Die presidensie het uitgevaar teen die Sunday Times nadat die koerant Sondag berig het president Jacob Zuma is ʼn lafaard en dat hy nie sy parlementêre verpligtinge nakom nie.
Lees meerAlles vir Sondag 19 Oktober 2014
14 vas vir renosterstropery
Veertien vermeende renosterstropers is sedert die begin van die naweek in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem, het SANParke Sondag gesê.
Bejaarde egpaar in Windsorton aangeval
ʼn Bejaarde egpaar is vroeg Saterdagoggend in hul huis in Windsorton in die Noord-Kaap wreed aangerand en beroof.
Winnie beskuldig Mandela van bedrog met grond
Winnie Madikizela-Mandela beweer haar voormalige man, oudpresident Nelson Mandela, het moontlik bedrog gepleeg toe hy ‘n stuk grond in Qunu in die Oos-Kaap in sy naam geregistreer het, het City Press Sondag berig.
Babalykie op vullishoop gevind
ʼn Babalykie is op ʼn vullishoop in Swartruggens gevind, het die polisie in Noordwes Sondag gesê.
Oud-lugmagman vas oor wapens aan regses
ʼn Voormalige tegnikus in die Suid-Afrikaanse lugmag is in hegtenis geneem nadat hy glo probeer het om wapens aan ʼn regse ekstremistiese groep te verskaf, het die Weekend Argus Sondag berig.
Video: Híér bly net varke
Big Major Cay, of Pig Beach soos dit beter bekend staan, is ʼn eiland in die Bahamas wat net deur swemmende varke bewoon word.
Jeugdige vas vir moord op lektor
ʼn 18-jarige hoërskoolleerling is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn lektor van die Universiteit van die Vrystaat, het die polisie Sondag gesê.
Marble Hall-ontsnapping: Twee weer vas
Twee gevangenes wat uit die Marble Hall-polisiestasie se aanhoudingselle ontsnap het, is weer in hegtenis geneem, het die polisie in Limpopo Sondag gesê.
‘Renosterstroper’ in Krugerwildtuin doodgeskiet
ʼn Vermeende renosterstroper is in die Krugerwildtuin doodgeskiet, het die polisie in Limpopo Sondag gesê.
Tim Noakes verander deuntjie oor suiwelprodukte
Prof. Tim Noakes het die status van suiwelprodukte verander van “alles wat jy kan eet” na “eet met omsigtigheid” nadat verslankers gekla het hulle verloor nie vinnig genoeg gewig nie, het die Sunday Times berig.
Dept. slaan toe op onwettige kolleges
Die departement van hoër onderwys het kriminele klagte aanhangig gemaak teen verskeie onwettige plaaslike en internasionale kolleges.
Magnaat wil vir Nkandla betaal
Die KwaZulu-Natalse magnaat Philani Mavundla het aangebied om fondse in te samel en president Jacob Zuma se skuld te delg rakende die veiligheidsopgraderings wat by sy private woning in Nkandla gedoen is, het die Sunday Times berig.
Gedagte vir die dag: In stilwees en vertroue
Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van ’n skelm nie. (Ps 37:7)