ʼn Man is dood en vier mense is beseer na twee motors reg van voor gebots het in Benoni aan die Oos-Rand.
Lees meerAlles vir Saterdag 8 November 2014
Video: Man glo lewendig deur slang ingesluk; diereregte-organisasie boos
Die diereregte-organisasie Peta het die TV-kanaal Discovery versoek om nie ʼn program uit te saai waarin daar glo gewys word hoe ʼn man lewendig deur ʼn anakonda ingesluk word nie.
Goeie nuus: SA-broers help met ebola-app
Malan (28) en Phillip (26) Joubert, twee broers van Stellenbosch, het ʼn selfoontoepassing (app) ontwikkel om hulp te verleen in die stryd teen die ebola-virus.
Vier in KwaMashu-hostel doodgeskiet
Vier mense is by die KwaMashu-hostel, noord van Durban in KwaZulu-Natal, doodgeskiet.
Numsa se skorsing is ‘tragies’, sê ANC
Die ANC het Saterdag gesê dit is tragies dat Numsa uit die vakbondfederasie Cosatu geskors is.
SAL stel waarnemende hoof aan
Nico Bezuidenhout is as die waarnemende uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) aangestel, het die lugredery Saterdag gesê.
Baba dood gevind in Diepkloof
ʼn Twee maande oue baba is Saterdag dood aangetref onder ʼn brug in Diepkloof, het die Johannesburgse polisie gesê.
Polisiebeampte sterf in ongeluk
ʼn Polisiebeampte is dood en nog een beseer nadat hulle in ʼn ongeluk was op die R503 tussen Mahikeng en Lichtenburg in Noordwes.
Skoolseun in Lenasia ontvoer
ʼn 12-jarige seun is in Lenasia, suid van Johannesburg ontvoer, het die polisie Saterdag gesê.
Vrou sterf in tref-en-trap
ʼn Vrou is Vrydagaand dood in ʼn tref-en-trap-ongeluk op die R61 naby Uvongo in KwaZulu-Natal.
Nóg ʼn Parow-polisieman vas
Die polisie in die Wes-Kaap het gesê nog ʼn polisiebeampte van Parow is in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie.
Poskantoor se raad bedank
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) se raad het met onmiddellike effek bedank, het Siyabonga Cwele, minister van posdienste en kommunikasie, aangekondig.
Numsa uit Cosatu geskors
Die metaalwerkersvakbond Numsa is uit Cosatu geskors.
Gedagte vir die dag: Geloof, hoop en liefde
En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde! (1 Kor 13:13)