Gedagte vir die dag: Verdryf twyfel

stiltetyd_sonsondergakordula-vahle.jpg

Foto: pixabay/dula-vahle.com

Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. (Johannes 10:28)

Dit moet die Here baie ongelukkig maak wanneer ’n kind van Hom twyfel oor sy liefde, waarheid en getrouheid. Hoe kan ons ooit aan sy ondersteunende genade twyfel? Christus self het gesê: “Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie” (Joh. 10:28). As enige van dié vir wie Christus gesterf het en wat hul geloof in Hom gestel het, verlore gaan, sal God nie langer daarop kan aanspraak maak dat Hy opreg, eerbaar, almagtig en genadig is en sy beloftes hou nie.

Verban daardie twyfelende vrese wat God oneer aandoen. Klee jou met die lieflike kleed van geloof. Gee uitdrukking aan die ewige lewe in jou met voortdurende blydskap.

Bron:  Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here dat U die bose wereld oorwin het…die PRYS betaal het ook vir my wat niks verdien nie …Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.