’n Volk staan op

Hannes Noëth, die besturende direkteur van Helpende Hand. Foto: Verskaf.

Ons is moeg geboelie.

Oeps… Ek wonder of ek die woord “volk” vir die opskrif mag gebruik? Gaan dit nou ook ’n herrie veroorsaak?  Ek glo darem nie. Ek dink ek mag sê “Rondom die Ghoemas staan ’n volk op”.

Soms raak ’n mens net moeg van intimidasie en voel verniel. En meteens staan mense van alle kante af op vir reg teenoor onreg. Dit is opwindend. Wanneer ʼn versadigingsvlak bereik word en mense sê, “So kan dit nie aangaan nie,” dan is dit dikwels groter as ’n saak of ’n storie of ’n gebeurtenis.

Met die onttrekking van “Die Land” van die Ghoema-toekennings is ons daar. Dit is meer as ’n Steve, as ’n vir hom of teen hom. Meer as ’n het hy iets gesê of nie gesê nie, is hy ’n rassis of is hy nie ’n rassis nie, of stem jy met hom saam of nie. Dit is meer as net Afrikaans of nie Afrikaans nie, meer as net druk van ’n borg of nie ’n borg nie – dit gaan oor baie meer – dit gaan in die besonder oor mense wat moeg raak vir ’n onderdrukkery, moeg vir onreg, moeg vir omgekeerde diskriminasie, blatante omgekeerde rassisme, ʼn ruggraatloosheid in besluite.  Daarom is die lied “Die Land”, se ontrekking meer as net die tevrede hou van ’n borg, dit is in meer as net ’n knyp na Steve… Dit het werklik in een dag ’n tsoenami geword van opgekropte emosies van alle kante. Ons mense is moeg gekarnuffel.

In 2018 het Solidariteit Helpende Hand ’n besondere pad geloop met die lied “Die Land”. Dit was vir ons belangrik om vir ons mense hoop te gee. Ons het hulle aangemoedig om te saai. In elkeen van ons 151 takke, in 10 streke en saam met ongeveer 40 000 ondersteuners het ons deur die land gegaan met een boodskap: Die land behoort aan jou. Saai. Leef roepingsbewus. Laat jou nie onderkry deur al die onreg, al die dinge wat jou wil aftrek nie. In besonder het ons gesê ons help mekaar, ons vat hande. Rykes en armes ontmoet mekaar – die land behoort aan ons almal. Ons is almal rentmeesters hier. Ons het vlae waarop die woorde van die lied staan deur die land geneem – op die vlag staan: “Die land behoort aan jou”. Die lied is gesing, gedeel, die vlae is geteken, dit het deel geword van hoop skep-geleenthede. Die vlag het vir takke en vrywilligers ’n kosbare kleinood geword en die lied en sy woorde ’n herinnering aan ons roeping.

Tydens die Afrikaans is Groot-vertoning in 2018 was dit hoendervleisoomblikke toe “Die Land” gesing is en 300 Helpende Hand-afgevaardigde kongresgangers uit die gehoor opstaan en uit die hart kon saamsing. Hulle het die lied geken en dit hulle eie gemaak. Die land behoort aan ons. Ons gaan saai, ons gaan leef, ons gaan nalaat vir ons kinders.

Daarom voel dit soos mishandeling. Nie oor die onttrekking van die lied nie, nie oor die standpunte vir of teen Steve nie, maar oor ’n sogenaamde demokratiese stemming tot onreg. Die een oomblik was ek nog verstom oor die besluit, dit was vir my net verregaande. Die volgende oomblik staan ’n volk op en sê “Ons is moeg geboelie”. Van alle kante en van alle oorde. Van die borge. Van Helpende Hand-takke. Van ’n publiek. Van die pers. Van kunstenaars. Van oraloor.

Ons het reeds iets daarvan beleef toe Helpende Hand saam met Afrikaans is Groot ’n spesiale vertoning bekendstel, naamlik JouAIG waarin ons die publiek gevra het om gemeenskapskrag te wys. Wanneer ’n mens elke dag met armoede werk, soos Helpende Hand doen, verstaan ’n mens die krag van ’n gemeenskap. Die nodig hê van mekaar. Die belangrikheid van nie alleen wees nie, maar van saamwees en saamstaan. Van hande vat.

Ons is moeg van onderdrukking, daarom staan ons op. Daar is baie sake om voor op te staan, groter en gewigtiger dinge as ’n Ghoema-toekenning, tog is die versadigingsoomblik soms ’n demokratiese stem tot onreg.  Ek gee graag ’n Helpende Hand-eerbewys vandag aan:

  • my mense wat opstaan en nie gaan lê nie; wat nie hoop verloor nie, al word hulle verontreg;
  • kunstenaars wat vir ons mense met hul gawes hoop bring, soos met “Die Land” – kunstenaars wat die afgelope jaar die land deurkruis het en ook aan medekunstenaars wat nou teen hierdie stem van onreg opgestaan het;
  • die borge wat ná die ontrekking van “Die Land” ook onttrek het van die Ghoemas, sonder ’n demokratiese stem, maar uit beginsel teen onreg;
  • mede-Suid-Afrikaners wat met baie insig deur ’n situasie kan sien, dit fyn kan opsom en onafhanklik vry kan dink. Dit was nog altyd deel van ons genepoel. Moenie vir ons dink nie, ons kan dit self doen;
  • MultiChoice en Kie. wat die krag van my mense uitdaag, julle maak ons so sterk. Dankie;
  • die besluitnemers en keurders van die Ghoema-pryse, julle leer ons onderskei;
  • “Die Land” se vyf kunstenaars. Vir ons was “Die Land” van die begin af ’n wenner;
  • Pretoria FM wat nuwe toekennings bekendgestel het. Briljant!;
  • die Helpende Hand-ondersteuners wat jul vlae geteken en laat teken het, wat trots orals gesing het die land behoort aan ons ook. Dankie, dat julle jul vlae weer gaan uithaal het gister met die ontrekking van die lied by die Ghoemas; en
  • aan almal wat die beginsel van help mekaar verstaan.

Ons is sat geboelie. Toekennings kan van ons weggevat word, maar nie ons harte wat kragtig saamklop en saamhoop nie.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Hannes Noëth

Hannes Noëth is die uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand. Hy is ook die skrywer van die boek Depressie: Struikelblok of uitdaging? en skryf dikwels rubrieke vir verskeie publikasies.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Boet Fasie ·

Hannes dit wat jy skryf is puik, die afrikaners met moed en ruggraat staan vierkantig agter julle, Steve en die ander kunstenaars. Ongelukkig het ons wel in ons land jellie visse sonder ruggraat en draadsitters.

Melanie ·

Boet Fasie ek sal baie graag van jou mening wil verskil maar ek kan nie. Jy is heeltemal reg. My oorl pa het eenmaal gesê “die Afrikaner is ‘n nasie wat jy oor kan loop nes jy wil, hy sal nog gaan plat lê sodat jy hom goed kan trap. MAAR pasop as daardie einste Afrikaner homself in ‘n hoek bevind. Dan gaan jy bars”. Die dag het aangebreek .. die Afrikaner kom nou agter hy staan in daardie hoek. Niemand wil groot moeilikheid hê … wat in elk geval vinnig op pad is. Afrikaner, dink mooi waar jy elke sent spandeer en vir wie betaal jy elke maand.

Jr ·

Weet jy die beste way nou is om elkeen n
Cd van ” Die Land ” te koop en maak hierdie 5 kunstenaars so gewild dat dit gaan seer wees. Hierdie is ń maklike way om te protest. Kom mense ons doen dit

Anti-ghoemas ·

Elke persoon wat ghoema bygewoon het, insluitend die sangers, julle is Boereverraaiers, Landsverraaiers, Draadsitters, Jellievisse. Die wat agter STEVE HOFFMEYR gestaan het, mag julle gaan van groot na groter na grootste. Ons salueer julle….

Multiniks ·

Oorbeprysde herhalings, al lankal gekanselleer en ek spandeer daardie geld nou baie beter.

Danie Minnaar ·

Miskien kan hulle die nuwe toekenning vir Afrikaanse musiek ‘n “Briljantjie” noem! ;) (Van DJ Ossewa)

Siek en Sat ·

Wat hier gebeur en wat al in die verlede gebeur het is baie hartseer en onregverdig. Ek hoop van harte dat ons Afrikaner Nasie nou sal saamstaan en hierdie verder vat en nie net weer oor ‘n week of twee dit maar net weer agter ons sit en wag vir die volgende aanslag. Ek glo vas hierdie dinge kom op ons pad met ‘n plan van Bo en dat die wiel gaan begin draai.

Riana ·

Dankie Hannes, nie dit alles geweet. Wat so hartseer is, die mense wat saam gestaan het en onttrek het gisteraand, gaan seker ook nou geboikot word. Hierdie mense kan nie bekostig om hul inkomste te verloor, soos wat met Steve gebeur het nie! CD verkope alleen kan hul nie aan die lewe hou. Dit maak so bitter seer dat daar so teen die Afrikaner opgetree word. Sterkte aan almal.

waarheid ·

Daar is baie meer uitverkopers in ons land as wat meeste mense besef.
Hulle word bagasie genoem.
Ons kan nie met bagasie saam werk nie.
Die bagasie gaan in elk geval nog per skip die land verlaat wanneer dit te warm in die kombuis gaan raak.
Hierdie mense moet eerder nou al vertrek – ons het hulle nie nodig nie.
Hulle is vals en vir hulle gaan dit net oor die eie EK.
Wie wil nou met sulkes meng – net ander bagasie.

Jepetto ·

Sjoe dis lekker o m te hoor mense wil saam staan kry somer hoendervleis van lekerte ek ook moeg om met woorde en misdade geboelie word

boerboel ·

So lank ons nog lewe en asem haal is daar hoop!
Jy kan iemand net vir solank boelie, eendag slaan hy terug! Ek hoop die eendag kom baie gou!

Johan Neuteman ·

Ek weet nie of ek die ding reg verstaan nie, maar dit klink of die volk dan hier bedoel die Afrikaner, en as ander volke “Die Land” se woorde dan hoor as Afrikaners wat sê “die land is ons land” (ek leen nou by Disselboom van sy kommentaar by dr Dirk se ope brief), dan is daar dalk tog bietjie begrip nodig dat daar so skerp reaksie op “Die Land” is? Dit strook dan nie met die nasiebou en die verdraagsaamheid nie?

Wilma Josey ·

Puik Kommentaar. Dankie aan almal wat teen die Ghoemas opgestaan het vir Steve. Ek is veral trots op Demi Lee Moore wat uit haar hart uit gepraat het hoe sy voel oor al die Politiek rondom Die Land… VERGEET MAAR OM ONS TE PROBEER STILMAAK…. DIT GANI GEBEUR IN HIERDIE LEEFTYD NIE! Reverdigheid moet geskied. Sela

JAN ·

IT inligtings tegnologie Internet is ons redding. Ons sal ñ tuiste vind soos wat ons dit verloor het deur die massa media waar taal misbruik was tot nasionale selfmoord. Soos die rotte van die fluitspeler v Hamlet. En Nongwasi hmm?
Voor ons oge maak tegnologie dit moontlik om MET mekaar te praat op Watsap Epos Twitter SmS. SKYPE ens.
Fake news is besig om sy graf te sien. Massa media se inploffing is aan die gang.

Ons het reeds ń kubervolk geword wat ontsnap het van Vervloekte sensuur kultuur. In afrikaans.
Net soos 500 jaar gelede met die eerste massa media drukpers Luther en Calvyn.
Bevryding van kennis dmv KUBER tegnoglie
DAAROM is dit onvermydelik om MET mekaar te praat soos Disqus en nooit meer VAN mekaar soos vanmelewe se vervloekte Vals Media propaganda nie.

Maroele kry asseblief vir on Disqus

Andreas ·

JAN, Disqus maak jou bymekaar, eien jou vir hom toe, kruip in jou ingewande in en dit laat my dink aan die ANC wat elke bewegingvan jou wil oorneem, sonder hom gaan jy nêrens nie. Ek bly ‘n individu en ek sal altyd weg vind, ongeag die tegnologie dat ek nie versmoor word in my denke of handeling nie.

willem Botha ·

Dit het tyd geword om te sê genoeg is genoeg en terug te baklei en die eerste stap is om agter die VF+ te staan en te vergeet van die DA twak van klein partye,die DA kan die VF+ nader vir n koalisie vennootskap maar die VF+ sal meer sê hê.

danie ·

Die VF gaan baie stemme in ons distrik kry want hulle is die enigste party wat n verskil hier gemaak het.

hannes ·

Stem saam. Die beste manier om te wys ons is keelvol is as VF+ sy stemme kan verhoog na 1 miljoen. Ons moet ons polities korrekte houding laat vaar. Slaan terug!

Boesman ·

Die VF+ is doodgoed en goed dood. In die army het ons altyd gesê “volg my, ek is reg agter jou.” Dit is hoe die VF+ funksioneer. Hul manifesto is vaag en generies. Om te sê ons veg vir jou regte, ons veg vir jou taal, ons veg vir jou grond is leë beloftes. Die VF+ is al 25 in die parlement, maar Afrikaners boer steeds agteruit.

Therese ·

Boesman

‘n Party kan nie veg sonder genoeg soldate nie.
‘n “Army” man behoort dit tog goed te begryp, dan nie?

Boesman ·

Therese, of die VF+ vier lede in die parlement het of 30, dit sal geen verskil maak nie. maak nie. Om meer praters te hê help nie, kyk maar na die EFF se 22 en die DA se 88. Alles gaan om beleid en oplossings. Die VF+ bring geen nuwe oplossings na die tafel nie. Terloops, die US Navy Seals en US Army Green Berets werk in klein groepies, maar bereik baie.

DeonC ·

Die Afrikaner se liefde vir die land, sy omgee vir medebewoners en bereidheid om die swartbestel n kans te gee is vertolk asof ons swak en bang is. Die Ghoema episode toon dat daar nog murg id Afrikaner se pype is. Die tyd vir selektiewe boelie en treiter loop uit. Ons is oppad om soos in die verlede na onsself te kyk. Ons wil nie deel wees van n nasie van middelmatigheid en verloorders nie.

Boet Fasie ·

Die DA begin agterkom hy gaan slae kry by die stembus. Terwyl die afrikaner en veral blankes gestenig en vervolg word, paai die DA die volk met lee beloftes. Tyd dat die afrikaner opstaan vir hulle regte en hulle kinders se toekoms. Die gesiglose verraaiers moet trek, my land en taal moet bekerm word vir my mense. Die land en politici gaan aan oor die beskerming van renosters wat gestroop word en gaan uitsterf , die bewaring van ons fona en flora, maar wat van die afrikaner wat meer werd is as geld en goud en wat tans op elke platform en verhoog vertrap en uitgeroei word.

hercu ·

Boet Fasie ek stem – ‘n baie goeie artikel en ek is nie ‘n doem profeet nie, maar die DA is soos ‘n kat op ‘n warm plaat!!

RC ·

Dankie vir hierdie puik skrywe. My hart is seer! Seer vir hierdie kunstenaars, ook vir die ander kunstenaars wat deur hierdie optredes geraak word. Almal wat hard werk om sukses te behaal. Maar dan is ek ook erg geraak dat hierdie land waar ons gebore en groot geword het, ons nie gun om eie te wees nie. Ons is wit en Afrikaans. Ons is ‘n trotse nasie!

Wildeboer ·

Dinge maak skielik meer sin. Sekere mense het nie van die opbou gehou nie.

humor ·

Dit is vir my vreemd dat mense skielik saamstaan vir hierdie kwessie en nie daaraan gedink het om op te staan toe ons Afrikaanse taal al talle male ernstig onder druk gekom het nie en selfs uit ons universiteite geban is nie.

Deon ·

Dit neem soms maar ‘n rukkie vir mense om te besef wat werklik aan die gebeur is. Tipiese geval van die padda in ‘n kokende pot water.

Boet Fasie ·

Humor, die ergste is dat ‘n plakaat wat God eer en prys nou onlangs binne ure voor ‘n plaaslike owerheid verwyder is aangesien dit volgens sekere mense aanstootlik is, hoe laag kan ‘n mens en ‘n plaaslike owerheid daal.

André Coetzer ·

Fantasmagories!!! Uitstekend uiteengesit en verwoord ons woede en frustrasie perfek! Ek boikot DSTV al meer as 4 jaar…dis tyd dat andere ook begin rug styf maak….laat ons geld en voete praat…

jaco ·

die volk staan seker op, maar watter soort volk is dit? ons tradisionele christelikheid is aan die wegkwyn. ek onthou juis n berig op maroela oor hoe ongelowig ons Afrikaners reeds geword het.
https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/die-bybel-is-uit-die-skool-geneem/

selfs die wonderlike steve het al n paar weird uitsprake oor godsdiens gemaak. self staan hy uiters onverskillig teenoor godsdiens en geloof.

Eks soms by my kerk se jeug betrokke en eks geskok oor wat ek daar hoor. goed wat hulle oor praat en goed wat hulle doen laat my hare rys. dis seker maklik om te sê dis omdat daar nie meer godsdiensonderrig in skole is nie, maar te oordeel aan wat ek van dié kerkjeug hoor, doen doen die ouers ook nie veel moeite nie.

so ons volk moet maar lekker opstaan, maar net onthou, dis n futiele opstaan sonder om eers volkome na die God van die Bybel terug te keer.

Boet Fasie ·

Jaco ek stem volkome saam met jou, ‘n volk kan nie opstaan sonder God nie. God het nie hierdie volk verlaat nie maar hierdie volk en land het God verlaat en sal die gevolge moet dra.

Katryn ·

Daar is niks verkeerd met ons jonges nie. Hulle vra deesdae tawwe vrae, val nie meer vir mooi stories, verhale, Bybelversies, sensuur en dweperige sedeprekies nie . Maak godsdiens prakties, gebruik nuwe tegnologie en hou op om te oordeel. Dreigemente dat hulle hel toe kan gaan werk nie meer nie. Mense wat met jonges wil werk moet opgelei word. Die selfopgeleide oom of tannie wat met die jonges wil werk doen dikwels meer skade en dryf jonges weg van die kerk. En onthou, in SA kom ons uit ‘n omgewing waar apartheidspolitiek en die kerk nou verstrengel was. Die gevolg was katastrofies vir almal en jonges vra reeds wat het dan verkeerd geloop en is onseker of dit weer gaan gebeur. Om te sê mense het God verlaat sal met ‘n grinnik en rologies beantwoord word. Dan het jy ‘n jongeling klaar verloor. Ons jonges is pragtige mense en ons toekoms is in hul hande.

Andreas ·

Hannes, dis wonderlik soos Demi Lee dit met ontvangs van die toekenning gedoen het. Ek sou nogal graag wou sien dat sy die Ghoema, na sy dit ontvang het, op die verhoog neersit en gesê het dis Die Land s’n, hulle kan dit terug neem na Ghoema Trust en dit daar uitstal as voorbeeld hoe mens Afrikaans in die kop skiet.

Hans Richardt ·

Die gedig oor die doringboompie…
Die Land gaan oor Afrikaners se patriotisme en as dit nie polities korrek is om lief vir jou geboorteland is nie, moes dit dan oor Emmigrasie of Geforseerde etniese amalgamasie beleid gegaan het? Tyd vir antwoorde nou!!!
Feit is Hannes, vryheid van keuse en assosiasie is fundamentele universele regte vir beide kante en die affêre is nou tweesnydende swaard. Tyd nou om politieke korrekte Sg Afrikaanse “kultuurfeeste”, wat nou alle vreemde kulture behels. Maw diè feeste word meer-en-meer irrelevant vir Afrikaner kultuur. Die verwysingsraamwerk van hierdie feeste, is nou geforseerde etniese amalgamasie politieke korrektheid beleid.
Dis my beskeie opinie.

Andreas ·

Dis reg dat al hierdie dinge in die maand voor die Nasionale verkiesing uitkom. Niemand kan nou sê dat hulle nie ingelig is, of nie geweet het nie.

Nats ·

“Ons mense/volk kan nie saamstaan nie”.
HOU OP OM DIT TE Sê! Hoe meer ons dit sê, hoor en herhaal hoe meer glo ons dit en hoe meer waar word dit.
Daar is krag in ons woorde en daarom moet ons sê, glo en herhaal dat “ons volk KAN saamstaan”.

ONS VOLK KAN SAAMSTAAN!

gatiep ·

Baie mooi gese dankie.
Dis nou of nooit ja ons sal moet saamstaan.

Andreas ·

As ons ‘n ervaring soos Rachel de Beer deurmaak sal ons dalk saamstaan. Hierdie wat ons nou ervaar het, is nog nie erg genoeg nie. ‘n Tsoenami sal oor die Afrikaner moet spoel, hy het te gemaklik in sy sagte tekkies en vel geraak.

nabetragting ·

Andreas jy sien die groter prentjie en daarom stem ek met jou saam. As ek iets kan byvoeg: “Terwyl ons wag vir die tsoenami, moet ons nie verwarrende boodskappe die wereld instuur nie en sodoende onsself in die voet skiet nie.

Johann Muller ·

AiG se borge het ‘n vuur aangesteek wat baie Afrikaans sprekendes wakker geskud het, Multichoice en die Goema bestuur het dit aangeblaas tot groter as die Notre Dame s’n. Ons moet net versigtig wees om nie mekaar te brand nie. Op die aand van die Goema’s is die wat dit bygewoon het afgeskryf as draadsitters, “joiners” en self lafaards, maar die volgende oggend was een van hulle ‘n heldin. Party vat langer om wakker te word, ons moet nie môre se bondgenote nou reeds van ons vervreem nie. Daar is genoeg vyande van Afrikaans, kom ons mors nie ons ammunisie op die slapendes nie.

Chrisi ·

en vir een keer skuif ons al die “geloofsverskille” uit die pad.. en staan op en staan saam. Ons het al voorheen ook so dag beleef toe ons ‘n nasionale opmars gereel het en die paaie “beset” het. Werk met ‘n gemene deler om ons onder een sambreel te kry – of is dit ‘n kwessie dat meer en meer “vuisvoos” is en die werklikheid in die oë staar. Dankie aan die Ghoema Trust – julle doen ons ‘n guns! Ons word nie gemanipuleer nie

Jerry ·

Solidariteit/Afriforum se hoofmotief is om n sakeryk te bou uit die beskerming van Afrikanerregte. Die regte wat grootgeld behels word deur taktiese skoorsoek en uitlokking uitgesluit uit die breer SA samelewing en ekonomiese deelname en strategies geplaas by Solidariteit/Afriforum en vennote. Afrikaners wat in die proses die spit afbyt en verarm, word dan deur helpende hand gevoed en hopelik deur selfbeskikking gehelp. Dit is erg skynheilig om die ANC te sterk in hulle kwaad om die Afrikaner uit te sluit uit ekonomiese deelname en te verarm en dan met kos te voorsien en te forseer tot selfbeskikking. Wat die AIG en Ghoema sage aanbetref staan Solidariteit uit soos n puisie op n vark se boud as die opstoker, Steve as die martelaar en die Afrikaner as die politieke speelbal. Dit is egter net n kwessie van tyd voordat daardie speelbal gaan begin pap raak en dan is speeltyd vir die regses, verstreke!

Jerry ·

Chrisi, jy word gemanipuleer, deur Solidariteit, Steve en die ANC! Haal Solidariteit en Steve uit die verhaal uit en jy haal die ANC ook uit die verhaal uit en “whaala” eweskielik is daar nie manipulasie nie. Jy is die politieke speelbal, jy besef dit nog net nie. Solidariteit is die opstoker en Steve die martelaar. Hierdie is alles manipulasie deur Solidariteit/Afriforum, Steve en vennote wie besig is om n sakeryk tot stand te bring met die hulp van gemanipuleerde Afrikaners! Hulle lok die ANC uit om die Afrikaner te isoleer, uit te sluit en te verarm sodat hulle die Afrikaner kan voer en forseer tot selfbeskikking! Dit is nog nie te laat om wakker te skrik nie!

Saamstaan ·

Dink net hoe fantasties dit sou gewees het as die gehoor saam begin dreunsing het.. Die Land…die land…en die saal verlaat het. Dit sou nou ware saamstaan gewees het. Dit is wat die ANC ondersteuners sou doen. Hulle sou egter ook die plek verwoes het. Ons kan ( sonder om te verwoes) by hul leer wat is saamstaan.

Erika Ochse ·

Mooi so Hannes Noëth! Opstaan-vir-reg van alle kante af. Ja, ek dink ook dis wat ons nou sien

Willem ·

Dalk moet ons meer uitsoekerig wees met waar en vir watter rede ons persoonlike finansies maandelikse premies betaal. Dalk moet ons ook net op kyk en die realiteid om ons wwarneem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.