Tog is dit Ek wat jou opstandigheid vergewe. Ek dink nie meer aan jou sondes nie. (Jesaja 43:25)
ToekomsVenster: Na alles sal Hy nog daar wees
Hy is die Alfa en die Omega, die begin en die einde. Hy is die oorsaak en die gevolg, die stimulus en die produk, Hy is volledig en genoegsaam.
Gedagte vir die dag: God sal ’n nuwe pad maak
Ek maak ’n pad in die woestyn, riviere in die wildernis. (Jesaja 43:19 – Bybel in Afrikaans 1933/1953)
ToekomsVenster: God is magtig
Wat ek nie kan doen nie, kan Hy. Ek mag Hom daarvoor vertrou.
Gedagte vir die dag: God sal iets nuuts doen
Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom. (Jesaja 43:19)
ToekomsVenster: Die koninkryk behoort aan God
As Koning is Hy ten volle in beheer, aan sy soewereiniteit is daar geen einde nie. Hy word nie ontwrig of ontstel deur die dinge wat skeefloop nie. Ons kan Hom met sy koninkryk vertrou.
Gedagte vir die dag: Jy sal terugkyk en glo
So sê die Here, Hy wat ’n pad gemaak het deur die see, ’n deurgang deur die magtige waters … (Jesaja 43:16)
ToekomsVenster: Vertrou Hom vir bewaring
ʼn Mens speel egter nie met die bose nie. Selfs die aartsengel het nie met hom in gesprek getree nie, maar net gesê die Here bestraf jou. Ek reken dat ʼn mens veel liewer jou aandag aan God sal gee en Hom sal vertrou vir bewaring.
Gedagte vir die dag: Hy sal dinge láát gebeur
Ek werk, en wie kan dit keer? (Jesaja 43:13 – Bybel in Afrikaans 1933/1953)
ToekomsVenster: Dis nie die versoeking nie, maar wat ʼn mens daarmee maak
Moenie dat hy jou intimideer nie. Moenie toegee aan versoekings nie. Hoe meer jy dit weerstaan, hoe makliker word dit om nee te sê.
Gedagte vir die dag: Net Hy is jou God
Ek, Ek is die Here, buiten My is daar geen redder nie. (Jesaja 43:11)
Gedagte vir die dag: Jy is gekies om Hom te ken
Israel, julle is my getuies, sê die Here, en ook my dienaar wat Ek uitverkies het sodat julle My kan ken. (Jesaja 43:10)
Gedagte vir die dag: Jy sal ook ingesamel word
Moenie bang wees nie, Ek is by jou. Ek bring jou kinders van die ooste af, Ek maak hulle bymekaar van die weste af. (Jesaja 43:5)
ToekomsVenster: Vergifnis is die kortpad na vreugde
Vergiffenis is die kortpad na vreugde en vervulling. Probeer dit vandag nog. Dit werk.
Gedagte vir die dag: Jy is so, so kosbaar
Omdat jy vir My kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet … (Jesaja 43:4)
ToekomsVenster: Hoe lank nog vra, vergewe my?
Na alles, waarom is dit so moeilik (vir Christene) om jammer te sê, weer en weer as dit nodig is?
Gedagte vir die dag: Jy moet, maar Hy sal
As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie. (Jesaja 43:2)
ToekomsVenster: Seer is nie lekker nie
Dink mooi na oor die ding wat jou so omkrap. Is dit regtig so erg dat jy bereid is om selfs jare se vriendskap en goeie verhoudinge ter syde te stel ter wille van jou seer hartjie? Indien wel, het jy moeite gedoen om agter die kap van die byl te kom en jou feite te kontroleer.
Gedagte vir die dag: Hy ken jou so goed
Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. (Jesaja 43:1)
ToekomsVenster: Waarom neem ons so maklik aanstoot?
Op die regte tyd sal die Here die deurbraak gee.