Dankie Here vir ons daaglikse brood.
Gedagte vir die dag: Dit is vir Hom heerlik
Die Here het vreugde daaraan om getrou te wees, Hy laat sy woord roem en eer ontvang. (Jesaja 42:21)
Gedagte vir die dag: Jou pad sal helderder word
Ek laat die blindes loop op ’n pad wat hulle nie ken nie, Ek laat hulle op paaie gaan wat vir hulle onbekend is. Ek verander die donker voor hulle in lig en Ek maak die ongelyk plekke gelyk. (Jesaja 42:16)
Gedagte vir die dag: Jy sal sing omdat jy glo
Sing tot eer van die Here ’n nuwe lied, sing sy lof oor die hele aarde. (Jesaja 42:10)
ToekomsVenster: Rigtingwysers na die hemel
Ons is rigtingwysers na die hemel deurdat ons die kenmerke, eienskappe en deugde van die hemel nou reeds op aarde begin vestig, verbeeld en uitleef. Hoe is ons daarmee besig?
Gedagte vir die dag: Jy sal ander bevry
Jy sal blindes laat sien, jy sal gevangenes uit die tronk bevry; wie in die donkerte van die gevangenis sit, sal jy laat uitgaan. (Jesaja 42:7)
ToekomsVenster: Hy nooi almal uit om daaraan deel
Jesus kom juis na die aarde om die “kortsluiting” uit die weg te ruim. Hy betaal die prys van en vir die hoogverraad en rebellie (die wese van sonde) en, soos die gordyn wat skeur tussen die heilige en allerheiligste gedeeltes van die tempel, word sy kruisdood, bevestig deur die opstanding, die sleutel wat weer toegang verleen.
Gedagte vir die dag: Hy sal jou styf vashou
Ek is die Here. Omdat Ek getrou is aan my verbond, het Ek jou geroep. Ek hou jou vas, Ek beskerm jou. (Jesaja 42:6)
ToekomsVenster: ʼn Burger van die Vader se koninkryk
Jy word ʼn burger van hierdie koninkryk deur die wedergeboorte (weereens een van daardie begrippe); kortom, wanneer jy die heerskappy van God, die groot Monarg, Regeerder, erken. As burger van daardie ryk het jy regte maar ook verantwoordelikhede.
Gedagte vir die dag: Hy sal jou nie afbreek nie
’n Geknakte riet sal hy nie afbreek nie, ’n lamppit wat dof brand, sal hy nie uitdoof nie. (Jesaja 42:3)
ToekomsVenster: So moet julle bid
Die vraag is dus nie net wat sou Jesus gedoen het nie (WWJD), maar wat “verheerlik Jesus”, ja, die drie-enige God, die meeste.
Gedagte vir die dag: God het ’n afkeer aan geestelike hoogmoed
Jy, waarom veroordeel jy dan jou broer? En jy, waarom verag jy jou broer? Ons sal tog almal voor die regterstoel van God moet verskyn … Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee. (Romeine 14:10, 12)
Gedagte vir die dag: ’n Leuen kan ’n lewe verwoes
’n Vals getuie bly nie ongestraf nie; wie leuens kwytraak, kom nie vry nie. ʼn Vals getuie bly nie ongestraf nie; wie leuens kwytraak, gaan tot niet. ’n Vals getuie gaan sy dood tegemoet. ’n Betroubare getuie se getuienis het betekenis. (Spreuke 19:5, 9; 21:28)
Gedagte vir die dag: Geloof maak jou ’n oorwinnaar
Enigeen wat ’n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof. Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is? (1 Johannes 5:4–5)
Gedagte vir die dag: Geloof maak jou van God se liefde bewus
Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en vol liefde … want so groot as die afstand tussen hemel en aarde is, so groot is sy liefde vir dié wat Hom dien … onverganklik is die liefde van die Here vir dié wat Hom dien. (Psalm 103:8, 11, 17)
ToekomsVenster: Die doel met die gelykenisse
Kom, Heilige Gees, verlig my hart!
Gedagte vir die dag: Geloof is die beste medisyne teen bekommernis
Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie … Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng? … Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. (Matteus 6:25, 27, 32)
ToekomsVenster: Die gelykenis van die saaier
Waar val die saad in ons lewens?
Gedagte vir die dag: Geloof maak vergifnis moontlik
Moenie toelaat dat julle bitter word nie. Beteuel jou humeur en as jy dalk jou humeur verloor, moet jy nie kwaad bly nie. Moenie mekaar vloek of slegte dinge vir mekaar sê nie. Moet ook nie iets doen wat vir ’n ander een sleg is nie. Behandel mekaar mooi en goed … Sien mekaar se foute oor net soos God julle foute oorgesien het omdat julle Jesus s’n is. (Efesiërs 4: 31–32, Die Boodskap)
ToekomsVenster: Die moeder en die broers van Jesus
Streef jy ook na die eenheid wat ware gelowiges in Christus saambind?