verweer dat die baie reën die steenkool te nat gemaak het, word redelik algemeen as twakstorie beskou, terwyl ander meen die geure dui op ‘n omvattender probleem.
Beurtkrag voorlopig opgehef
Eskom het Donderdagaand om 22:00 die noodtoestand met die land se elektrisiteitstoevoer en gepaardgaande beurtkrag vir Vrydag voorlopig opgehef.
Teazers-baas se moordverdagte weer in hof
George Louca, die man wat verdink word van die moord op Lolly Jackson, voormalige eienaar van Teazers, gaan na verwagting Vrydag weer in die Kempton Park-landdroshof verskyn. Hy staar aanklagte van moord en geldwassery in die gesig.
Puk-groet: “Ons steun Beeld-dispuut,” sê GHA
Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) het Donderdag aangekondig dat hulle hul volle steun gee aan Solidariteit se dispuut met die dagblad Beeld.
Twee sterf, twee beseer toe voertuig brand
Twee mense is dood en twee is beseer nadat ʼn voertuig Donderdagmiddag op die N1-snelweg naby Kroonstad in die Vrystaat teen ‘n versperring gebots en aan die brand geslaan het.
Uitjou van Zuma met ‘satanisme’ te doen sê minister
Fikile Mbalula, minister van sport, sê die uitjouery van pres. Jacob Zuma na die sokkerwedstryd tussen Bafana Bafana en Brasilië is besiel deur satanisme.
Man vas vir ontvoering, moord
ʼn Man is in Phoenix, buite Durban in KwaZulu-Natal, in hegtenis geneem nadat hy glo sy 17-jarige vriendin ontvoer en vermoor het.
Vier polisiebeamptes vas vir diefstal
Vier polisiekonstabels is Donderdag in verband met diefstal in hegtenis geneem in Mpumalanga.
Gedagte vir die dag: Wees vol vreugde
Psalm 98:4,5 – Sing uit volle bors Psalms vir die Here, almal wat op hierdie aarde is. Loop oor van blydskap. Sing, speel musiekinstrumente; laat…