DA aanvaar VF Plus se uitdaging om taalregte te debatteer

Dr. Annelie Lotriet, voorsitter van die DA in die Vrystaat. Foto: DA/Flickr.com

[Red] In aanloop tot die nasionale verkiesing op 8 Mei vanjaar gee Maroela Media politieke partye die geleentheid om hul menings oor verskillende kwessies wat kiesers raak op Maroela Media se debatsportaal te lug. Alle politieke partye is welkom om meningstukke vir publikasie voor te lê onderhewig aan die bepalings en voorwaardes van Maroela Media se redaksionele beleid.

Deur dr. Annelie Lotriet, voorsitter van die DA in die Vrystaat

Die DA het onlangs ’n versoek ontvang van die leier van die Vryheidsfront Plus (VF Plus), dr. Pieter Groenewald, om in debat te tree oor “Taalregte en die beskerming daarvan en in besonder die handhawing van Afrikaans”.

Hierdie uitdaging is in reaksie op die DA-leier, Mmusi Maimane, se video-opname waarin hy die DA se standpunt oor veeltaligheid en taalregte uiteensit.

Maimane is die afgelope twee weke voor die verkiesing druk besig om president Cyril Ramaphosa aan te vat en om hom dag en nag te beywer om ons land te red uit die kloue van korrupsie en om Een Suid-Afrika vir almal te bou.

Daarom reageer ek op dr. Groenewald se versoek en is ek bereid om met hom te debatteer oor taalregte en die rol en plek van Afrikaans in ons gesamentlike toekoms.

Die DA het nie net een of twee debatteerders nie. Ons het ’n groot hoeveelheid diverse leiers en openbare verteenwoordigers wat met hul individuele kennis en vaardighede enige vraag of onderwerp kan pak.

Ons aanvaar dr. Groenewald se uitnodiging en ek sal met hom debatteer oor taalregte – wanneer en waar ook al hy wil – met 100% vertroue in die DA se belofte om die regte van álle tale in Suid-Afrika te bevorder. Ook om onderrig in meer, en nie minder nie, tale te bevorder en om die taalkulture van almal te beskerm.

Al is jou party ’n klein party wat poog om Suid-Afrikaners te verdeel, dr. Groenewald, sal ek graag na die tafel kom om jou te vertel van ’n toekoms vir ons land waar ons almal sal kan saamwerk as ’n verenigde span om ’n kollektiewe toekoms te bou.

Ek sien uit na die uitdaging en aanvaar dit, indien u gewillig is, dr. Groenewald.

Maroela Media gaan ʼn platform aan die DA en VF Plus bied vir die debat oor taalregte en die handhawing van Afrikaans. Hou ons webwerf dop vir meer inligting oor dié geleentheid wat volgende week regstreeks op Maroela Media uitgesaai gaan word, met besonderhede hoe jy betrokke kan wees by die debat.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

112 Kommentare

Boerboel ·

Voor die verkiesing bak die DA die mooiste broodjies, na die verkiesing ? Enigste party wat vir Afrikaans sal baklei is VF+
Hoe vertrou jy die ANC Herstigte party of die ANC Lite ?

Hannes Pretorius ·

Ek het gedag dit is ‘n uitdaging aan Mushi.
Waarom nou iemand anders stuur?
Sal egter graag wil hoor wat die DA se verskoning is oor hul optrede in die parliment en by Pukke soos deur dr Groenewald aangedui.
Sommer ook oor hul jeugleier se optrede teen die onderwyseres van Sweisereineke ivm die fotos, waar sy ONSKULDIG bevind is.

riaan ·

Hierdie vrou is obviously nie lekker nie!

1.Die da is so behep met klein partye en dit en “die regses” is al verweer wat hulle het teen die VF+
2. Dit is juis die da wat poog om SA te verdeel deur soos hulle “big brother” die CancER op te tree en minderheidsregte verontagsaam! Die da steun BEE, die da steun onteining sonder vergoeding, die da is rasisties teen blankes SO DIT IS HULLE WAT SA VERDEEL!

Nou skielik besef hulle dat hulle die blanke stem nodig het en nou is ons skielik weer goed genoeg? Ons sal sien wie is die klein party na die verkiesing.

Enige een wat die da vertrou moet sy/ haar kop laat lees!

Siener ·

Wat die DA sê en doen is twee verskillende dinge.
DIe DA het SuidAfrika verdeel met sy onverskillige gehappery na ander partye en veral wit Suid Afrikaners. Al hoe minder wit stemmers gaan stem vir julle DA.

Dries du Toit ·

Kolla die DA het by monde van sy leier gese dat hulle die DA onteiening ondersteun maar wel met vergoeding. Waar kom daai geld vandaan. Die belasting betaler. Hulle wil jou markwaarde betaal met jou eie geld

kolla ·

Onteiening met vergoeding is al honderde jare in alle lande se grondwette. Die staat kon nog altyd onteien het soos hulle wil en wanneer benodig. Hoe dink jy gaan ontwikkeling/restitusie anders geskiet?

Judge Dredd ·

Onthou net die debat gaan oor – “Taalregte en die beskerming daarvan en in besonder die HANDHAWING van Afrikaans”

Vraag 1.
Wat het die DA as grootste opposisie gedoen om te verhoed dat Afrikaans by Universiteite afgestel word?

Vraag 2.
Wat doen DA om Afrikaans weer heringestel te kry?

Vraag3.
Waar is die DA wanneer Afrikaanse taal en kultuur aangeval word?

Wim Kotze ·

Judge die DA bemoei hulle wel met Afrikaans. Hulle DA jeug leier was darem in Schweizer-Reneke om die Afrikaanse juffrou te karnuffel.

Andreas ·

Hulle gaan dit net debateer, die Da gaan nie bewyse op die tafel sit oor wat hulle tot op datum vir taalregte gedoen het nie. Dit beteken nie ‘n dinges nie.

Jan ·

Judge Dredd: Jy is 101% korrek
Wim Kotze: Jy slaan die spyker op die kop

Die DA (anc lite) is nogal goed om wol oor die Afrikaans-sprekendes so oe te trek

Barend ·

So asof die DA so ‘n vreeslike groot party is! Ook maar nie veel werd sonder die steun van Afrikaners nie. En nou praat Maimane skielik ook Afrikaans oor die radio – wonder soms of dit rêrig hy is. Mens kan jou beswaarlik daarin indink dat Afrikaners nou vir die progge stem én werk. ‘n Herhaling van die ou nat-sap stryd?

kolla ·

Maimane praat iets soos 7 tale, hoeveel praat jy (net een behoorlik seker)?

Gert ·

Dankie Barend, net wat ek dink. Hoe is ‘n 14 – 20% party groot? En verder, ek het net vandag weer ‘n SMS van die DA gekry waar hulle my inlig dat ‘n stem vir ‘n klein party ‘n gemorste stem is, dit terwyl hierdie leuen van hulle reeds baie lankal ontbloot is.
Seker kan hulle nie aan ‘n ander leuen dink nie, nou herhaal hulle maar die vorige een!

Cherokee ·

7 Tale sê jy kolla. En vra dan in opvolg aan Barend hoeveel tale hy praat. Ek is drie-talig en betreffende die 7 tale wil ek jou daarop wys dat swart tale soveel ineen skakel dat dit maklik is om ‘n hoeveelheid daarvan te ken, veral vir mense wie se huistaal swart is. Byvoorbeeld is Noord-Sotho en Tswana basies dieselfde taal (Noord-Sotho is ‘n vak wat ek op skool geleer het) en Zulu en Xhosa sprekers kan ‘n gesprek met mekaar voer. Dit geld vir meer van die swart tale. Daar is ‘n taal in Limpopo (dink dit is Sepedi) wat eie is aan Sjangaan wat in Mosambiek gepraat word.

APIE ·

altwee hierdie partye het uitstekende mense – talentvolle regdenkende mense. . die DA het geweldig baie gedoen met interdikte en hofgedinge om die staat te stuit. . kan nie sien dat n ander party soveel sal kan vermag nie . ek kan my ook nie indink hoe die politieke landskap sonder hulle sal lyk nie, maar dit is n vreesaanjaende gedagte

Hartseer ·

Hierdie is regtig hartseer – blank teen blank en Afrikaner teen Afrikaner. Dr Lotriet, as U dan regtig ernstig is om Afrikaans te beskerm……sluit dan aan by die VF+ wat dit wel doen.

Riaan ·

Sy sal eers haar houding moet verander voor sy by die VF kan inpas!

Sanet ·

Presies HARTSEER…dan wil ons paar witvelletjies so stry-stry,baklei-baklei, oor onbenullighede n verkiesing wen

Cherokee ·

Sanet, dit is juis die mense wat Afrikaans as onbenullig beskou, wat sê hulle stem VF+ ter wille van Afrikaans, terwyl hulle Engelse woorde by hul Afrikaans voeg en ‘voute’ maak deur helfte te spel as ‘helfde’ Hulle sê die regering ‘vaal’.
Ek mag jou dalk verbaas deur te sê ek is meer Engelssprekend as Afrikaans want ek praat slegs Afrikaans in my huis. Ek bedryf besigheid in Engels, hou vergaderings in Engels en verkeer sosiaal in Engels want ek woon in Durban. Moet asseblief nie Afrikaans as onbenullig beskou nie want dit is ‘n pragtige taal wat in minder as ‘n eeu gegroei het tot waar dit is.

Niel ·

ek het net een vraag vir DA… wat is hulle standpunt rondom die Ghoema debakel, Afrikaans is groot. Waar staan DA met Afrikaanse musiek en hoekom is hulle sover doodstil daaroor met al die drama wat gebeur het dat “die land” nie kwalifiseer nie? As die antwoord gaan draai rondom Steve – Hoekom hammer op Steve se uitlating van 4jaar gelede? dis water onder die brug. Dan natuurlik ook die plakate – werk vir almal ens – wat beteken dit rondom hulle siening van BBBEE ens? die plakate is strydig met hulle optrede in die parlement…

ANNA ·

Belaglik! Tipies afrikaner, VEG ondermekaar,nes tydens met die groot trek…sies!
KANI EN SALI ooit kan saamstaan en saamveg nie,ons verdien die slae wat ons kry

Rita Parys ·

En skielik praat Musi en kie Afrikaans dat die spoeg spat. Te min te laat, boetie.

Henry ·

Interessant!
Sal heel graag die twee opponente se argumente wil aanhoor, lees, of hoe ookal.
Soos die spreekwoord sê: ‘So uit die perd se bek uit.’
:-)

Griet ·

As kopskaak viri vf+ en da belangriker is, as eenheid,OM SAAM TE STAAN AS MINDERHEIDSGROEP laat hulle maar redeneer,tyd mors en koppe stamp!
Ek stem def nié vir een van dié partye nie!
BUITEN dat ñ redenaarskompetisie nou NIE ñ verkiesing ooit gaan wen, teen die OORGROTE MEERDERHEID ooit nie ?

Hendrik ·

Soos ons vriendin altyd se : Kan julle nie tel nie. Daar behoort darem seker 6 VF+ verteenwoordigers wees in die parlement volgens sie proposionele stemstelsel en hulle gaan darem om die beurt 2 minute kry om ‘n saak te debateer. die res van die 260 parlementslede gaan eenvoudig ‘n saak soos selfbeskikking net eenvoudig dood stem. Wat nou gedoen? Op provinsiale vlak en plaaslike vlak sal al die sitplekke proposioneel wees en nie een wyk sal gewen word deur die VF+ nie a.g.v wyksindeling wat getrek is deur die politiese beheerde Demarcation board, wat sorg dat wyke ingedeel word sodat hoe digtheid woonbuurte (plakkerskampe) saam met normale buurte ingedeel word. Sodoende sal woonbuurte glad nie ‘n sitplek kan wen nie en so ook gemeenskapvorming verhoed.

ANNA ·

Belaglik! Tipies afrikaner, VEG ondermekaar,nes tydens met die groot trek…sies!
KANI EN SALI ooit kan saamstaan en saamveg nie,ons verdien die slae wat ons kry

Judge Dredd ·

Saamstaan met wie en veg vir wat?
Die DA ondersteun nie minderhede/Afrikaners en steun BEE- so hoe kan die Afrikaner dan nou saam met hulle veg.

Ja ons moet saamstaan – maar dit is die Afrikaners wat nog die DA steun wat nou maar hulle kruisie by die VF+ moet voeg.

Rita Parys ·

Anna en Eunice (onder andere), wys my n volk in die wêreld wat nie onderlinge verdeeldheid ervaar nie. Maar Langenhoven het gesê al stink ‘n muishond bly hy getrou aan sy eie soort. Kom by en wees deel van die oplossing en nie deel van die probleem nie.

Hannes Rautenbach ·

Waarom stuur die DA nou hierdie klein onbenullige mensie wie duidelik daarop uit om te beledig en te verdeel om hulle verteenwoordig in so ‘n belangrike debat, terwyl die uitnodiging aan die DA leier gestuur is. Dit ontbloot dat die DA taalregte eintlik beskou as klein en onbenullig.

hannes ·

Dit is nie n geveg onder mekaar nie! Die Vryheidsfront veg vir Afrikaans en mindeeheidsregte. Die DA staan vir n multi kulterele mengsel nes die ANC

Wildeboer ·

Gewone Afrikaners moet opstaan en veg vir hul taal. Om alles oor te laat aan politici gaan nie werk nie, ongeag of dit die DA of VF+ is. Politici is selfsugtige skepsels wat teer op desperate volgelinge se vrees en onsekerheid.

Dieter ·

Enige politikus (konserwatief, middel, liberaal) kan enige iets sê.
Enige politieke party kan enige iets in sy manifes skryf.
Woorde beteken niks.
Tog is daar miljoene mense regoor die pragtige planeet wat ag slaan op daai woorde.
Kyk maar net hier plaaslik hoeveel mense steur hulle aan die ANC, DA, VF+, COPE, EFF, ens. se manifeste.
So al asof dit enigsins gewig dra.

Eunice ·

Ennn…ongelukkig gaan AFRIKAANS ook nie ñ verkiesing of oorwininning bring vir ñ ou handtjievol mense nie,Hannes!
DIT IS en bly Ń ONDERLINGE GEVEG!
Laat ons maar bloei,omdat ons nie kan saamstaan nie.

Tina de Lange ·

MOOÍ SÓ AFRIKANERS!!!
Veg en baklei soos kinders onder mekaar oor afrikaaaaaaaaaaans van alle ERNSTIGE dinge!
Julle verdiende loon,dat dié bevolkingsgroepe wat kan saamstaan oor julle sal HEERS tot in lengte van dae

Katryn ·

Stem 100% saam met jou Tina!
Die ANC,BLF+EFF lag lekker ori boere wat aan redenaarskompetisies oor afr deelneem,terwyl die land bloei en brand.
En geen taal op die aarde gaan dit kan oplos of aanspreek!!
VF+en DA is kinderagtig ONBEVOEG om ware leiers te wees

Winx ·

Tina onthou net.. die taal debat is neutrale grond vir debatering. Die DA sal in my opinie nooit in dieselfde tipe publieke forum lynreg te staan kom teen die VF+ or brande kwessies soos regstellende aksie, plaasmoorde, ens. nie…. want hulle is nie by magte om dit te kan doen sonder om ‘n massiewe deel van hul ondersteuningsbasis (veral in die Wes-Kaap) te verloor nie. Busvragte vol mense uit ander provinsies land daagliks in die Wes-Kaap wat die DA se job nog moeiliker maak en die ANC en EFF se basis vergroot by die stemlokaal en die onregeerbaarheid klim. Die WesKaap is nie meer wat hy was nie omdat die DA slap geraak het. Ons krag gaan nooit kan lê in syfers nie, maar in effektiwiteit (ook agter die skerms) van die party vir wie ons stem. As Afriforum ‘n party was het ek my kruisie daar getrek, so die enigste uitweg is VF+ nou na jare se ondersteuning aan die DA.

Weskusklong ·

Winx, hoe gouer die Wes-Kaap afstig, hoe beter. Xhosas uit die Oos-Kaap verdring bruin mense en ‘n burgeroorlog het klaar begin, onder die dekmantel van misdaad.

Sê maar net.. ·

wat n totale grap om redenaarskomp te hou ten midde van erge landskrisisse terwyl die meederheid ons verswelg

AndrewL ·

Ek wil nie weet wat die DA soos dia ANC wil doen nie, vertel my wat hulle reeds gedoen het.

Willie ·

Ai tog, ons baklei tog so lekker onder mekaar dat die regerende party seker lekker vir ons staan en lag. Die DA (effens links) klink deesdae of hulle nie juis ‘n beleid oor Afrikaans het nie, en die VF+ (blykbaar effens regs, saam met Afriforum, Pretoria FM en ‘n paar ander jafels) roep ons op om terug te slaan terwyl ek steeds wonder wie vir hulle geslaan het en selfs nog meer wonder oor wat Jesus dink van so ‘n slanerige klomp. Nou wil hulle mekaaar aanvat oor ‘n taal, en dit terwyl daar veel groter kwessies is – soos oorbevolking en die gevolge daarvan wat die taalprobleempie na ‘n muskietbyt laat klink. Die taalkwessie is wel ‘n kwessie, maar wanneer gaan enige politieke party die moed bymekaarskraap om die groter kwessies aan te spreek?

Hendrik ·

Miskien kan prof. Lotriet begin deur vir ons te verduidelik waar die DA was toe Tukkies and Stellenbosch universiteite besluit het om om geheel en al te te verengels …

Toffieappel ·

Die vraag is ook waar was Afrikaner studente en dosente? Indien hulle met krag opgestaan het sou die staat twee keer gedink het om die taalbeleid deur te voer. Studente en dosente sou dit nooit in die 1940s en 1950s toegelaat het nie. Afrikaners se slapgat houding is ook vir ons ondergang verantwoordelik.

GBlitz ·

Die DA se slagspreuk van een SA vir almal klink mooi. Maar dit neem nie die werklikheid in ag nie. Daar is verskillende groepe met verskillende behoeftes. Hulle kan onmoontlik nie almal se belange dien nie want soms is hierdie belange teenstrydig. Byvoorbeeld, hoe kan die DA veg vir die taalregte van minderhede as hulle terseldertyd groter diversiteit wil bevorder, want in die praktyk beteken dit dat instellings noodgedwonge moet verengels as hulle meer inklusief wil wees en “een SA vir almal” wil bou…

Graaf ·

In die DA-beheerde Kaapse middestad is al die tweetalige straatnaamborde van destyds nou al vir jare net in Engels. Die jonger geslag ken nou vir Langstraat net as “Long Street” , Langmarkstraat is nou net “Long Market”, Oranjestraat is Orange, Waal is net Wale, en so kan ‘n mens aangaan. Die strate het vir 350 jaar lank ook Hollandse/Afrikaanse name gehad, maar ons is die laaste geslag wat dit nog so noem.

Stem ·

Staan tog saam en hou op om julle stemme rond te strooi. Stem DA en kry klaar!! Ek is nie skaam om Afrikaans te wees nie, skaam my net dikwels vir ander wat Afrikaans is.

Gert ·

Beter voorstel, hou op om julle stemme rond te gooi na partye wat niks vir ons doen nie, kom ons staan saam en stem vir die een party wat vir ons veg! (Vir die wat nie weet nie, dis die VF+!)

Gert ·

Beter voorstel: Staan tog saam en hou op om julle stemme rond te strooi na partye wat niks vir ons doen nie. Stem VF+ en kry klaar! Die enigste party wat vir ons belange veg!

riaan ·

@ Stem

En ek skaam my vir Afrikaners wat so maklik vir die da se propaganda en stemkopery val!

As dit nie verkiesing tyd was nie het jy NIKS vir hulle beteken nie, maar nou skielik belowe hulle die balnke en afrikaner die son, maan en sterre????

Dries du Toit ·

Ek kan ook nie n rede sien waarom is n debat nodig nie. Prof Lotriet het n rukkie gelede die DA verdedig hier op MM. Sy het so baie absolute leuens verkondig dat dr. Pieter Mulder genoop was om ook tot die debat toe te tree. Sy het so n loesing gekry dat ek ook jammer vir haar gevoel het

ANA ·

Skaam om myself n afrikaner te noem, wat soos laerskoolkindertjies oor taal wil debatteer,skande vf+en da

Gert ·

Van wanneer af is dit kinderagtig om te debatteer? Ek dink dis kinderagtig om goed af te brand as jy nie jou sin kry nie, soos meeste Suid-Afrikaners doen. Aan die ander kant is die volwasse manier om met goed beredeneerde argumente ‘n saak uit te praat.

Sanet ·

Jaaa…die liewe vlag en liewe taal, sal koalisies van minderhede bevoordeel! Die liewe vlag en die liewe taal,sal die land uit sy greep van rassehaat,armoede, brande en krisisse uit verlos en plaasmoorde stopsit,praat tog net afrikaans!
SPUL NARRE

Nagmaalwyn ·

Destyds met die Rooi Revolusie het die Russies Ortodokse priesters gedebateer oor die kleure van die tossels wat aan hul togas hang terwyl die Russiese volk byna uitgesterf het van honger en siektes. Die uiteinde was kommunisme en ‘n irrelevante kerk vir amper 80 jaar. Nou wil Afrikaners debateer oor Afrikaans terwyl taalsprekers bars om kop bo water te hou.

Sanet ·

Presies HARTSEER…dan wil ons paar witvelletjies so stry-stry,baklei-baklei, oor onbenullighede n verkiesing wen

Denker in diepte ·

Laat Amanda de Lange van VF+ haar roer. Sy sal very 2e kom

Sussie ·

Ag,siestog…gee maar die ou pienk taal fopspeentjie vir die vf+ om te suig en die ou blou taal fopspeentjie vir die da…hopenlik voel beide nou gelukkig

Kerneels ·

Die DA leef in ‘n droomwereld waar hulle droom hulle gaan die ANC wen. Annelie is vreeslik beledigend en neerhalend om te se haar leier het nou nie tyd om met Pieter Groenewald te debateer nie maar sy nr 53ste op die lys sal. Mmusi het Cyril uitgedaag dalk moet hy ook nr 53 op hulle lys stuur.

Vintcent ·

Die verraad binne Afrikaner-geledere ken geen perke nie. Ons is die rede vir die situasie waarin onsself bevind. Steeds dink vele dat ons heil by die DA lê. Hoe fatalisties-onnosel kan mens wees?!

Wdp ·

Dalk moet die tannie sommer ook verduidelik wat sy bedoel met n kleiner party wat die volk verdeel
Volgens my staan vf+ op vir minderheidsgroepe insluitend bruin mense en doen dit op christelike morele waardes en vir afrikàans.
Is die magtige DA bang vir VF+?
Die Da se jeugleuer het vinnig reageer op sweize reinecke se jufrou en gesê sys is rasisties sonder enige onfo. Lyk my die DA verdeel eerder die volk.

Liza ·

Vergeet van die taaldebat. Begin eerder debateer oor die beste strategie om ‘n Afrikaner volkstaat te vestig. O, amper vergeet ek, beide die DA en VF+ stem saam dat dit nooit sal gebeur nie. Nou red ‘n volk!!!

Ander Gert ·

Liza, wat jy skryf is nie waar nie. VF+ strewe na selfbeskikking.

As Maroela Media dit sal vergun, plaas ek graag ‘n skakel na VF+ se beleid in die verband op die party se amptelike webwerf:
https://www.vfplus.org.za/missie

Liza ·

Ander Gert, ek neem kennis van die VF+ se missie:
“Die Vryheidsfront Plus (VF Plus) is onherroeplik verbind tot die verwesenliking van gemeenskappe, in die besonder die Afrikaner, se internasionaal erkende reg op selfbeskikking, territoriaal en andersins, die handhawing, beskerming en uitbouing van hulle regte en belange asook die bevordering van die reg op selfbeskikking vir enige gemeenskappe in Suid-Afrika gebind deur ‘n gemeenskaplike taal- en kultuurerfenis.”

Dit klink pragtig, maar wat ek graag wil hoor is ‘n duidelike boodskap en ‘n verbintenis om met ‘n daadwerklike plan vorendag te kom, tesame met tydskale. Die VF+ is al vir 25 jaar deel van die politieke sirkus in Kaapstad en is maar vaag om teorie in praktyk om te skakel. Geharde VF+ ondersteuners verwag dat daar eers vir hulle gestem moet word voodat die bal aan die rol gesit kan word. Wat se verskil gaan dit maak? Tien LPs gaan niks meer bereik as 4 nie. Dit is nou ‘n geval van wat kom eerste, die hoender of die eier. Met die swart bevolking wat skerp groei gaan die VF+ oor ‘n dekade bars om een LP in die parlement te kry. Die venster is besig om toe te gaan. Na 2025 sal ons maar net voortgaan om te kla oor Afrikaans, BEE en RA. Uiteindelik gaan ons irrelevant word.

Cherokee ·

Liza, jy het my nie slegs verras met jou terugvoer aan ‘Ander Gert'(wat gewoonlik nie gebeur wanneer debatteerders verkeerd bewys word, nie) maar jy het verder gegaan deur ‘n uiters debatteerbare verskil te opper. Ek lief jou taalgebruik, maar moet nie
slegs die missie aanval sonder om ‘n bruikbare teenargument te stel nie.
Ek wil dit nie graag sê nie, maar èk het geen teenargument anders as emigrasie nie. Ons is ‘n druppel in ‘n emmer liewe Liza…, en ek het vriende op verskillende fronte wat mekaar nie eens ken of van mekaar weet nie, wat hul klere pak vir Australië. Meeste van ons veg egter teen die twee moeilikste opponente soos finansies en geboortesertifikaat waarvan laasgenoemde die moeilikste teenstander. Persoonlik is ek ‘n teenstander van ‘n spierwit onafhanklike grondgebied wat omring is deur ‘n swart sirkel wat enige tyd die doane-hekke kan toemaak. Ek sal slegs veg vir eie grondgebied as dit kuslyn met moontlikheid van ‘n hawe insluit.

Liza ·

Cherokee, SA is ‘n mensgemaakte gedrog wat nooit moes bestaan het nie. Die skrif was kort na Uniewording reeds aan die muur en blankes moes al in die 1940s en 1950s in groot getalle hervestig word in verskeie plekke in die buiteland. Geen Afrikanerstate nie, net mense op soek na oorlewing. Ons veg nou teen swaartekrag om SA te maak werk. Die kans vir blywende voorspoed is zero. Ek glo geografiese selfbeskikking aan die Weskus is haalbaar. Dit moet ‘n moderne gebied wees, ongeveer 21 000 vierkante km. Dit moet ‘n “smart” staat wees met die 4de Industriële Revolusie as basis. Binne die staat kan konfederasies gevestig word wat spesifieke belangegroepe verteenwoordig. Een konfederasie kan soos die Amish lewe, ‘n ander een soos die Oraniërs, een groep baie godsdienstig, ‘n ander groep meer modern en dalk minder godsdienstig. Maar Afrikaner wees sal ons tog aan mekaar bind. Mense wat buite die staat woon het die wete dat daar wel ‘n staat is waar hul taal en kultuur uitgebou gaan word.’n Rassistiese staat sal nie werk nie. Bruin mense in die gebied moet daar bly, hulle is deel van die streek. Maar dit sal ‘n lang proses wees wat maklik 30 jaar gaan duur. Indien ons in 1990 begin het was ons nou daar. Instede het ons verkies om te kla en te verwyt. Maar die wiel moet nou aan die rol gesit word.

Deon ·

100% Liza! ‘n Volkstaat wat moderne tegnologie gebruik om hoë kwaliteit produkte en dienste te lewer sal deur SA en die buiteland gerespekteer word. Dit sal ‘n land wees wat onmisbaar kan word in die streek en internasionale omgewing. In ons harde wêreld is daar min genade vir klakouse en sukkelaars. Afrikaners begin al hoe meer in daardie groep val. Ek was onlangs in Mauritius en was verstom hoe die eiland dit regkry om bo die res van Afrika uit te styg. Ek oorweeg dit juis om na Moka te verhuis, wat ‘n goeie voorbeeld is van ‘n hoë tegnologie stad. In hierdie staduim het ons nog die kundigheid en kollektiewe geldelike bronne om ‘n Volkstaat te maak werk, maar met emigrasie en verarming van Afrikaners gaan die geleentheid mettertyd verdwyn. Gebruik die “Engelse” universiteite hier om kundigheid en kapasiteit op te bou en gaan pas dit toe in die Volkstaat. Net nie Oranië nie. Dit is te klein en word geisoleer en omring deur SA en sy probleme. Die demokrasie daar is ook onder verdenking.

Paul Gerber Vf plus ·

Is Mussi bang vir Dr Mulder. Leier teen leier asb

Henry ·

So. Is dr Mulder steeds die leier?
Waar pas dr Groenewald in???

Planke ·

Is die me. Lotriet nou n Dr of n Prof? k
Klink asof die debat daar kan begin.

Cherokee ·

Ag Planke, ‘n doktor kan natuurlik ook ‘n professor wees, want ‘n professor is bloot ‘n onderwyser by die universiteit deur ‘n gegradueerde wat dikwels doktore insluit. Ek hoop ek het hièrdie debat vir jou baie vinnig beëindig. Slat ek jou met ‘n plank!

Jerry ·

Die debat kan geen skade doen nie, inteendeel sal dit meer lig werp op die DA en VF se standpunt oor Afrikaans as taal en die plek daarvan in n diverse samelewing. Net dalk is die twee standpunte so na aan mekaar dat dit die DA en VF verenig. Sal dit darem nou nie wonderlik wees nie, n stap in die regte rigting! Soos ek egter die Afrikaner ken, is die kanse goed dat vuil wasgoed in die openbaar gewas gaan word!

JaNee ·

Nou toe nou o groot DA! Julle het meer mense. Ag toe. Maar wat doen julle met al julle meer mense? Niks! Julle kan nie lei nie. Julle doen niks vir Afrikaans nie.

Frm ·

Nee wat die NDR loop mooi volgens plan. Die paddas in die pot begin mekaar nou byt en vergeet van die warm water.

Johan ·

Ek kan nie sien dat Suid Afrika by die stembus ooit uit die kloue van die korruptes sal kom nie, die korrupsie is deurtrek van die hoogstes in die parlement tot in elke polisiestasie in SA. Ons groeppie blanke Afrikaners is een van die minderheids groepe in die land wat die grootste positiewe uitwerking sal kan hê in ons land, mits hulle die boeie van ons kultuur, taal en werkende hande afhaal. Die DA, ANC óf VF+ sal dit nie doen nie. Ek luister die maghebbendes die laaste paar weke maar so. Dis absoluut leë beloftes van almal af. Ek glo nie n woord wat hulle opgooi nie. Hier is klein partye wat meer waarheid praat.

Paul Gerber Vf plus ·

Afrikaans teen Afrikaans?? Die Vf plus is pro afrikaans, Die DA glad nie. Wit teen wit? Glad nie, die Vf plus probeer die minderhede onder een Sancreed kry, due DA vry klip hard na die ANC se kiesers. Net n blonde groep mense stem Daar oor hul stem vir nommers en nie wat nb vur homself en sy mense nie. Asb, daars n bitter groot verskil tussen Vf plus en DA

Tweekop monster ·

Die da is n tweekop monster wie se woorde voor verskillende marksegmente verskil en wat die globale ekite dien.

Paul Gerber Vf plus ·

Afrikaans teen Afrikaans?? Die Vf plus is pro afrikaans, Die DA glad nie. Wit teen wit? Glad nie, die Vf plus probeer die minderhede onder een Sancreed kry, due DA vry klip hard na die ANC se kiesers. Net n blonde groep mense stem Daar oor hul stem vir nommers en nie wat nb vur homself en sy mense nie. Asb, daars n bitter groot verskil tussen Vf plus en DA

Paul Gerber Vf plus ·

Verskoon tog my slim foon se spel vermoeë. Kom van bestuur en tik

Frik Lotz ·

Die DA het nog nooit iets gedoen vir Afrikaans nie. Skielik voor verkiesing wil hul veg vir Afrikaans. Nee wat DA, niemand glo jul meer nie. Net VF Plus staan op vir Afrikaans. Stem liewer VF Plus!

JohanL ·

Ek dink baie mense wat hier reageer oor hoe die Afrikaners nou weer “onder mekaar baklei” terwyl daar “belangriker dinge” is wat aandag moet kry, besef nie die JARELANGE STRYD wat Afrikaans ‘n honderd jaar en langer terug moes baklei vir erkenning nie. Die beskerming van Afrikaans (en ander inheemse- en minderheidstale) is belangrik en ek stel baie baie belang in HOE beide die partye dit wil doen.

Die geskiedenis die afgelope ruk is nie juis aan die DA se kant nie. Hulle het NIKS in die onlangse verlede gedoen wat wys dat hulle opstaan vir Afrikaans of enige ander minderheidstaal nie. Hulle was doodstil gewees toe die Universiteite gebrand het toe taal ter sprake was.

En verder, as ek in Afrikaans aan my DA verteenwoordiger skryf, vra sy my om dit te vertaal na Engels !!!!!! Is DIT hoe die DA alle tale (Afrikaans ingesluit) wil beskerm?

Kan nie wag vir die debat nie. Ek hoop net Judge Dredd se drie vrae is deel van die debat – die VF+ moet gerus kennis neem van die Judge se vrae.

Jerry ·

Wat het die VF vir Afrikaans gedoen? Die VF het saam met Afriforum, in hul misleidende stryd om Afrikaans by universiteite te behou, doelbewus in die hofsaak teen die Universiteit Vrystaat gefaal. Afrikaans is, danksy VF en Afriforum se pogings uitgesluit by universiteite en toevallig geisoleer by Akademia en ander Solidariteitsinstellings! Julle bluf niemand nie, almal weet dat die VF/Afriforum eksklusiwiteit nastreef en dat dit julle doelbewuste taktiek is om die Afrikaner te laat uitsluit uit die breer SA samelewing ten einde selfbeskikking, die Afrikaner se enigste heenkome te maak! Dit is een van die VF/Afriforum se groot leuens. Om die regte n teiken te maak deur daarvoor op te staan en weerstand te bied, net om dan die aftog te blaas en Solidariteit se selfbeskikking as enigste alternatief voor te hou! Julle het nou daardie taktiek verskuif om die Afrikaner verder te vervreem van maatskappye wat julle nie welgeval nie, soos in die Steve sage met AIG en die Ghoemas. Julle is eintlik dom van slimgeit! Ek hoop Dr. Annelie Lotriet vee vir eens en vir altyd behoorlik die vloer met Dr. Pieter Groenewald en in so n mate dat die VF na hierdie verkiesing net met n handtjievol regses sit!

bolla ·

Jerry – daar stel jy dit plain en simple vir almal om te verstaan. ‘n Jakkals verander van hare maar nie van snare.

riaan ·

@ jerry

Baie geluk! Jy het so pas met ‘n derde versinsel vorendag gekom naamlik die “conspiracy” teorie! Tot nou toe kon julle mos net hamer op die VF wat “klein” is en die VF wat “regs” is?

Wat het die da vir afrikaans gedoen? – NIKS! VF het ten minst probeer om Afrikaans in universiteite te hou terwyl die da onskuldige juffrouens verneder, e-tol rekening verbrand, ens.

Die VF probeer niemand bluf nie want hulle is eerlik en reguit, MAAR die da is duidelik besig om julle te bluf want julle vreet al hulle mooi praaitjies vir soetkoek op! Wie is nou slim van domgeit?

Ten minst kan jy nog droom, soos jou droom dat Lotriet die vloer met Dr Groenewald KAN vee! Ongelukkig sal jou droom nooit realiseer nie want jou ou partytjie het nie ‘n manifesto of beleid wat die bestaan van Afrikaans en Afrikaners ondersteun nie, so wat ookal Lotriet sal se is ‘n leuen – of haar eie of haar party sin.

Laastens, ons sal sien hoe moesie en sy bende na die verkiesing na Dr Groenewald en sy handjievol regses vry! Dit alleen gaan my dag maak !

In kort: da doen niks – nie vir Afrikaans nie en nie vir Afrikaners nie!;
da bluf party dom kiesers – VF probeer nie want hulle is eerlik en reguit;
geniet julle “conspiracy” teorie want Elvis lewe en Kennedy is deur sy vrou vermoor ens. ens. ens.

Judge Dredd ·

Ek het geen probleem met selfbeskiking – ook vir die ander rasse/kultuurgroepe.

Maar vertel ons bietjie hoekom is die Afrikane/ANC so bang om selfbeskiking vir die Afrikaners te gee?

Boemerang ·

Judge Dredd, selfbeskikking sal nie gegee word nie. Daar sal hard gewerk moet word om dit te laat realiseer, binne en buite die parlement. Probleem is, belangegroepe en politieke partye wat die Afrikaner se belange op kwansys op die hart dra tree nie daadwerklik op nie. So, die ANC neem Afrikaners nie ernstig op nie. Hulle vrees nie die Afrikaners nie en sien neer op Afrikaners. Ons is vir ons eie ondergang verantwoordelik en is heeltyd besig om alles en amal te blameer vir ons swak posisie.

Paul ·

Ek vertrou nie die DA nie. As ‘n blanke net iets se wat na rasisme klink, is hulle die eerste wat klagtes lê by die MRK, maar as die DLF of Julius haat uitspreek teen blankes, dan is die DA doodstil! Ek sal nooit weer DA stem nie.

Jurgens Pieterse ·

Ek is uiters teleurgesteld dat die DA nou iemand moet gaan soek om namens hulle leier te debateer oor Afrikaans. Waar is die leier? … hy kan ook in Engels kom debateer oor die onderwerp. Nietemin hoop ek daardie debat vind plaas want dit is ‘n noodsaaklike gesprek ongeag die politieke party. As dit by Afrikaans kom wil Afrikaans nie verdeel nie maar wil Afrikaans vereenig en bou.

kolla ·

Die DA leier het belangriker dinge om te doen. Daar is 11 tale in SA wat beskerm moet word, nie net Afrikaans nie.

riaan ·

Natuurlik te bang! Dit is mos maklik om jou mond vol te he op tv of teenoor ‘n iningeligte gehoor maar iets heeltemal anders om met intelligente ingeligte mense te debatteer!

Shame!

Loeis ·

Annelie, jy verwys na VF+ as ‘n klein party. Kan jy ons dalk sê hoe groot die DP (wat die DA geword het) op ‘n tyd was? ‘n Nog kleiner party! Dit is met veral wit en bruin stemme dat die DA ‘n groot party geword het.

Jou party het met sy ondersteuning van swart bevoordeling teen daardie selfde wit en bruin mense gedraai. Dit is dus inderwaarheid jou party wat mense verdeel.

Wanneer hierdie mense op 8 Mei vir die VF+ stem, word die VF+ ‘n groot party.

corne ·

die VF is die enigste party wat konstant bly veg vir wit afrilaaners.DA belieg en stuuk oms net in die rug.DA gaan baie stemme berloor die keer en gaan eerste die hardste skree korupsie.Die DA blaf net geen byt nie. Ek stem eerder bir n klein party met n hart van n leeu as n hrooter lafhartige party wat net lan blaf

Jerry ·

JohanL, die judge se 2 de vraag is irrelevant. Die DA hoef nie Afrikaans te laat herinstel by universiteite nie, omrede Afrikaans reeds by Solidariteitinstellings soos akademia ens beskikbaar is. Sou die DA wel Afrikaans heringestel wil he, hoef hulle net die minister van hoer onderwys daarvan te oortuig dat dit strategies n goeie skuif sal wees om Solidariteit/Afriforum se houvas op die Afrikaner te verswak en om Solidariteit/Afriforum weg van die Afrikaner af, te isoleer! Johan, jy en judge moet dalk twee keer dink voordat julle vrae aan die DA wil stel, hulle sal die vloer met julle vee!

JohanL ·

Dankie Jerry – skynbaar is jy die selfaangestelde voorsitter wat mag besluit oor wie wat mag vra. Is die ander twee vrae darem relevant?

As dit oor taal kom, sal die DA nie maklik die vloer met enige iemand vee nie.

Kom ons hoop ons taal bestaan nog oor 20 jaar – of ek hoop jy voel ook so?

Kato ·

Die DA raak nou net soos die heersende regering. Leuens, leuens en nogmaals leunens. Hulle kry nie eers skaam om dit te vertel nie. Wat wil Lotriet nou daar gaan se? Sy lyk na die soort wat sonder om te blik of te bloos nonsens sal kan praat. So selfversekerd as kan kom, maar nee dankie ek val nie daarvoor nie, sy gaan my nie flous nie. VF + die enigste wat omgee vir die Afrikaanssprekendes.

Allabaster ·

Ek is seker na die debat sal ene me. Lotriet haar eder by die VF vestig – indien haar oë oopgegaan het

Allabaster ·

Daar is net twee akademsie tale in SA: Afrikaans en Engels. Dus verdien Afrikaans addisionele beskerming wat ander Afrika tale in verdien in ons land nie

Nick ·

Lekker lag ek nou !!!! Sal nie vir een van julle stem nie,waar het jy gesien Afrikaners stry oor Afrikaans!!!! Vernietig mekaar tog nou en kry klaar,hopelik staan daar iemand op wat regtig belangstel in Afrikaans en sy mense,klomp clowns,niks beter as malema en blf nie!!!!!

Judge Dredd ·

Die Afrikaners wat so min omgee oor Afrikaans is die wat ook so maklik hul rug keer op hul eie mense.

Pieter ·

Hoe waar is dit dat anc ,eff en Da van engeland geld kry vir hulle veldtogte.
Ek verneem alreeds van een van julle lede dat hulle afrikaans ondersteun behalwe in die skole. Dis hoe ek die sms verstaan.

Jerry ·

Judge, alle Afrikaners gee om vir hulle taal. Regdenkende Afrikaners sal egter nooit toelaat dat hulle taal gebruik word om hulle uit te sluit, te isoleer en af te speel teen die meerderheid nie, nie deur die ANC/EFF of VF/Afriforum/Solidariteit nie, deur niemand nie! Julle kry maar net nie die boodskap nie, nie nou al nie, want dit is nog nie die regte tyd nie, alhoewel die patroon reeds die hele verhaal vertel. Hopelik sal Dr. Annelie Lotriet daardie boodskap hard en duidelik oordra wanneer sy die vloer gaan skoonvee van die VF/Solidariteit/Afriforum leuens!

Andreas ·

Jerry, hoe nader dit aan stemdag kom, hoe meer benoud klink jy as dit vorige dag. Ek sal graag jou vreesaanblaasverdoemendekommentare so ‘n dag voor stemdag wil lees.

Op die stadium wil ek net sê, ontspan ou vriend, ontspan, daar is niks wat ons op die stadium kan doen nie, dis nou in die voorsieningheid se hande.

Willie ·

Amazing, al hierdie comments . Actually, skoon ridiculous. Ons insult en fight en maak statements wat ons nie kan substantiate nie, en dan scheme ons dat die issue actually Afrikaans is. Lyk my die issue is eintlik die preservation van Afrikenglish, want dit klink vir my of Afrikaans lankal gereplace is met iets wat ek beslis nie bereid is om te praat nie, (behalwe in satire) so waaroor fight julle nou eintlik?

Jerry ·

Andreas, jy is geregtig op n opinie en seer sekerlik ek ook. Ons opinies verskil soos ons duimafdrukke. Jy reken ek is benoud, wanneer ek inderwaarheid al hoe meer opgewonde raak soos wat ek kan sien dat dinge in die rigting beweeg volgens my opinies. My ontledings is akkuraat en my waarskuwings realiseer. Jou opinie is dat ek met Flip moet gaan praat, wanneer ek van opinie is dat die Afrikaner Flip nie nodig het nie, maar dat Flip die Afrikaner nodig het. Die Afrikaner gaan dus nie na Flip toe gaan nie, Flip gaan na die Afrikaner toe moet gaan! Die Afrikaner se soeke is nie verdeeldheid nie, dit is eenheid! Laastens, oor jou versoek aan my mbt die landbou minderheidsverslag sal ek jou so antwoord, as jy nie die lewensgrootte bewyse wat voor jou oe is kan sien nie, verdien jy nie om dit te sien nie. Ek los dit nou eers net daar met n stelling en n vraag. CR se dit gaan oor voedselsekerheid, glo jy dat dit regtig die geval is, of gaan dit eerder oor grond vir mynbou? Wat ookal jou antwoord sal wees, sal nie gebaseer wees op bewyse nie, my antwoord wel! So, doen voort om my opinies te bevraagteken, dit maak my opgewonde!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.