Wanneer mag na iemand se ras verwys word, en wanneer is jy kniediep in die soufflé as jy wel ras vir identifikasie inspan? ’n Gekonsolideerde “reëlboek” wat konsekwent en ewehandig is, moet nou dringend geskep word om die een rassevoorval ná die ander te voorkom.
Alles vir Donderdag 22 Desember 2016
[Foto’s] Vark nou spekvet en gesond ná meisie hom red
Nadat Casey Jones van Oklahoma in die VSA ʼn varkplaas in haar tuisdorp besoek het, was sy geskok om te sien in watter omstandighede die diere lewe. Sy het op ʼn drie weke-oue varkie afgekom en besluit sy vat hom saam huis toe.
Man, baba sterf in ongeluk waar trok glo wegjaag
ʼn Man en ʼn twee maande oue baba is Woensdagaand dood in ʼn ongeluk op die N3-Noord naby Harrismith in die Vrystaat.
Seun (7) kritiek ná byna-verdrinking in hotelswembad
ʼn Sewejarige seun is Woensdag in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal gehaas nadat hy bewusteloos in die swembad van ʼn hotel in Umhlanga, KwaZulu-Natal, aangetref is.
Een sterf toe lokomotiewe omslaan
Minstens een mens is dood nadat ʼn goederetrein Woensdag naby Madibogo in Noordwes ʼn koei getref en twee lokomotiewe omgeslaan het.
Man vas oor dollars in bagasie
ʼn Man wat vandeesweek by die Internasionale Lughawe OR Tambo betrap is toe hy na bewering Amerikaanse dollarnote ter waarde van R10 miljoen na Dubai probeer smokkel het, sal vandag in die hof verskyn.
Gedagte vir die dag: God heers oor tyd
Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei. God het die lig toe “dag” genoem, en die donker het Hy “nag” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die eerste dag. (Genesis 1:3-5)