Het jy geweet iemand het “‘n voet in die stiebeuel” as hy ‘n goeie pos met goeie vooruitsigte het? Lees vandag se Taaltoffie om meer te lees!
Alles vir Donderdag 7 Augustus 2014
Man gevonnis na moord op tienermeisie
‘n Man is Woensdag tot 18 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die ontvoering van en moord op die 17-jarige Helen Kuhn.
OB dagvaar minister oor Motsoeneng
Thuli Madonsela, openbare beskermer, het Faith Muthambi, minister van kommunikasie, gedagvaar om voor haar te verskyn as deel van haar ondersoek na die permanente aanstelling van Hlaudi Motsoeneng as bedryfshoof van die SAUK.
Carl Pistorius steeds in hoësorgeenheid
Carl Pistorius, broer van Oscar Pistorius, is steeds in die hoësorgeenheid van die Pretoria-Oos-hospitaal nadat hy verlede week ernstige beserings opgedoen het in ‘n motorongeluk buite Modimolle, Limpopo.
Gedagte vir die dag: Bly by my
Lukas 24:28-29 – Toe hulle by die dorpie aankom waarheen hulle op pad was, het Hy gemaak of Hy verder wou gaan. Hulle het egter…