Gedagte vir die dag: Vermy ligsinnige praatjies

Foto: pixabay.com

Ons het toe gelag en van vreugde gesing. Die ander nasies het gesê: “Die Here het groot dinge vir hierdie mense gedoen.” (Psalm 126:2)

“Skurwe stories, ligsinnige praatjies en vulgêre grappe pas nie by julle nie. Wat by julle pas, is om God te dank” (Efesiërs 5:4).

’n Mens se manier van praat verklap dikwels waar jy vandaan kom. Nie net die taal wat jy praat nie, maar ook jou aksent of dialek is ’n aanduiding van jou kultuur en nasionaliteit. Ons wat onsself kinders van God noem, is burgers van die hemel; daarom behoort ons soos Jesus te praat.

Die Here sê Hy laat gelowiges lag en van vreugde sing (Psalm 126:2), en dat daar ’n tyd is om te lag en ’n tyd om van vreugde te dans (Prediker 3:4). Die Here belowe in die Bybel dat Hy ons sal laat “bly wees oor God” en ons van vreugde sal laat jubel (Psalm 68:4).

Een manier waarop ons vreugde ervaar, is om saam grappies te maak en pret te hê. Die Here se soort humor is egter opbouend en breek niemand af nie. Dit beteken om nie te spot met hoe iemand anders lyk of klink nie. In plaas daarvan om vir iemand se foute te lag, wys ons deernis en empatie. Omdat mense na God se beeld geskape is, maak ons ook nie onvanpaste grappies oor ons liggame nie. Ons vermy skinderstories, leuens en ’n gevloekery.

Ons moet eerder ons woorde gebruik om Jesus se lig te laat skyn. Ons loof die Here vir hoe goed Hy elke dag vir ons is. Omdat ons weet hoe lief die Here alle mense het, maak ons seker dat ons woorde altyd vriendelik is, respek betoon en mense bemoedig.

Here, blydskap is ’n geskenk van U. U liefde maak ons vol vreugde. Laat ons woorde u lig uitdra na almal met wie ons in aanraking kom. Amen.

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.