Gedagte vir die dag: ’n Gebed oor uitdagings

loop-saam-met-God.jpg

Argieffoto

Wees sterk en vol moed, en doen die werk. Moenie bang wees of moedeloos word oor die groot werk nie. Want die Here God, my God, is met jou. Hy sal jou nie in die steek laat of jou verlaat nie. (1 Kronieke 28:20)

“O Here, dankie vir u Woord. Ons sien so dikwels ons eie probleme deur die lewens van die mense in die Bybel. Ek word bemoedig deur Paulus se voorbeeld omdat sy doel om die evangelie in nuwe plekke te verkondig aanhoudend vir hom nuwe uitdagings gebring het. Hoewel dit moeilik was, het daardie beproewings duidelik meer groei in sy verhouding met U meegebring.

Here, wat wil U hê moet ek leer deur die uitdagings wat oor my pad kom? En hoe kan hulle my verhouding met U versterk? Wys asseblief vir my hoe om uit geloof te lewe en nader aan U te kom. Mag die uitdagings wat ek moet hanteer my help om U te volg op onbekende paaie en my leer om al hoe meer op U te vertrou. Dan weet ek ek sal u unieke doel vir my lewe bereik. Dankie dat U duidelik vir my wys dat U dikwels juis deur uitdagings u planne aan my bekend maak.”

Bron: In die stilte van die môre deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Here dankie vir soveel seen tenmidde van al die uitdagings wat daagliks oor ons pad kom..Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.