“Dit is noodsaaklik om die integriteit van die regbank te beskerm, asook vir openbare vertroue in ons regters, dat daar ernstige en sinvolle sanksies teen regters ingestel word wat ernstige oortredings van wangedrag begaan.”
Alles vir Donderdag 22 Februarie 2024
Mashatile se beeldpoetser geskors
ʼn Senior vrouewerknemer het die adjunkpresident se woordvoerder van ongevraagde seksuele toenadering beskuldig en ʼn onafhanklike ondersoeker het in Desember reeds aanbeveel dat hy geskors word.
Thabo Bester kla oor kos, klere in tronk
Dié veroordeelde misdadiger se regsverteenwoordiger het ook aan die hof gesê Bester was ontevrede met die kos wat hy Dinsdagaand en Woensdagoggend in die aanhoudingselle ontvang het. Bester is ʼn diabeet en het die hof gevra om ʼn bevel uit te reik dat hy “bevorderlike” maaltye ontvang.
Beurtkrag: Hoër fase skop vroegdag in
Die verlies aan ses opwekkingseenhede by twee kragstasies het Eskom gedwing om die toepassing van beurtkrag te verskerp.
Gedagte vir die dag: Geniet sy goedkeuring
Vra in elke situasie: “Here, wat wil U hê moet ek doen?”