Gedagte vir die dag: Verbly jou in heiligheid

man_see_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Vind jou vreugde in die Here. (Psalm 37:4)           

Die gelowige se lewe word hier beskryf as ’n vreugde in die Here. Ons word daaraan herinner dat ware geloof oorloop van vreugde en geluk. Die gedagte aan geluk in godsdiens is so vreemd vir die meeste mense dat hulle skaars kan dink aan twee woorde wat in betekenis verder van mekaar verwyder is as heiligheid en vreugde. Maar gelowiges wat Christus ken, verstaan dat vreugde en geloof een is. Niks kan die twee skei nie.

Dié wat God met hul hele hart liefhet, vind dat sy weë vol vreugde is en sy paaie vol vrede. Die heiliges vind soveel vreugde, soveel oorvloedige seëninge in die Here dat dit meer as blote gewoonte is om Hom te dien. Ons toewyding is ons vreugde, ons hoop is ons geluk en ons plig is ons plesier.

Bron:  Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Amen…dankie Here vir die Vrede en Vreugde wat alle verstand te bowe gaan…..dit is net in U te vinde

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.