Gedagte vir die dag: Was jy maar warm of koud …

– twee paaie stiltetyd pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek ken jou handel en wandel. Ek weet dat jy nie koud of warm is nie. Was jy tog maar net koud of warm. (Openbaring 3:15)

 Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here. (Romeine 12:11, Bybel in Afrikaans 1983/1992)

In sy brief aan die gemeente in Laodisea moet Johannes hierdie gewigtige woorde skryf: “Omdat jy so louwarm is, nie warm nie en ook nie koud nie, is Ek op die punt om jou uit my mond te spoeg” (Openbaring 3:16).

Hoe verskriklik moet dit nie wees as God jou uitspoeg, wegwerp van Hom af omdat jy louwarm is nie! Ons moet dan óf warm wees, óf dan nou koud. Dit beteken ons moet besluit aan wie se kant ons staan: aan God se kant, of aan die bose se kant; is jou hart vuurwarm vir die Here, of nie. Jy kan nie op die draad bly sit en dink dit sal vir God goed genoeg wees nie.

Die spreekwoord sê mos: Die pad na die hel is met mooi planne geplavei. Dit is nóú die tyd om op te hou uitstel, op te hou met mooi planne maak, maar niks kom daarvan nie. Ons moet vandag, élke dag doelbewus vír God kies. Slegs dan kan ons sorg dat ons harte vuurwarm bly vir God.

Onthou vandag vir Laodisea. Dink elke dag aan God se verwerping van hulle louheid. En stook dan die kole van jou eie liefde vir God.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pieter ·

Dit is hoekom dit gaan soos dit gaan in Suid Afrika, ons is louwarm. Ons speel met God. Ons kan die gety keer plaaslik, maar ongelukkig is ons nie soos Abraham en Isak nie. Deel bybels uit slegs vir die uiterlike vertoon van Christelikheid. God moet by ons lewenstyl aanpas.

Die mense sê mos graag: Waarmee kan ek jou vandag verneuk? Dit geld vir jou, my en God.

Yvonne ·

Here U ken ons beter as wat ons ons self ken daarom kan ons niks vir U wegsteek nie….dankie Here vir genade en tweede kanse…..laat U Gees ons denke en harte vernuwe..Amen

Rika ·

Die interpretasie vlg my :- die water wat na Laodisea herlei is het louwarm geword (oor die rotsplate) en was dus nie lekker/ bruikbaar nie. Dit was nie koud nie (lekker as jy dors is) en ook die warm genoeg nie. Dit was louwarm. Vandaar ‘ek sal jou uitspoeg’. Iets wat louwarm is, is iets wat jy wil uitspoeg. Dink dit gaan hier dat jy ‘bruikbaar’ in die koningryk moet bly. My pennie. Dink nie dit het te doen met jou ywerigheid al dan nie. As jy Geesvervuld is, kan jy nie anders as om Hom met jou hele wese te eer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.