ʼn Vuurwarm ontvangs wag Saterdag op die nuweling in die Valkerugbyunie (VRU) se Peregrineliga wanneer die eerste skote in die bond se twee topreekse klap.
Lees meerAlles vir Donderdag 4 Mei 2017
Klagtes hoop op teen SAID oor BTW-uitbetalings
“Dit is so goed as om die gans wat die land se goue eiers moet lê, van kos en water te ontneem, maar steeds te verwag dat die mandjie weer en weer gevul moet word.”
R21 betogings: Polisieman getref; motor aan die brand gesteek
ʼn Polisiebeampte sterk aan in die hospitaal nadat ʼn motoris hom Donderdagoggend op die R21, te midde van betogings op die snelweg, omgery het.
Stand van damme bekendgemaak; ingryping om waterkrisis af te weer
“Die ANC-regering probeer om hul onbevoegdheid weg te steek deur inligting van die publiek en selfs die parlement te weerhou. Gewone mense ly die meeste onder die waterkrisis, en omdat ons nie meer op die regering kan staatmaak nie, moet ons watergehalte self toets.”
Hof hoor binnekort oor geheime stemming
Die konstitusionele hof het Donderdag bevestig ʼn datum is geskeduleer vir die United Democratic Movement se aansoek oor ʼn geheime stemming wanneer ʼn mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma in die parlement gedebatteer sal word.
Vermiste polisieman se liggaam gevind
Sers. Michael van der Watt (35), ʼn polisiebeampte van die Oos-Kaap wat Sondag verdwyn het, se liggaam is Donderdag gevind.
ToekomsVenster: Hy nooi almal uit om daaraan deel
Jesus kom juis na die aarde om die “kortsluiting” uit die weg te ruim. Hy betaal die prys van en vir die hoogverraad en rebellie (die wese van sonde) en, soos die gordyn wat skeur tussen die heilige en allerheiligste gedeeltes van die tempel, word sy kruisdood, bevestig deur die opstanding, die sleutel wat weer toegang verleen.
Parys-boere: Polisieman getuig oor toneel
Die eerste getuie in die sogenaamde Parys-boere-moordsaak, was Donderdagmiddag in die getuiebank in die hooggeregshof in dié Vrystaatse dorp.
Lesersbrief: Onnie kla oor aanlynskoleregistrasieproses
Skole, Fedsas en AfriForum moet eis dat die stelsel ter wille van deursigtigheid onmiddellik vir skole oopgestel word! Soos die stelsel nou bedryf word, is daar alle ruimte vir grootskaalse knoeiery.
Nuwe Bafana Bafana-breier aangewys
Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) het Donderdag Bafana Bafana se nuwe breier aangewys.
Nuwe LP’s ingehuldig
Die inhuldiging volg op die bedanking van verskeie LP’s ná pres. Zuma se onlangse kabinetskommeling.
Kabinetskommeling: Hof lewer uitspraak
Die hooggeregshof in Pretoria het Donderdag uitspraak gelewer in die DA se aansoek om pres. Jacob Zuma te dwing om redes te verskaf vir sy onlangse kabinetskommeling.
Premier se konvooi ry voetganger dood
Die premier en sy konvooi was op pad lughawe toe waar hy ʼn vlug moes haal vir ʼn roudiens.
Man op parool in plaashuis betrap
ʼn 35-jarige man wat op parool was, is in hegtenis geneem in verband met ʼn huisbraak op ʼn plaas in die Ventersdorp-omgewing in Noordwes.
Regter-rasherrie: Mabel Jansen bedank
Regter Mabel Jansen, wat verlede jaar ‘n herrie veroorsaak het weens uitlatings op sosiale media, het bedank.
[Foto’s] Dokters met ʼn sin vir humor
Dit is nie altyd aangenaam om ʼn draai by die dokter te maak nie, maar ongelukkig iets wat deel van die lewe is. Sommige dokters maak die ervaring darem draaglik, en dan kry jy dokters wat uit hulle pad gaan om jou tyd saam met hulle byna pret te maak. Kyk hoe kreatief het dié dokters geraak:
Ross Cronjé weer in Lions se beginspan na sy ruskans
Ross Cronjé begin weer as skrumskakel en Dillon Smit sal sy adjudant wees vir die Lions se wedstryd Saterdag (07:00) teen die Rebels in Melbourne.
Pta-skool rou ná hoof se skietdood
Die adjunkhoof het gesê die tragiese voorval het by die hoof se huis plaasgevind.
Bekendstelling: Volkswagen Amarok 3.0 TDI V6 4 Motion
In die romerige boonste kors van dubbelkajuitbakkies is daar ʼn nuwe baas van die plaas – die splinternuwe Volkswagen Amarok 3.0 TDI V6.
Die jeug se waardes
As ons nie die kernwaardes wat vir sukses nodig is, in ons huise en skole gevestig kry nie, sal ons verder op die ranglys van mededingendheid afgly; sal armoede, werkloosheid, korrupsie en wetteloosheid toeneem en ’n groot deel van die ongelooflike potensiaal in ons mooi land nie ontwikkel nie.