Gedagte vir die dag: Wonderbaarlike liefde

see_sonsopkoms_hart_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir die mens verskyn. (Titus 3:4)

Wanneer ons dink aan die Verlosser se liefde kan ons duisend verruklike liefdesdade onthou. Elkeen hiervan verweef ons harte met Christus s’n en bind die gedagtes en emosies van ons vernuwe siele met die gedagtes van Christus.

Wanneer ons hierdie wonderbaarlike liefde oordink, kan ons flou word van vreugde. Wie kan die grootste liefde verstaan van die Groot Weldoener wat al sy skatte oor die kerk uitgestort het? Die Heilige Gees gee ons soms ’n gedeeltelike begrip van goddelike liefde, maar ons sukkel soms om dit te verstaan. Hoe duiselingwekkend sal dit nie wees in die volheid daarvan nie!

Bron:  Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

FM ·

God is liefde

dis nie in die mens se aard om só lief te hê nie

daarom

Dankie Here vir U liefde

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.