Hendrik Retief (53), ʼn jarelange werker van die Hatfield Christian Church in Pretoria, is Maandag dood aangetref in sy huis.
Alles vir Dinsdag 9 Desember 2014
MH 17 – laaste wrakstukke kom in Nederland aan
Die laaste wrakstukke van die Maleisiese passasiersvliegtuig, vlug MH17 wat in Julie oor Oekraïne afgeskiet is, het in Nederland aangekom.
Boek: Die vierde stem
François Bloemhof is bekend daarvoor dat hy aanhangers van spanningsverhale telkens gee wat hulle soek – én wat hulle nie kon verwag nie. Met “Die vierde stem” is dit waarder as ooit.
Korkie se liggaam terug in SA
Pierre Korkie se liggaam het Dinsdagoggend in Suid-Afrika aangekom nadat hy tydens ʼn mislukte reddingspoging in Jemen doodgeskiet is.
Oscar-appèlsaak in hof
Die staat se aansoek om verlof tot appèl teen die uitspraak en vonnis van Oscar Pistorius sal Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor word.
Nuuskommentaar: Eskom: Inligting in donkerte gehul laat ons kragteloos
Dis beurtkrag, of miskien meer korrek, jou beurt sonder krag. Dikwels met duisende rande skade.
Man skuldig ná video’s van mishandelde bokke
ʼn Man van Mpumalanga is aan dieremishandeling skuldig bevind nadat hy twee bokke erg geslaan het en video’s daarvan op sosiale media versprei het.
Man tronk toe ná hy ma, buurvrou verkrag
ʼn Man van die Vrystaat wat skuldig bevind is aan die verkragting van sy ma en hul buurvrou is tot tronkstraf gevonnis.
‘Geen kragkrisis,’ sê Eskom
Die land ervaar nie ʼn kragkrisis nie, het Eskom Maandag gesê.
Gedagte vir die dag: Die lewe is moeilik
Dit sê Ek vir julle sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê, maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin. (Joh 16:33)