Twee mans is Donderdag tydens ʼn ontploffing by ʼn vulstasie in Newcastle, KwaZulu-Natal, beseer.
Alles vir Vrydag 30 Mei 2014
Bloemhof-water: Vyf babas in hospitaal
Vyf babas word in ‘n hospitaal in Bloemhof in Noordwes behandel nadat ‘n ander baba vroeër die week dood is nadat hy ernstige diarree opgedoen het weens waterbesmetting.
Lewenslank vir man wat tienerseun verkrag
ʼn Man van Empangeni is in die Richardsbaai-streekshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ʼn 13-jarige seun.
Sekswinkel oorkant parlement ondersoek
Die Kaapstadse stadsraad stel ondersoek in na die Adult World-winkel wat binnekort in Pleinstraat oorkant die parlement oopmaak aangesien die maatskappy glo nie aansoek gedoen het om ‘n spesiale lisensie nie.
ANC ontken dat Sisulu bedank oor Nkandla
Die ANC het gerugte ontken dat Max Sisulu, voormalige speaker in die parlement, bedank het nadat hy glo na ‘n vergadering ontbied is rakende die ondersoek na president Jacob Zuma se Nkandla-woning.
Twee wat boere glo terroriseer ‘te gevaarlik’ vir borg
Twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle boere in Malalane, Mpumalanga geterroriseer het, is borgtog geweier nadat ’n ondersoekbeampte getuig het hulle hou ’n gevaar in vir die publiek.
Gedagte vir die dag: Ongewild
2 Kron 18:23 – “Met watter pad is die Gees van die Here van my af weg om met jou te praat?” “Gehoorsaamheid veroorsaak dikwels…