Gedagte vir die dag: Misverstande

straat-antieke-ou-klip-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Die Here alleen is God, net die Here is God! Hy weet, en laat Israel ook weet dat julle nie vandag ons lewens moet spaar as ons die altaar uit opstand of met slegte bedoelings teen die Here gebou het nie. (Josua 22:22)

Josua 22:10-34 vertel van die tyd toe Israel die Jordaan moes oorsteek om Kanaän binne te gaan. Die stam van Gad, die stam van Reuben en die halwe Manassestam het gevra of hulle aan die oorkant van die Jordaan kon bly, want die weiding was goed en hulle het baie diere gehad. Daar het hulle ’n groot altaar gebou.

Die ander stamme het hiervan gehoor en was baie kwaad daaroor. Hulle het gedink Gad, Reuben en die halwe Manassestam wou rebelleer. Die priester Pinehas, seun van Eleasar, is gestuur om te gaan uitvind wat aangaan. Die stamme wat die altaar gebou het, het gesê: “Die altaar is ’n getuienis van wat die Here vir ons gedoen het.” Een klein misverstand kon tot oorlog gelei het.

Ek het eenkeer die storie gehoor van ’n ouma en haar familie wat in die noorde van Alaska gebly het. ’n Geweldige sneeustorm het vir weke aangehou, en te midde van die storm het die vrou gesê: “Ek gaan net vir ’n rukkie buitentoe.” En toe kom sy nooit terug nie. Die hele familie was baie hartseer en teleurgesteld. Hulle het gedink: Sy het ons op die ergste moontlike tyd alleen agtergelaat. Sy het ons verlaat en ons is op die punt om dood te gaan van die honger. Maar hulle het nie verstaan wat die vrou vir hulle gedoen het nie.

Die vrou het besluit om in die sneeu uit te gaan en te sterf omdat daar dan een persoon minder was wat kos nodig het. Die storm het uiteindelik bedaar en die kos was genoeg vir die familie. Bewys vandag geduld aan mekaar. Probeer die ander persoon se kant van die saak insien. Kom ons werk saam om misverstande te vermy.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
itgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Here so dikwels is ek so vinnig om te oordeel….help my om deurU oe te kyk…Amen

Jan Seerot ·

Angus, ek wens ek en jy kon so bietjie gesels. Oor ‘n paar bekers goeie koffie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.