Goeie dissipline deur Sri Lanka se boulers en ʼn gebrek daaraan deur die Proteas se kolwers het Maandag op St Georgespark veroorsaak dat die besoekers meer tevrede sou wees na die eerste dag se spel van die eerste toets.
Lees meerAlles vir Maandag 26 Desember 2016
[Foto’s] 80 Kersbome lok besoekers na dié kroeg
Die Churchill Arms in Kensington, Londen, het vanjaar alle vorige rekords verbeter en altesaam 80 Kersbome en 18 000 Kersliggies aan die gebou vasgemaak.
3 000 uit Moskou-treinstasies ontruim ná bomdreigement
Russiese owerhede het Maandag ongeveer 3 000 persone uit drie treinstasies in sentraal Moskou ontruim weens ʼn telefoniese bomdreigement.
ToekomsVenster: Jou sonde en oortredinge is vergewe
Dis die laaste week van 2016 en ons neem afskeid van die jaar. As jy ʼn bietjie nadink oor die afgelope jaar, hoe sou jy dit opsom?
Presidensie bevestig Dinsdag se openbare vakansiedag
Die presidensie het Maandag bevestig pres. Jacob Zuma het Dinsdag, 27 Desember 2016, tot ʼn openbare vakansiedag verklaar.
Helikopter stort neer in Stellenbosch
Paramedici het Maandagoggend omstreeks 11:30 reageer op ʼn berig van ʼn helikopter wat by die De Zalze-gholflandgoed in Stellenbosch neergestort het.
Dís waarom ligte in die vliegtuig afgeskakel word
ʼn Vlieënier het bekend gemaak waarom die ligte in ʼn vliegtuig altyd afgeskakel word wanneer die vliegtuig opstyg of land.
Gestremde SA’ner tuis ná gratis behandeling in Indië
Sharad Narsai (55) van Lenasia wie se been vyf jaar gelede geamputeer is weens komplikasies van diabetes, het nou sy lewe terug – hy kan op twee bene “loop” en sien daarna uit om weer te werk.
Malmesbury-polisieman verdwyn spoorloos
Ao Dion Juan Gaston Dumas (57), gestasioneer by Malmesbury-polisiestasie, word sedert Oukersdag vermis.
Rusland fokus nie op terreur tydens ondersoek ná vliegongeluk
Maxim Sokolov, minister van vervoer, het Maandagoggend in ʼn televisie-onderhoud gesê terrorisme is nie die hoofteorie nie.
Brink-gesin se ongeluk: Lise se operasie uitgestel oor longontsteking
“Mense is hierdie Kersfees deur trane aan mekaar gebind. Mense het deur die trane van die Brink-gesin liefde aan mekaar en die gesin bewys en só is daar op ʼn manier ʼn mooi boodskap op Kersfees oorgedra.”
Koeël steeds in seun se kakebeen ná Kersdag-plaasaanval
Thys en Rita Grobbelaar se kleinseun Joe het nog steeds ʼn koeël in sy kakebeen ná ʼn Sondagoggend op die egpaar se plaas in Leeudoringstad.
Liefdesrusie lei tot Kersfees-tragedie
ʼn Liefdesrusie op Kersdag tussen ʼn 26-jarige vrou en haar kêrel, twee keer so oud soos sy, het tragies geëindig toe hy haar gejaag en doodgeskiet het.
Strandgangers oor springgety gewaarsku
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het Maandag strandgangers gewaarsku oor ʼn nuwemaanspringgety en gewaarsku dat persone uiters versigtig aan die kus moet optree.
10-jarige weer op Kersdag met gesin herenig
ʼn 40-jarige man van Zimbabwe is in hegtenis geneem nadat ʼn 10-jarige meisie glo Saterdag uit haar huis in Louis Trichardt ontvoer is.
Polisie, paramedici ná noodlottige ongeluk aangeval
Polisiebeamptes en paramedici is Sondag op ʼn ongelukstoneel in Limpopo deur ontstoke inwoners aangeval.
Nuuskommentaar: Jaaroorsig Deel 1
Vandag kyk ons na die verskynsel waar die wenner van die Amerikaanse presidentsverkiesing byna-byna met drie miljoen populêre stemme die kous oor die kop kon kry maar steeds triomfantlik kan wees. Ons kyk voorts na die Siriese kwessie.
[Foto’s] Egpaar wag 70 jaar om troufoto’s te neem
Ferris (90) en Margaret (89) Romaire het die knoop deurgehaak op 24 November 1946, maar kon ongelukkig nie dié spesiale dag op ‘n foto vasvang nie omdat nie een van hulle ʼn kamera gehad het nie.
[Resep] Uitjies in foelie
Gebraaide uie is stroopsoet en die lekkerste bykos vir ʼn braai.
Wham-sanger George Michael oorlede
George Michael, die Britse popster met treffers soos “Last Christmas”, is op Kersdag in die ouderdom van 53 oorlede.