Gedagte vir die dag: Net soos jy is

see_skulpe_vrou_hand_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Ek is al u gunsbewyse nie werd nie. (Genesis 32:10)

Dit is eintlik ’n baie vertroostende gedagte vir die nederige sondaar. Jy dink dalk jy kan nie na God toe gaan nie omdat jy onwaardig is, maar daar is niemand op aarde wat nog nie onwaardig gevoel het nie. As selfs Jakob en Jesaja en Paulus almal verplig gevoel het om te sê hulle is onwaardig, sal jy dan skaam wees om dieselfde belydenis te doen?

As God sy mense liefhet wanneer hulle onwaardig is, dink jy dan jou onwaardigheid sal keer dat Hy jou liefhet? Stel jou geloof in Jesus. Hy wil jou hê net soos jy is. Mag die Heilige Gees jou ’n reddende geloof gee in die een wat onwaardiges verwelkom.

Bron:  Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here by U is ek waardig omdat U my liefhet tenspyte van my onwaardigheid

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.