“Julle het God sonder ophou aanbid en die wêreld platgereis met die doel om Jesus te verkondig.”
Alles vir Dinsdag 2 Oktober 2018
Varsgebekkig: Die lakens uitdeel
Het jy al ooit die uitdrukking “die lakens uitdeel” gehoor? Dit is ingeskryf as deel van VivA se “Varsgebekkig”-veldtog.
Waar gaan jy in 2019 vakansie hou?
Dis lekker nostalgies om weer trein te ry en by die treinvenster uit te tuur terwyl die son oor die Karoo se vlaktes sak.
Migrasie: voordelig en onvermydelik?
Migrasie bly een van die megatemas van die politiek, skryf Sebastiaan Biehl.
Reeksmoordenaar wen koekbakkompetisie
Die berugte reeksmoordenaar Rose West het met die eerste prys weggestap in ʼn koekbakkompetisie in die tronk waar sy aangehou word.
Soldaat val na sy dood tydens militêre demonstrasie
“ʼn Amptelike ondersoek is van stapel gestuur om die verloop van gebeure wat gelei het tot die noodlottige ongeluk te bepaal.”
Valke-beamptes geskors ná inhegtenisneming
Genl. Godfrey Lebeya, hoof van die Valke, sê owerhede kan nie net toekyk hoe ʼn paar korrupte individue die naam van die Valke ruïneer nie.
Nuuskommentaar: Populisme en regse ekstremisme
Wie is die mees skuldige party om te sorg dat dit juis die regses is wat die meeste geskets word as die aanstigter van regse idees wat met die slegte verbind word? Die “linkses” of die “regses”?
Talle bome in Knysna-gebied geplant ná brande
“ʼn Allemintige 3 000 bome is vanjaar oor die hele land geplant as deel van ’n groter poging om ’n gesonde, volhoubare omgewing vir nageslagte te verseker.”
‘Dros-verkragting’: Beskuldigde in hof
Die 20-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn sewejarige meisie glo in die toilet van ʼn Dros-restaurant in Silverton verkrag het, het Dinsdag weer in die Pretoria-landdroshof verskyn.
Die Nissan-lorrie
Duitse skoonpa is ʼn liewe mens wat groot kan droom maar soms werk sy rekenkunde nie so mooi uit nie. Soos die keer toe hy my met die Nissan-lorrie Bethlehem toe stuur. Skynbaar het hy ʼn groterige White-trekker gekoop en ek moet die trekker vir hom loop haal en na sy plaas “Belgrade” daar op die Swaziland-grens anderkant Piet Retief toe vat.
Bendeoorlog wortel van kwaad in Westbury
“Die mense wat agter die dwelmhandel sit, is in noue samewerking met die polisie.Ds ooglopend.”
Bokke-dilemma: Hoe lank gaan Beast nog aanhou?
Dis enige rugbyspeler se moeilikste besluit, wanneer om halt te roep.
Familie ‘bid elke dag’ vir baba wat met olie brand
Die spiere van Jaydené se een armpie groei stadiger as die ander een, juis weens die skade wat opgedoen is met die erge brand.
Lotto-wenner kies ‘eenvoudige lewe’ ondanks nuwe rykdom
“Ek verkeer steeds heeltemal in ongeloof aangesien ek nog nooit enigiets in die lotery gewen het nie en my eerste wengeld ooit is sommer die gesogte boerpot!”
Tienerseun vermis aan KZN-kus
Teen sononder, nouliks ʼn uur nadat die soektog begin het, moes dit weens swak lig afgelas word. Vroeg vanoggend het reddingsbeamptes weer begin soek.
Luister in 3 minute: Mynbouhandves, onteiening in Ekurhuleni en die Nasionale Beplanningskommissie
Drie sakekwessies wat die afgelope week opslae gemaak het, is die nuwe mynbouhandves wat vrygestel is, onteiening sonder vergoeding in Ekurhuleni en die Nasionale Beplanningskommissie wat in ʼn verslag aangekondig het dat die Nasionale Ontwikkelings Plan (NOP) se beoogde verminderings van werkloosheid nie sal realiseer nie.
Resep: Krapkoekies
Heerlik met die somer wat wink! Probeer gerus dié soort viskoekie.
Tientalle beseer in busongelukke in KZN
Meer as 80 mense is beseer in twee verskillende busongelukke Maandagmiddag in KwaZulu-Natal.
Uitdrukking: Stokkies draai
Waar kom die uitdrukking “stokkies draai” vandaan? Taaltoffie stel ondersoek in