Gedagte vir die dag: Tydsbestuur    

dam-water-klippies-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Omdat daar voortdurend talle mense gekom en gegaan het sodat hulle selfs nie kans gekry het om te eet nie, het Jesus toe vir hulle gesê: “Kom julle nou self eenkant toe na ’n stil plek en skep ’n bietjie asem.” (Markus 6:31)

Nog voor dagbreek die volgende oggend het Jesus opgestaan en alleen op ’n stil plek gaan bid. (Markus 1:35)

Ek glo dat Jesus nooit haastig was toe Hy op aarde geleef het nie. Hy het altyd tyd gehad vir almal. Onthou jy die Samaritaanse vrou by die put (Johannes 4)? Hy het baie tyd gehad om met haar te praat. Toe die dissipels die kinders van Hom probeer weghou het, het Jesus gesê: “Laat staan die kindertjies. Moenie hulle keer om na My toe te kom nie, want God se koninkryk is juis bedoel vir almal wat soos hulle is” (Matteus 19:14).

Hoekom is dit so dat Hy soveel tyd gehad het, en tog het Hy meer gedoen as enige ander persoon wat ooit geleef het? Ek dink dis omdat Hy baie georganiseerd was. Jesus was gedissiplineerd, Hy het altyd vroeg opgestaan en dan alleen iewers gaan bid. Hy het nooit tyd gemors nie, nooit getalm nie; Hy het altyd die werk gedoen gekry.

Ons kry ook baie meer gedoen as ons dinge op God se manier doen. En jy sal ’n baie gawer persoon wees as jy nie heeltyd haastig is nie. Mense sal jou dan vra: “Hoe kry jy dit reg?” Dit is dan jou geleentheid om hulle te vertel van Jesus Christus, die beste Voorbeeld ooit!

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.