‘Die land’ is weg

Dr. Dirk Hermann. Foto: Reint Dykema

Dr. Dirk Hermann, die bestuurshoof van die vakbond Solidariteit, het dié ope brief aan Heidi Edeling, uitvoerende hoof van die Ghoemas, geskryf nadat die musiekvideo van “Die Land” waarin Steve Hofmeyr sing van die benoemingslys van die Ghoema-musiektoekennings verwyder is.

Beste Heidi

Baie mense in die Afrikaanse gemeenskap is kwaad. Ons is kwaad omdat “Die land” weg is. Een van Afrikaans se beste liedjies en video’s van die afgelope jaar is deur die Ghoema Trust by die spogtoekenningsaand verban ná druk deur die hoofborg, MultiChoice.

Die lied begin met die woorde: “Ek en my vriende het saamgekom om ʼn boodskap van hoop te deel.” Die res van die lied is inspirerend. Die sentrale boodskap is dat die land aan elkeen van ons behoort.

Die Afrikaanse gemeenskap voel vervreemd; hulle voel magteloos en geïsoleerd. Hulle voel hulle is in die land, maar nie meer deel van die land nie. Hier kom ʼn groep kunstenaars en sê: Ek belowe jou, die land behoort aan jou. Hulle vervolg met ʼn positiewe boodskap dat my vlag sal aanhou waai en die sade sal ek saai. Kortom: Ek sal steeds bly plant in my land. Die lied het ʼn oproep tot liefde en vra verder: “Wat is nog reg en verkeerd, wil ek weet.” Die kunstenaars vra: “Wat los ons vir ons kinders. Wat gaan ons eendag kan wys?”

Hierdie lied is nou verbied. Die Ghoemas het nie “Die land” onttrek oor die inhoud of gehalte van die lied nie; selfs nie eens omdat Steve Hofmeyr een van die sangers is nie, maar omdat die borg dit geëis het.

Jy skryf in die brief waarin julle jul gewraakte besluit bekend maak: “Ek het ʼn offisiële versoekskrif van Joe Hesu, MultiChoice se groephoof ontvang. As gevolg van Steve Hofmeyr se deelname in die video, versoek MultiChoice dat die benoeming van “Die Land” onttrek word. Verder verklaar hulle dat indien dit nie plaasvind nie, hulle geen opsie het as om hul borgskap van die Ghoema Musiektoekennings 2019 te onttrek nie.”

Op grond hiervan onttrek die Raad van Trustees van die Ghoema Trust die benoeming van die video.

Die borg manipuleer dus die uitkoms van ʼn spogtoekenningsaand. Die een bestanddeel waarsonder ʼn aand soos die Ghoemas nie kan bestaan nie, is integriteit. Onafhanklike beoordelaars, leiers in die bedryf, moet kuns onbevange beoordeel. Jul eie reëls bepaal dat Die Ghoemas ʼn onafhanklike toekenningsgeleentheid is waar die musiekbedryf vir sekere prestasies vereer word. Julle het jul eie reël oortree.

Kunstenaars is vrye geeste en daardie vryheid moet beskerm word. Dit skep ʼn ongelooflike slegte presedent indien borge begin voorskryf wat in is en wat uit is. Vandag besluit ʼn borg watter lied onttrek moet word, maar môre skryf ʼn borg voor watter lied bygevoeg moet word. Vandag besluit ʼn borg hulle hou nie van ʼn kunstenaar se standpunt nie en môre hou hulle nie van ʼn spesifieke lewenstyl nie. Vandag is dit ʼn borg en môre is dit die staat.

Jul besluit om “Die land” te onttrek, het die Ghoemas van sy integriteit en vryheid ontneem. Julle het die Afrikaanse musieklandskap verskraal tot ʼn wêreld gesien uit die oog van ʼn enkele borg. Julle het eenvoudig gedienstig aan hul wêreldbeskouing geraak. Ongelukkig is hul beskouing weer gedienstig aan die algemene politiek korrekte siening wat die heersende idees van die staat weerspieël.

Die regte ding sou wees om aan jul eie missie gehoorsaam te bly en dit is om prestasie in die musiekbedryf te vereer. Omdat julle weggetree het van jul missie ter wille van ʼn borg is daar woede. Adam Tas, Dewald Wasserfall, Corlea Botha, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld en ander het hul weersin in jul besluit uitgespreek. Hulle almal is hul vryheid deur die besluit ontneem.

Bobby van Jaarsveld som dit raak op: “As ons musiek nie welkom is daar nie, is ons seker nie welkom daar nie. Raak moeg om stil te bly terwyl hulle ons boelie.”

Bobby som ʼn groter gevoel op – ʼn algemene gevoel dat ons moeg is daarvan om geboelie te word. Die Ghoemas het net nog ʼn simbool van daardie geboelie geword. Die reaksie van die Afrikaanse gemeenskap is oorweldigend teen jul besluit. Julle het hulle vervreem. Strategies het julle met jul gesig na die verkeerde kant toe gaan staan. Dit is jammer, want die Ghoemas is ʼn mooi inisiatief.

Corlea Botha spreek haar diepliggende kommer uit oor die vrees onder Afrikaanse kunstenaars dat hul werk nou gesensor word: “… of gaan ons net met sekere mense mag werk?” vra sy. Bok van Blerk het ook reeds laat weet dat hy nie meer die Ghoemas gaan bywoon nie.

Ironies genoeg kla die woorde van die lied wat julle verbied julle aan. Ons as lede van die publiek wil weet wat is nog reg en verkeerd? Ons vra wat los ons vir ons kinders? Wat gaan ons eendag kan wys? Dit is hierdie vrae wat maak dat ons jul besluit nie net daar kan los nie.

“Die land” het nou ʼn proteslied geword. Dit het iets groters geword as bloot ʼn Ghoema-benoeming. Dit het ʼn simbool geword van hoe mense voel. Dit was oorspronklik ʼn lied van hoop en dit sal ʼn lied van hoop bly, maar dit wys nou ook dat protes soms nodig is om hoop lewend te hou.

Solidariteit het pas ʼn gilde vir Afrikaanse kunstenaars gestig. Die doel van die gilde is juis om ons kunstenaars teen boelies te beskerm sodat hulle vry kan wees.

Ons kan nie jul besluit omdraai nie, maar ons kunstenaarsgilde gaan met ʼn veldtog begin om te verseker dat minstens net soveel mense na “Die land” op sosiale media kyk as wat mense na die Ghoemas op TV gaan kyk. Ons gaan hierdie video wyd versprei. In die nuwe wêreld van nuwe media kan geen tradisionele media-instelling voorskryf wat gekyk en nie gekyk mag word nie. As die Ghoemas “Die land” onttrek, benoem die gemeenskap self die lied as gemeenskapskeuse.

“Die land” is weg by die Ghoemas, maar die land is nie weg van ons nie. Die land behoort aan my en aan jou. Ek belowe jou.

Ek sluit ʼn skakel van die video by die skrywe in.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Dirk Hermann

Dirk Hermann is die bestuurshoof by Solidariteit.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

149 Kommentare

Dup ·

Aangrypende lied en aangrypende video.

Geluk aan die kunstenaars.

Landarique ·

Baie diep lietjie met ware woorde beste Sanger’s wat hier sing well done!!! #Ons Land

Amanda ·

Dankie Dr Dirk Hermann.
Afrikaans is al waaraan ons nog vashou.

Dick Koekemoer ·

Dit het tyd geword dat ons saamstaan vir dit wat reg is. Ons taal word heeltyd onderdruk van die boereoorog af. Nou onderdruk die ANCdit. Dankie vir Steve wat oostaan vir ons taal en land. Dankie Bok en ander wat hom ondersteun. Dit het tyd geword om op te hou om askuus te se vir goed van die verlede. Die lewe moet aangaan in n land waar die minderheid verdruk en vermoor word

Frederik kruger ·

Gatvol om geboelie te word. Het multichoice gekanselleer en ghoemas kan op die treinspoor gaan speel !

Eliznica ·

Stem saam met Bobby. Moeg stil gebly, moeg skaam gewees, moeg weggesteek. Mag ons nog trots wees op ons kultuur? Op ons land? Voel vir my ons foute uit die verlede gooi n skadu oor als. So moeg daarvoor. Wanneer kan ons weer trots wees? – 29jarige Suid – Afrikaner. Ek erken ons foute, en ek doen my klein klein deel om mense met waardigheid te hanteer. Ek besef ek bly steeds bevoorreg. Maar hoe lank nog skaam wees? So hierin voel ek ewn met wat Bobby sê, al is sy kommentaar musiekgerig.

Ruben Steyn ·

Baie mooi lied hou so aan eks trots Afrika er in murg en been. Dirk jy moet politik toe ek sal vir jou stem in die toekoms

Naas ·

Mooiskoot, Dirk. Afrikaans en Afrikaanse- musiek en kunstenaars is nie van die Heidi Edelings en die Ghoemas afhanklik nie. Bokradio hou reeds vir ‘n aantal jare hulle eie toekenningsaand hier in die Kaap.
Heidi, skrik wakker. Om lakeie van linkse denkers te wees beteken niks goeds vir SA musiek nie.

Marius ·

Dankie Dirk dit maak my trots om deel van Solidariteit te wees!,ons weet dit gaan nie ophou die aanval op ons nie. So n lang stryd lê voor.
My kind se klas loop leeg soos die maats saam met ouers immigreer,net n opmerking.

Chris ·

Multichoice is soos elkeen van die ander staatskapers en het selfs nou die ghoemas gekaap .

Sandra ·

Steve – julle hou julle koppe omhoog!! Dankie vir elke afrikaanse sanger wat nie die die Ghoemas bygewoon het nie ons staan agter julle! Lief julle baie. Ons bid vir julle die uitkoms vir ons gaan kom. Dankie Dirk julle ons sluit vandag nog by julle aan, multichoice het ons ook al gestop. Lief julle ouens!!

Ally ·

Pragtig gestel!!! Ghoemas kan hulle skaam. Want hulle skaam vir ons Afrikaners!!

Mev Dave v.d Walt ·

Dave v.d Walt ek is bly al die sangers stem vir Steve ons veg vir ons afrikaanse sangers hou maar julle Ghoemas

Manny Grota ·

Dit is een van die redes ek nie multi choice ondersteun nie want hulle het n probleem met afrikaans. Kom aan mense ipv baie geld betaal vir dstv gee eerder julle geld vir jou kerk dit word vir beter goed aan gewend.

Joe Bartizal ·

Jare terug…nog tagtigs…staan jy as joug seun iewers in ver soms nie eers jou eie land nie… op aandag…daar word gebid en die Stem word gespeel…van trots boer wees…kry jy trane…omdat jy trots is om te doen wat jy doen…wanneer hierdie lied speel…en jy verstaan waaroor die woorde gaan ….kom dieselde trots terug…ek sal nie gaan lê nie…ek het nie toe nie…ek sal nie nou nie…..goed gedaan manne…die “video” is spreek meer as duisend woorde….

Mev Dave v.d Walt ·

ek is bly al die sangers stem vir Steve ons veg vir ons afrikaanse sangers hou maar julle Ghoemas

Hennie ·

Dankie….. Dankie aan al die kunstenaars en organisasies soos Solidariteit wat bly veg vir ons Taal, Kultuur, Geloof en ons kinders se toekoms.

Dis jammer om te sien hoeveel “verraaiers” / “hands-ups” is in ons geledere. Hier wil ek Groot Ontbyt se Groot Toon met n baard en Jakaranda se Rian uitsonder wat die vermoeë bemeester het om die verkeerde reg te redeneer in Afrikaans….
en die ironie is hulle glo hulself?????

Andreas ·

Ghoema Trust. Van wat ek kon naspoor is die bewaarders van die trust die volgende mense:
Barry Pretorius – Executive Producer / Director
FJ Jordaan – Legal representative
Lloyd Viljoen – Auditor/Accountant
Karen Meiring – KykNET/MK/Kowee
Jenny Griesel – Marketing Jacaranda FM
Haddad Viljoen – KykNET/MK/Kowee
Heidi Edeling – Musical Director

Yvonne ·

Almal soos ek kan aflei …. blank en Afrikaans sprekend!
Ek laat sak my kop in skaamte dat mede Afrikaners nie opstaan vir wat reg is nie. Ons moet ophou om God’s water oor God’s akker houding in te neem. Die Afrikaners is nie welkom matjies waarop elke jan rap en sy maat net kan trap nie…. ons is volwaardig mens!

Susan ·

Die trust reageer net op grond van die druk komende van die borg wat op hulle uitgeoefen word. Gaan kyk eerder wie is op die direksie van die borg

Andreas ·

Susan, jy is 100% korrek, Dr Dirk Herman verwys daarna in sy artikel hierbo waarin dit bevestig is dat Heidi Edling ‘n offisiële versoekskrif in die verband van hul hoofborg MultiChoice se groephoof, Joe Hesu ontvang het.

Dit neem nog nie die feit weg dat die finale besluit by Ghoema Trust gelê het nie.

Annie Webb ·

So wie van hulle het wat gestem? Was mos konsuis demokraties. Hoop ons vind dit ook nog uit.

Andreas ·

Annie, Ek lees nou van André Schwartz wat met sy ere-toekenning vanaand baie hartseer was, gepraat het oor die wit olifant in die huis en dat mens maar moet oppas vir daardie onnadenkende twiet. Dis al wat ek kon lees. Kom ons kyk more wat verder daaroor gesê word, maar mens kan net raai dat hy gevoel het Steve moes twee maal gedink het, hy het die sneller te vinnig getrek.

Ek is nogal van dieselfde mening gedaan, of Steve nou reg was al dan nie, daar is ander manier hoe hy dit kon uitdruk, sonder om arrogant voor te kom. Hierdie gaan ook ‘n waterskeiding vir Solidariteit wees, hulle wat hulle nou tot Steve verbind het, al is daar ander kunstenaars vir wie hulle ook ‘toevallig’ opkom. Solidariteit was in die verlede baie, baie versigtig om openlik vir Steve te ondersteun, nou sal ons sien tot waar hulle dit dryf.

Zirk ·

Dankie Andreas, dat jy die hanskakies ontbloot. Ek’t altyd gedink hulle’s leiers op die kultuurgebied maar nou my siening verander. Hulle’s tot onderdanigheid geboelie deur Multichoise.

Amanda ·

Snaaks hoe almal deesdae polities korrek wil wees om ander tevrede te stel en daardeur hul waardes weggooi. Dit is een van die mooiste liedjies met die mooiste woorde.

K de jager ·

Is ek verkeerd as ek sê ons het ń slang in ons midde by name mnr.Pretoruis die moeilikheid by AIG en nou Ghoemas laat my wonder aan watter kant van die draad staan hy.Respek vir al die kunstenaars wat Ghoemas boikot

johanII ·

Ontrek alle steun van Afrikaner geledere van die Ghoema twak. Balanseer die linkses se druk. Wereld wyd is linkses in elkgeval besig om steun te verloor…ons gaan n “boikot lys” nodig hê om te onthou wie nie ons vriende is nie.

W W Rsa ·

Baie dankie aan almal wat oor gegaan het op die besluit ONS IS MOEG om op getrap te word.Dankie ook vir al di borge en kunstenaars wat ontrek moeg vir die afdwing om skuldig te voel wie ek ie en die taal wat ek praat.Ons gaan nie terug sit kyk hoe hulle ons verneder nie
Die tyd het gekom ons ook opstaanDIE LAND simboliek met ons gevoel.

Disselboom ·

Die HNP van die 1970s en 1980s se slagspreuk was “die land is ons land”.

Melanie ·

Disselboom my man dra nou nog sy hemp met daardie einste woorde op wat hy destyds by Oom Jaap gekry het. Ons het ook ‘n skryfblad met daardie woorde op.

Pierre ·

Die opdruk teen Afrikaans sal uiteindelik die laaste strooi wees.

Ons word gesien as oortallig en in die pad, maar dit gaan presies andersom uitwerk. Hou moed en geloof.

Schalk ·

Vanoggend vroeg op pad werk toe hoor ek die nuutste en besluit dat as my taal en my ras my laat ly as gevolg van politiek dan neem ek die besluit. Ek sal opstaan teen diegene wat politiek ,sport , kultuur en godsdiens van my wil ontneem en hulle uit my lewe en besteding besny. Ek is trots en en het Die Land as opbouend gesien en lees geen politiek daarin nie. So het Steve ook gevoel en nou word hy as speelbal gebruik. eenvoudig genoeg was genoeg. Die tyd om te staan is hier. Op te staan en te doen wat reg is en dit is om TROTS te wees op ons kultuur en mense wat alleen staan.

Kobus Steyn ·

Ek is trots om te se ek is lid van Solidariteit. Julle kyk nog na ons land en ons taal. Mag die Ghoemas maar voortgaan sonder die mense wat rerig omgee. Ek sal beslis nie daarna kyk nie.
Dirk ek hou van jou brief baie mooi dat julle opgestaan het teen die wat deur borge voorgeskryf word en nie hulle eie waardes nastreef nie

Andreas ·

Kom ons sing almal saam, eers Die Stem, dan Van De La Rey tot Nou, dan Die Land.

Mev M Fourie ·

Dankie Dirk, mooi gestel! Dis presies hoe ons voel. Mag die Ghoemas doodloop en ons Afrikaanse kunstenaars uitstyg en suksesvol wees met ander toekennings waar borge wat regtig omgee betrokke is.

HENNIE DU TOIT ·

het altyd die ghoemas gekyk sal dit nie weer kyk nie ta ta julle

mc ·

Na Manie Jackson se kommentaar hierop is ek ook sommer gladnie meer ‘n aanhanger van sy musiek nie, so ek hoop hy geniet die Ghoemas vanaand ek staan egter agter Steve. Iewers moet ons begin opstaan. En nee, ek ondersteun lankal nie meer vir MultiChoice nie.

Susan ·

Volgens wat ek kon sien op FB, gaan Manie Jackson dit ook boikot? Ek gaan nie Ghoemas toe nie…. Ek gaan heerlik by my huis ontspan, en net rustig wees. Want POLITIEK is ons baas.
Joe Heshu, van Multichoise, en sy komitee, het n besluit gemaak, wat WEEREENS die Afrikaner verneder het en WEEREENS n bakleiery onder die Afrikaner veroorsaak het, deur hulle besluit, het hulle die Ghoemas gedwing om n besluit te maak en dis PRESIES wat hulle wou hê en ons het almal in die slaggat getrap. Die groot menere met mag besluit en die klein menere moet daaronder lei.
Dis die 4de keer (as ek reg onthou), wat ek benoem is vir n Ghoema, en ek werk baie hard om Afrikaanse musiek te laat voortleef, en my goue, platinum en dubbel platinum toekenings teen my muur, is al toekenning wat ek graag wil hê. Want dit is die toekening wat jou harde werk beloon. Ek het die afgelope paar uur gesit en tob en was reeds in my bakkie, gepak en reg om te ry, toe ek n besluit geneem het…. Ek het die bakkie afgesluit, en my platemaatskappy laat weet dat ek myself onttrek van die Ghoemas. Dis onregverdig, maar dis hoe ons maar seker vir die res van hierdie land se bestaan gaan voortleef. Dankie aan Ghoema vir my benoeming. Dit word opreg waardeer.
Mag almal n Paasfees geniet, en die Liefde en Vrede van Jesus ervaar…..!

Andreas ·

Susan, 100% korrek, maar die kruks is dat die mense wie die finale besluit geneem het was die Ghoema Trust. Hulle het geen ruggraat nie, al het Heshu ‘n rewolwer voor hul kop gehou.

Verkiesing-Komplot ·

Ek laat my nie vertel dat Joe Hesu van MultiChoice self hierdie initiatief geneem het nie.
Daar is ‘n stappie voor dit – wie van die ANC/EFF het hom ‘n 6-nulle-geldjie in die hand gestop om dit te doen, en hoeveel presies?
Ons het immers die reg om te weet hoeveel van ons belasting-geld is nou weer aangewend vir korrupsie en rassisme.

Alberta Erasmus ·

Baie dankie Dirk dat jy opstaan vir reg en geregtigheid ons waardeer dit baie.
Ons is ook baie trots op al die kunstenaars wat saam Steve en span staan wat die lied gesing het soos jy en almal wat kommentaar lewer dit is die mooiste lied wat ons in n lank tyd gehoor het.

Andrè Oosthuizen ·

Dit is ń skande dat die Afrikaner weer moet ingee vir sy Moedertaal en dat die Trust van die Ghoemas nie kon op kom vir die Inskrywing nie. Hulle moes eerder die geleentheid gekanselleer het maar is te bang om nie “polities korrek” op te treë nie. Eenkeer ingegee sal nou altyd moet ingee. Ongeag wat die pot lensiesop ook al wag wees.

Sarel Ras ·

Kom oms almal maak “DIE LAND” die TOP verkoper in Arikaanse musie deur die CD te koop en sodoende aan “HULLE” te bewys ons ondersteun Afrikaans en laat ons nie boelie nie, ONS KAN LUISTER EN KOOP WAT ONS WIL

Francois P Theron ·

Dis nou maar die nalatenskap van apartheid wat ‘n bose stelsel was en dus, net soos die Nazi’s van Duitsland, Afrikaner geskiedenis verewig bevlek is. Dit is egter ‘n pragtige lied in dieselfde kategorie as Bok van Blerk se De La Rey en ware Afrikaners sal juis nou daarna luister en die CD aanskaf. Goeie publisiteit vir die puik kunstenaars en verkope gaan die hoogte inskiet.

Hendrik ·

Ek het vir die afgelope 5 jaar geen TV en spaar my DSTV geld vir ons jaarlikse vakansie. Lekker man, maak die skuif. Geen goens of ghoemas vir my.

Elizabeth ·

Die korrekte stap om nou te neem sal wees dat almal wat vir die Ghoemas benoem is, hulleself sal onttrek. Indien die speelveld nie gelyk is nie, is dit oneties om deel te neem, veral vir kunstenaars wat die gewete van die gemeenskap behoort te wees.

René ·

Die Ghoema organiseerders het ons Afrikaanse kunstenaars en publiek verraai en versaak deur in te gee vir boelies!!! Ek is diep teleurgesteld om sulke ruggraatlose mense te sien. Geld is belangriker as integriteit, beginsels en Afrikaans! Hartseer dag!

Janine ·

The constitution allows every culture to enjoy their heritage.Multi choice is disrespecting the Afrikaans culture. We pay M-net give the subscribers what they’re paying for. They only have two channels 144/145 stop discriminating against the Afrikaans language and it’s people.

Tante Koba ·

Baie dankie Janine!
Ek stem saam. Multichoice diskrimineer teen Afrikaans. Ons pensionarisse en ander wat nie die duur pakette kan bekostig word erg afgeskeep met sulke min Afrikaanse kanale. Kyknet is deesdae eksklusief net vir die wat kan betaal, maar ons praat dieselfde Afrikaans. Ons waardeer ook goeie en keurige Afrikaanse nuus en programme. Ons is nie dom of minderwaardig net omdat ons inkomste min is nie.

Robert Barrie ·

The problem is that Karen Meiring heads up Kyknet and is the’ person that should be there for Afrikaans. She has., again, shown that she don’t care about either about Afrikaans, neither the people, nor what they want in terms of culture and don’t care about ethics, values, quality and standards

Waarheid ·

Bly ons weet nou wie die uitverkopers sonder integriteit is.
Ons sal julle name onthou..dis verseker.
Dankie dat die name blootgestel is.
Steve en mede sangers het gewen en Dirk Hermann ook.

Jaap ·

Ek stem vir Afrikaans my lands taal wat ek op trots is. Ons sal veg vir ons land en taal.

Yvonne ·

Almal soos ek kan aflei …. blank en Afrikaans sprekend!
Ek laat sak my kop in skaamte dat mede Afrikaners nie opstaan vir wat reg is nie. Ons moet ophou om God’s water oor God’s akker houding in te neem. Die Afrikaners is nie welkom matjies waarop elke jan rap en sy maat net kan trap nie…. ons is volwaardig mens!

Buite Stander ·

Die regeerdes en hul meelopers sal poog om die Afrikaners tot lastige brommers te reduseer.

Amelita ·

As kill the Boer kan gesing word kan Die Land mos maar ook gesing word.
Ek dink dat die mense van die toekening en Kyk- net wat so skynheilig is en vertel dit is vir Afrikaans lieg. Hulle doen dit nie vir die taal, of ons afrikaans sprekendes hul doen dit vir eie gewin.

Inus du Plessis ·

Gaan ons mense kwaad genoeg wees hiermee om ook met hulle beursies te stem? Boikot MultiChoice. Laat hulle dit voel waar dit saakmaak!

Alida van Niekerk ·

Ek stem saam! Kanselleer DSTVsubskripsies op groot skaal. Ek het reeds gister myne gekanselleer. Of is die manne te bang hulle mis hulle rugby?

Priscilla ·

Kom Ons begin Afrikaans terug eis in die Banke en winkels…..dring daarop aan om in jou taal gehoor en bedien te word.

Julia ·

Hiermee stem ek nou volmondig saam. Bedien my in afrikaans of ek vat my geld na die volgende winkel/bank.

Joe Bartizal ·

Jare terug…nog tagtigs…staan jy as joug seun iewers in ver soms nie eers jou eie land nie… op aandag…daar word gebid en die Stem word gespeel…van trots boer wees…kry jy trane…omdat jy trots is om te doen wat jy doen…wanneer hierdie lied speel…en jy verstaan waaroor die woorde gaan ….kom dieselde trots terug…ek sal nie gaan lê nie…ek het nie toe nie…ek sal nie nou nie…..goed gedaan manne…die “video” is spreek meer as duisend woorde….

Outoppie ·

“Ghoema” klink vir my na ‘n ander taal as AFRIKAANS. Wat beteken die woord nogal ?

J D Kotze ·

Ons moet nou ook n Radio Stasie soos BOK RADIO wat openlik hul misnoee uitgespreek het en kant gekies het kry. Viva BOK RADIO

Sharelynn Sutherland ·

Maklike oplossing – laat die borg onttrek. Laat elke Suid-Afrikaner ‘n bydrae maak, stig ‘n fonds. Ek sal bydrae! Ons moet ophou gemanipuleer word.

Oljetter ·

Ek sien hier is n siel genaamd Lansarique of iets soortgelyk vreemd wat ietsie te sê het oor Afrikaans. Die ironies is dat elkeen van die drie sinnetjies bevuil is van taal- en spelfoute. Netjies, né?

JJ ·

Dankie Dirk dit is ñ vooreg om jou as medeburger te hê. Jou woorde is ñ meesterstuk!

Chris ·

Multichoice toon die tipiese gedrag van staatskapers.Hierdie keer is dit egter die Ghoemas wat gekaap word net soos AIG ens.

Adriaan Odendaal ·

Wie het hulle nodig,ons kon nog al die jare vir ons self dink,dit is ons land,Pasop die krag gaan dalk af wees,gehoor van beurt krag ens, ens, Die benoeming is klaar gedokter,wie wil na so n klug spel kyk as die werklike wenners nie daar is nie??

Lynette ·

Ek dink die Trustees moet hul kop in skaamte laat sak! Julle het die Afrikanervolk in die steek gelaat! As jul eerder die AFRIKANERVOLK gevra het om julle te borg sou daar nie vandag soveel onnodige woede wees nie! Maar nee, JULLE HET ONS GEVAAL, Jul het GENOEG tyd gehad om ons as Afrikanervolk te nader vir borgskap! Julle het mos nie gister gehoor dat MULTICHOICE jul in ‘n blik wou druk nie. Maar verkies om eerder na hul pype te dans, ten spyte van die feit dat jul eintlik AFRIKAANS wil bevorder, die kunste en die taal. Op kort kennisgewing maak julle dit bekend….wat ‘n skande!!! Julle staan eerder aan die kant van MULTICHOICE IPV AAN DIE KANT VAN DIE AFRIKANER VOLK. Word aan die neus gely….en voorgeskryf! Sies vir julle. Ek skeur eerder my kaartjies op! My steun lê by die Afrikanervolk, waarvan julle deur jul keuses wat jul gemaak het, nie deel van is nie. Valse profete….EK STAAN VIR AFRIKAANS, VIR VOLK EN VADERLAND! Dankie STEVE! JOU LIEDJIE HET GEMAAK DAT ONS DIE WARE KLEURE VAN DIE TRUSTEES VAN DIE GHOEMA TOEKENNINGS KON SIEN!

$ ·

Hierdie ´trustees’ kon toe op die end glad nie ge ´trust’ word nie.

Hoe kortsigtig – weens politieke druk en die druk van Mammon, word ´n uiterste onreg ook gepleeg aan elke kunstenaar wat die lied (en video) met Steve deel en dus ook in lyn was vir die toekenning.
´Juffrou is kwaad oor wat een klasmaat gedoen het, nou straf sy die hele klas’.

Mag Heidi en elke trustee (wat nie ´n druppel vertroue waardig is of verdien nie) nog vir lank met skaamte die kop laat sak.

En die agterbaksheid om dit stil te hou ‘sodat die ander borge (wat sou onttrek indien hul bewus was van die besluit) se geld EERS gou gespandeer kan word voordat hulle dit kan terughou en ons kan doen wat ons moet doen om die aand met prag en praal te kan aanbied ´, en ´sodat die publiek darem eers net gou kan aanhou kaartjies koop voordat ons met leë stoele sit en ons nie die geld hieruit maak wat ons wil maak nie ‘ – dáárdie agterbaksheid opsigself is ´n klap in die gesig van elke Afrikaner met integriteit.

Afrikaners word opstandig ·

Dis net n politieke plooi om die waarheid weg te steek,die liedjie gee die BOODSKAP hard en duidelik.Die lyn word getrek.Kies wat is REG of kies die LEUN waar geld baas is

Anmar ·

Uiteindelik gaan dit alles maar weer oor geld. Die geld wat van die borg af kom is vir die Ghoema-groep belangriker as die kunste, die kunstenaars, die taal en die mense wat dit praat en daarna wou kom luister. Multi choice het wel die ultimatum gestel, maar die mense wat die keuse uitgeoefen het om die lied af te haal, is die Ghoema-greop en hulle moet verantwoordelikheid aanvaar vir hulle keuse.
Dankie Dr Herman, vir die brief en die video.

Johanna Botha ·

Pragtige lied ek benoem dit sommer vir grootste nuusmaker van die jaar ! PRAGTIG !

Ekke ·

Steve bly maar die beste. En sal altyd die beste wees.
Kan nie dieselfde se van multichoice nie.
Multichoice julle mis uit en het jul naam met n plank geslaan hoor.

Lourens Benade ·

Wonder maar net wat sou gebeur het as enigiemand anders (verval met ‘n wit vel) ‘n opmerking soos Ramaphosa sou maak dat swart kinders vir welke rede ook al aan ‘n boom vasgebind moet word. Het ook nog nie gehoor dat enige van die besighede wat nou so graag hul borgskap onttrek om Steve Hofmeyr stil te maak Ramaphosa hieroor aangevat het nie en die enigste rede daarvoor kan net wees dat hulle, net soos hy, dink alle Afrikaners is onnosel en gaan val vir rassistiese grappies om vir ‘n polities bankrot, korrupte en rassistiese ANC te stem.

Helene ·

Net daarom onttrek ek van Multichoice. Dit is belaglik dat ons so gemanupileer moet word. Hierdie is ‘n postiewe lied, daar is absoluut niks mee fout nie. En Steve, regtig. Wie ookal met Steve ‘n probleem het, het ook ‘n ander agenda! Multichoice kan vir my maar bankrot speel!

Chris ·

Jip Heidi het haarself lelik befonkfaai – sy sal onthou word. Glo my.

Jo-Ann De Wit ·

Dis hartseer om te dink ons land se Kunstenaars word veroordeel oor liedjies wat vrygestel word. Partykeer wonder ek wat sou ons ou Kunstenaars daarvan gese het ouens soos Ge Korsten Bles en vele meer wat nie meer by ons is nie. Wonder net wat sou hulle vandag gese het. Ek persoonlik was nog nooit n Steve fan van sy musiek nie maar nou voel ek regtig empatie vir die man. Hy gaan nog groot dinge laat gebeur. Vandag is ek seker sy heel grootste Fan. Hoop om eendag sy Hand te kan druk.

Louis van Biljon ·

Die land is ‘n pragtige lied en hoegenaamd nie polities of opruiend nie. Is dit al in die winkels beskikbaar? Ek wil hom sommer môre gaan koop. Maroela Media, help ons asseblief. Hoe kan ons help om die lied so wyd as moontlik in ons land beskikbaar en bekend te stel. Ek onderneem om my beskeie deel te doen. En ek sal nie did ghoema-ding op TV kyk nie. Dankie Dr. Dirk Herman en Solidariteit. Ek is trots om ‘n Solidariteit-lid te wees.

Rinette Riekert ·

Ek is siek, nie net siek vir ons land se politiek nie, maar ja ek het griep. So tussen medisyne drink, en my longe stukkend hoes lees ek FB om die tyd om te kry. Tussen al die rassistiese uitlatings tussen die EFF en BLF die mooi praat van die ANC, die ompraat van die DA en die VF se agteros gebler ontrek die een na die ander groot maatskappy hom van n musiekfees, of n toekenning agv Ou Steve. So probeer ek sin maak van wat gebeur en ewe skielik besef ek dit wat gebeur. Die hele land is bang Ou Steve tree toe tot die politiek.

Steve net soos ons Afrikaners kort kort ons rande onttrek van maatskappye wat Afrikaans en sy mense probeer onderdruk en gevaar loop om deur hul eie maatskappye getugtig te word, so sal jy op n stadium moet besluit of jy net gaan praat en sing vir die res van jou lewe en of jy jouself rerig tot die stryd gaan werp om dit wat jy preek te leef.

Almal besef dat 8 Mei 2019 een van die belangrikste stem dae in ons geskiedenis gaan wees. Besef jy dit ook en gaan jy woord by daad sit.

Ek challenge jou om te wees wat jy se jy is, n Boer wat veg vir sy mense, veg vir sy taal.
Rinette Riekert

nou wat nou ·

Nou wat presies wil jy hê moet ´Ou Steve ´ doen, Rinette Riekert?

Calla ·

Daar is groepe wat baie bang word as die Afrikaners saamstaan. MTN, Multichoice, ens. Hulle probeer hul bes, onthoe hulle Delarey probeer verbied.

John ·

Wanneer veg Dirk-hulle vir gewone Afrikaners vir werk bv in winkels en selfs as petroljoggies? Ook vir grond vir jongmense in woongebiede en hulp om eie wooneenhede te bou. Hoekom kan net Alexandra se plakkers aandag kry? Baie is ook uitlanders. Afrikaners wat nooit kans gehad het om verder te studeer nie, moet ook leef of stel ons net belang in gegradueerdes of wit werkers wat nie bevorder word nie. Gewone Afrikaners vergaan van ellende; ‘n tweede Armblanke-krisis is met ons, of is ‘n ryk boer wat sy grond verloor meer verhewe as ‘n arm witte, of ryk sangers wat in die gesig gevat word terwyl talentvolle kinders nie eens naby ‘n instrument kan kom nie. Dit is pynlik om hierdie arm mense te sien wroeg met hul paar randjies.

Johan Wessels ·

Dankie Solidariteit. Ek het sopas my DSTV subskripsie gekanseleer in Lagos, Nigerie. Gelukkig is daar baie alternatiewe hier beskikbaar. S.A is lankal nie meer my woning nie a.g.v. die huidige stand van sake daar nie. Ek is en sal altyd n trotse Afrikaner wees. Indien Multichoice my net met een “choice” laat, sal ek dit weer doen.

Goed genoeg ·

Dankie Solidariteit.

Kan Afrikaans asb nou sy eie TV-kanaal skep, onafhanklik van SABC, DStv en MultiChoice?
Kan Solidariteit ook asb sy eie mediahuis op die been bring?

Het julle ook gehoor van die man wat oor die naweek iewers gaan sit het toe die Afr &Eng gedeelte van Die Stem gesing is, glo uit protes omdat dit deel is van die volkslied?

En wat nou van Outsurance se advertensie waar hulle net Nkosi sikilel iAfrica se woorde sing – by Die Stem se gedeelte kan jy duidelik sien aan die lipbewegings Die Stem word glad nie gesing nie? Sal Solidariteit asb ook teen hulle optree omdat hulle Die Stem boikot en so demonstreer dat hulle eerder juis verdeeldheid ondersteun (terwyl ons Die Land probeer opbou).

Dalk moes ou Kurt ook maar dieselfde gedoen het: gaan sit het by die ander tale en net die Eng & Afr dele gesing het. Voortaan moet Afrikaanse sangers dit dalk ook maar doen: stilbly by die ander tale (wat niemand anyway kan uitspreek of verstaan nie) en net Die Stem gedeelte (wat die anderstaliges anyway ook nie kan uitspreek of verstaan nie) by sportbyeenkomste sing? Of sommer die hele volkslied net in Eng sing … en buig voor die Union Jack (waarteen ons almal se voorvaders baklei het).

Weskusklong ·

Afrikaners word behandel soos brommers in ‘n beeskraal.

Dries du Toit ·

Ghoema Ghoema Zuma
Ons moet plan maak om te woema
Na ons eie land sonder Ramaphosa

Marius Reinhardt ·

Groot fout!! Baie mooi lied!! Ek wil dit ook net vir my kinders belowe?

DeonC ·

Dankie Dirk vir die standpunt wat jy inneem en kunstenaars vir julle besluit om die Ghoema klug te boikot. Hierdie is begin v projek saamstaan om met boelies te handel. Die land behoort aan ons en ons was nog nooit bang vir die massas of boelies nie.

Hans Richardt ·

Ek weier om my 2 oumas, wie as tieners in ABO, se swaarkry te verloën vir geforseerde etniese amalgamasie politieke korrektheid beleid.

Fanie Kemp ·

Dankie Dr. Dirk Hermann, dankie Solidariteit, dankie al die Afrikaanse Kunstenaars met ruggraad.
Dalk het dit tyd geword dat ons ook weer met trots “Die Stem” sal begin sing – veral ook die vierde vers en weer “Geloftedag” in ere herstel maar om die regte rede.

Francois ·

Ek dink Afrikaans TV moet op Openview gestig word. Ook radio uitsendings van Pretoria FM en ander wat erenstig is oor ons taal. Basta met betaal TV. Sal eerder kanaalsubskripsie borg as om nog geld te mors op DSTV wat deur Afrikaners begin is maar gekaap is deur SEB en RA se bose infiltreerders.

Hanneline de Bruin ·

Dankie dr Dirk. Soos Arnold Coleske vanoggend in koerantberig gesê het..Multichoice se besluit om borg te staak, maar die video word aanmekaar op tv gewys, dus maak hulle geld daaruit. Dubbele standaarde?

Liesie ·

Baie goeie brief – als goed gestel. Ek het vandag my DSTV gekanselleer na meer as 20 jaar van klient wees. Genoeg is genoeg.

Andile ·

Baie goeie brief ja en ek gaan by jou aansluit met die kanselleer na 20 jaar. Dit gaan niks aan hulle doen ne, maar ek gaan beter voel oor myself en my mense.

Dankie Dr. Dirk Herman en Solidariteit.

Abraham Brits ·

Dankie Dirk. Jou berekende, eerlike en sinvolle brief som mooi op wat baie van ons dink en voel. Sal veel eerder my geld in Solidariteit belê vir die behoud van my kind se toekoms as om multichoice verder te ondersteun.

Jerry ·

In plaas van Ghoema status kry Steve, Dirk en hulle volgelinge, die muishond status! Mooi julle, julle is weer terug waar julle was voor 1994, al wat verander het is dat die skoen nou aan die ander voet is!

Wildeboer ·

Ons was nog altyd muishonde. Niks sal verander nie. Die regeerdes haat ons en kan nie wag dat die laaste Afrikaner die land verlaat nie. Ons het nie vriende nie. Selfs Afrikaners op die ANC lyste word nou openlik verwerp.

Andreas ·

Annie, Ek lees nou van André Schwartz wat met sy ere-toekenning vanaand baie hartseer was, gepraat het oor die wit olifant in die huis en dat mens maar moet oppas vir daardie onnadenkende twiet. Dis al wat ek kon lees. Kom ons kyk more wat verder daaroor gesê word, maar mens kan net raai dat hy gevoel het Steve moes twee maal gedink het, hy het die sneller te vinnig getrek.

Ek is nogal van dieselfde mening gedaan, of Steve nou reg was al dan nie, daar is ander manier hoe hy dit kon uitdruk, sonder om arrogant voor te kom. Hierdie gaan ook ‘n waterskeiding vir Solidariteit wees, hulle wat hulle nou tot Steve verbind het, al is daar ander kunstenaars vir wie hulle ook ‘toevallig’ opkom. Solidariteit was in die verlede baie, baie versigtig om openlik vir Steve te ondersteun, nou sal ons sien tot waar hulle dit dryf.

Andreas ·

Was hierdie dalk ‘n oordeelsfout van Solidariteit? Die tyd sal leer en die reaksies van die musiek gemeenskap sal die pad aan wys. Steve word nou tot ikoon verhef waaby almal moet staan of val. Kom ons vertrou dat Solidariteit hierop sal reageer., Snoer hulle mense saam, of is hulle ‘n verdeler? Gaan dit oor die saak en gebruik hulle Steve as voorbeeld? Maar waarom dan nie tooentertyd met Steve se twiet van dag een af nie?

Deon ·

Feit is ons kan nie normaal leef in ‘n abnormale gemeenskap nie.

Stan ·

I am extremely disappointed in Multichoice and not to mention Joe Hesu! You should supposedly advocate for freedom of speech/ democracy and not contributing to marginalising the minority!! Shame on you!!! I am questioning your character and intension in this case?

Engela ·

Baie dankie Maroela. Ek het lekker geluister. Dis pragtig!

Heksie ·

Puik song Steve!!!!!!!!
Heidi Edeling …. jy maak dat ek my kop in skaamte laat sak vir jou!

Kobus ·

Daar is die Ghoema se geloofwaardigheid daarmee heen.
En Maroela Media, julle begin die artikel as nuusberig maar julle maak tog alte seker dat julle op niemand se tone trap met die redakteur se nota aan die einde nie. Ook maar voete van klei nê? Ai tog…

Sanna ·

Hoekom daag Bobby en Bok steeds op vir hulle erkennings. Hulle moes 1st ontrek het on n punt te bewys

Maggie Pringle ·

1970 en 1980 HNP -het so baie dinge voorspel wat so waar geword het.
Dit is ons Land. Dankie Solidariteit dat jy saamstaan vir die Afrikaanse kunstenaars.

Oom Doug ·

Maggie, jy is reg. 1970 en 80 het ons die lewe as normal beskou.
2019 is dit nou die Nuwe normal?

nonnie ·

Toe hierdie video uitgekom het, het ek dit vir my twee seuns gestuur om na te luister. Nie omdat ek ‘n rassis is nie, nie omdat ek enige iets by hulle wou aanwakker nie, net om vir hulle die boodskap deur te gee, dit is nie nodig om na Universiteit oorsee hul heil te gaan soek nie, want ek wil so bitter graag glo hier is nog ‘n plekkie vir elkeen van ons, ongeag jou kleur. Ek het eintlik vrede met wie dit sing of wat hul onderskeie opinies is, want het ons dan nie elkeen ‘n reg op ‘n eie opinie nie? DIT maak my hartseer nou, want was ek dan verkeerd?

Mel ·

Dit is een van my gunsteling liedjies. Dit laat my ekstra patrioties voel. As die lied speel wil ek nie immigreer nie. As die lied speel wil ek HIER bly. In ONS land.

Maar dis die vrees. Dat ons Whiskey Suid Afrikaners (ja ek gebruik die CPF en polisieforums se benaming, want dis mos polities korrek) actually tog kan saamstaan wat die meerderheid beethet.

Hoendervleis!

Erna Louw ·

Ek wil graag Die Land aflaai van iTunes Store – maar dit wys ‘album only’ Hoe kan ons ons steun wys aan die lied?

mitz ·

DANKIE Dr Dirk Hermann vir hierdie raakvat opebrief, maak mens trots. My hart klop HALLELUJA iemand sê AMEN!!!

Lindtjies ·

Ghoema mens brand nie brue waaroor mens weer moet loop nie. Radio Pretoria julle is die beste. Baie dankie vir die toekennnings geleentheid wat julle vir ons Afrikaanse sangers gaan skep. Mag julle groot gaan. ek is een van julle lojale luisteraars omdat julle nog veg vir Afrikaans.

mitz ·

Dit is mos nou fantastiese nuus, dankie Radio Pretoria!! Met ons Afrikaners werk dit so, waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg. Goedgedaan.

Willie ·

Wonder wat dink pankop FW oor die verdrukking van ons mense? Landsvraaier!

klip in die bos ·

Die oorsprong van persepsies, word gevoed deur die donker drogbeelde van ‘n mens se motiewe. Dit is ook die roete van histerie.

“Moenie boodskappe oordra wat verkeerd ge-in-ter-pre-teer kan word nie”

dis hoe dit is ·

´ Die borg manipuleer dus die uitkoms van ‘n spogtoekenningsaand ‘.

Ek wil my verstout om te sê: hierdie stelling is ongelukkig ook waar van vele skooltoekenningsgeleenthede – wenners van kuns- of talentaande, redenaarswedstryde, skooljaareindprysuitdelingsfunksies.
´Sad but true ´.

Martin ·

Ek sit oorsee! Ek moet my kinders leer wat hulle regte kultur is. Wie hulle regtig is! Die song het my hart warm laat klop en is trots Afrikaans!! Gee nie meer om, om met trots oorsee of in SA te se dat ek Afrikaans is nie!! Dankie vir die liedjie… Ware ware woorde.

Wetwou ·

Afrikaans is die taal van ons liggaam, siel en gees net soos ‘n ander taal vir sy mense is. Elke keer wat ons terugstap, wen die vyand ons staanplek totdat ons niks meer het vir ons kinders nie. Hierdie lesse moet ons leer om saam te staan, ons eie inisiatiewe te grond en die onderdrukkers van Afrikaans te boikot.

Boerin ·

Trane! Wat n pragtige video…dat ons ou Afrikaner volkie die haters so bang maak as hulle ons deursettings vermoe sien! Met niks het boere begin op grond,elke dag harde arbeid en grooot geloof! Hulle wil alles vernietig soos die liedjie se maar ons SAL vir ons kinders agterlos,n herkoms en n toekoms want dit is wie ons is Joe Heshu! Ons sal nie in die strate rondspring en brand en afbreek nie,want dis nie wie ons is nie.Eks jammer die video het jou bang gemaak…maar glo dit jy en jou kaders sal ons nie breek nie!…Amen. Dirk Herman dankie vir jou brief namens ons…ons waardeer dit.

Alida ·

Daar word so baie gepraat. Ons is trots om afrikaans en wit te wees. Steve het NIKS verkeerds gedoen nie. Hy het nie homself onttrek nie. Hy het ‘n bydrae gelewer en word vereer daarvoor toe kom Multichoice met hulle bollie. Steve en sy manne sal ALTYD die beste bly.

ADL ·

Afrikaans is nie die probleem nie ook nie die lied nie maar wel Steve Hofmeyer. As daar iemand anders in sy plek in hierdie mooi lied gesing het sou dit verseker n prys gewen het. Maar omdat hy in dit was is al wat nie blanke mense sien dat dit gaan oor blankes en als wat die blankes verloor. Feit is dit is ons almal se land maar Steve het homself as n rasis laat stempel met dinge wat hy se en doen . En nou gaan almal wat hulle skaar aan die kant van mense wat voel dat DIE LIED mos nie geskraap word nie ook as rasiste gekenmerk word. Hoe kan ons so vorentoe in hierdie land?

Talana ·

Jy kan jou werk verloor. Jy kan jou huis verloor. Jy kan selfs jou familie verloor. Maar jy kan nie jou taal verloor nie; tensy jy dit vrywilliglik prysgee… en ‘stilbly en anderkant toe kyk’ is ‘n daad van vrywilliglik prysgee, dan nie? So hierdie is my bydrae tot nie ‘stilbly en anderkant toe kyk’ nie :)

Hazeldean ·

Hierdie land behóórt aan NIEMAND nie. Net soos my man of vrou of kind nie mý eiendom is nie.
Maak ons onsself nie skuldig aan afgodsdiens nie…SA, Afrikaans en en en is NIE ons god nie. Ek sal lewe ek sal sterwe nie vir n land of n taal of n flippen vlag nie maar vir n Lewende Heilige God, vir my geloof JA.
Is ek dankbaar en het waardering JA JA JA

Daan ·

Ja, Liewe – land Suid-Afrika. Die arme sotte wat nog dink dat dit hier oor Steve gaan, lewe in hulle eie volstruis-gat. Dit is ‘n subtiele aanslag op ons Taal en alles wat Afrikaans is. Eers was dit Afrikaans is Groot en nou die Gumas. Steve se twiets of wat ook al vergelyk glad nie met wat Julius, BLF en selfs ANC kwytraak nie. Die LUR van onderwys in Gauteng dryf aktief n veldtog teen Afrikanse skole aan die eenkant en ‘n vete teen Steve aan die anderkant. So kan ons aanhou opnoem. Ek sê: #Kanselleer Dstv ……….

Elize ·

Wonder of die Heidi vrou toe vir Dr Herman n brief terug geskryf het.

Rinda ·

Ek wil Multichoice staan, maar my man kan nie sonder sy sport klaar kom nie. How gemaak om sport te kyk wonder Multichoice nie.

Rinda ·

Ek wil Multichoice staan, maar my man kan nie sonder sy sport klaar kom nie. How gemaak om sport te kyk wonder Multichoice nie.

Vida ·

Hoog tyd dat die Afrikaners opstaan. Ek is trots op elke kunstenaar wat sy/haar stem dikgemaak het. As jy nog by Multichoice betrokke is, moet jy jouself afvra vir hoeveel bakkies lensiesop jy jou geboortereg verkoop.

Magaretha van heerden ·

Pateties om die minste te se. Die beste is om n eie ding te begin en hulle te vergeet. Steve het al my respek vir die groot werk wat hy doen. So ook Solidariteit

Grofsmid ·

Elke hou gemik teen die Afrikaner – temper ons, maak ons sterker, harder. En ons kan elke hou vat – iets wat die liberaliste nie kan vat nie – en dit, maak hulle swakker in alle opsigte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.