Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke.
Alles vir Dinsdag 2 Oktober 2018
Boek: Die middernagbende
Toe ʼn krieketbal Tom se kop tref, moet hy Lord Funt-hospitaal toe gaan, waar hy ontvang word deur ʼn man met die skrikwekkendste voorkoms wat hy nog ooit gesien het.
Lonmin-werker sterf in grondstorting by Marikana
Die man het aan hoofbeserings beswyk tydens die proses om hom van ondergronds na bo te bring.
Nzimande sê ‘nee’ vir noodtoestand vir Kaapse spoorlyne
Nzimande het bygevoeg die regering belê miljarde in die herstelling van die kwynende spoorinfrastruktuur en dienste in die provinsie, maar dat brandstigters en gewapende bendes erg toegeslaan het in die afgelope paar maande.
Dros-verdagte in hof: Dié strate, plekke na verwagting deur betogings geraak
Die Tshwane-metropolisiedepartement het gewaarsku dat strate in Pretoria Dinsdag heeltemal gesluit sal wees vir verkeer in die omgewing rondom die Pretoria-landdroshof waar die verdagte in die Dros-verkragtingsaak sal verskyn.
Gedagte vir die dag: Engele wat ons bedien
Is hulle dan nie almal geeste in diens van God, wat Hy uitstuur om dié te dien wat die saligheid gaan beërf nie? (Hebreërs 1:14)