Wen: Racheltjie de Beer-verhaal nou ook leesstof vir oud en jonk

Tien lesers staan elk die kans om óf ʼn kopie van Die verhaal van Racheltjie de Beer óf Die storie van Racheltjie de Beer (kinderboekuitgawe) te wen.

“Racheltjie, haar pa, haar boetie Jamie en Frikkie, die hanskalf, trek al maande lank na die groot stad waar ʼn beter lewe op hulle wag. Maar wanneer die ossewa breek, moet hulle oorbly in Tant Soekie se verlate ou plaashuis. “As die bergrivierlelie blom soos nou, beteken dit swaar sneeu,” waarsku die ou tante. Racheltjie weet Tant Soekie is reg, want sy verstaan ook die taal van plante.

“Daardie nag word Racheltjie wakker en sien die sneeu, maar haar boetie is skoonveld. Sy weet sy moet hom veilig hou en gaan soek hom in die koue nag.”

Die ikoniese verhaal van Racheltjie de Beer het onlangs nuwe lewe gekry toe dit landswyd in rolprentteaters uitgereik is. Maroela Media het meer as 300 gaste trakteer met ʼn eksklusiewe vertoning van die rolprent.

Die verhaal van Racheltjie de Beer is geïnspireer deur die verhaal wat van geslag tot geslag oorvertel word. Dit is ʼn verhaal van swaarkry, opoffering en onbaatsugtige liefde en wat in die Suid-Afrika gedurende die 1800’s afspeel. Lees gerus hier en hier wat resensente oor die rolprent skryf.

Brett Michael Innes se interpretasie van die verhaal is reeds in 2012 gepubliseer. Innes het die oorspronklike gegewe op kreatiewe wyse omskep in die verhaal soos wat dit op die silwerskerm uitgebeeld is. Die draaiboek is in samewerking met Matthys Boshoff, wat ook die regisseur is, verwerk.

Racheltjie se legende is nou ook as ʼn kinderboek, geskryf deur Antoinette Louw met illustrasies deur Elanie Bieldt, beskikbaar. Dit is Louw, bekend as aktrise en rubriekskrywer, se eerste boek en is spesifiek gemik op kinders tussen die ouderdom sewe en nege jaar oud. Bieldt is ʼn plaaslike kunstenaar wat reeds sowat honderd kinderboeke sedert die begin van haar loopbaan geïllustreer het. Sy het in 2018 haar internasionale debuut gemaak en werk saam met verskeie uitgewers soos Lapa en Pegasus.

Wen

Al wat jy moet doen om in aanmerking te kom vir ʼn gelukkige trekking is om jou besonderhede in die kompetisievorm onderaan hierdie artikel in te sleutel en die eenvoudige vraag te beantwoord.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 5 November 2019 om 23:45.

Die kompetisie het gesluit.

  • Baie geluk aan Amanda van Brakel, Susan Koen, Debbie Roets, Adri Haslam en Martie Britz wat elkeen ‘n kopie van die volwasse uitgawe wen. Lesers wat elk ‘n kinderboekuitgawe wen is Sonet Fourie, Pieter Veldman, Tanya Espach, Hester Snyman en Janus Roux. Geniet die nuwe Racheltjie de Beer-leesstof wat nou op jou boekrak gaan pryk.

Bepalings en voorwaardes

  • Die wenners sal deur middel van ʼn trekking aangewys word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal op 6 November plaasvind waarna die wenners per e-pos gekontak sal word.
  • Indien enige van die betrokke persone nie binne 48 uur reageer nie, sal ʼn volgende wenner aangewys word en die oorspronklike wenner sal die prys verbeur.
  • Sodra alle wenners gereageer het, sal hul name op sosiale media en op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die pryse word per koerier versend.
  • Die pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Elke deelnemer kan slegs één van die boeke wen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.