ʼn Vrou is dood en ʼn man is in ʼn kritieke toestand ná ʼn ongeluk Woensdagaand tussen ʼn motor en twee vragmotors in Kempton Park in die Oos-Rand.
Voormalige minister van staatsveiligheid se seun beroof
Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof nadat die seun van Siyabonga Cwele, die voormalige minister van staatsveiligheid, by sy huis in Pretoria beroof is, het EWN Donderdag berig.
Nóg vyf onwettige myners dood gevind
Die liggame van nóg vyf onwettige myners is Woensdag naby ʼn mynskag in Roodepoort aangetref.
Nuuskommentaar: Verkiesingsbegroting en die grondkwessie
Verskeie partye en instansies het die minister van Finansies sewe uit tien gegee vir die begroting wat onder uiters moeilike omstandighede opgestel is. Dit is verkiesingsjaar, en sy party skroom nie om met onrealistiese beloftes kiesers se guns te wen nie.
Burry Stander-saak hervat
Die saak teen ʼn minibustaxibestuurder wat glo die Olimpiese bergfietsryer, Burry Stander, doodgery het, gaan Donderdag in die Port Shepstone-landdroshof hervat.
Minister Gordhan se transformasiebegroting klop nie – AfriSake
Groot planne, meer toelaes en verhoogde besteding. Wie gaan hiervoor betaal? Dit was die vraag van AfriSake se uitvoerende hoof, Cornelius Jansen van Rensburg, in reaksie op minister Pravin Gordhan se begrotingstoespraak.
De Jager lewer vandag getuienis
Johannes Christiaan (48) de Jager wat daarvan verdink word dat hy twee tienermeisies, Hiltina Alexander (18) van Parow en Charmaine Mare (16) van Mpumalanga, vermoor het, gaan na verwagting Donderdag in Wes-Kaapse hooggeregshof in sy eie verdediging getuig.
Polisiebeamptes sterf in ontploffing op Limpopo-snelweg
Vier polisiebeamptes en ʼn vragmotorbestuurder is dood toe ʼn vragmotor Donderdag in die vroeë oggendure ná ʼn ongeluk op die N1-deurpad tussen Mokopane en Polokwane in Limpopo ontplof het.
Video: “Pukke moet transformeer” – Departement
Die departement van hoër onderwys sê die Noordwes-universiteit se Potchefstroom-kampus wil nie erken dat hy ‘n fascistiese kultuur het nie.
Weddenskappe oor of Oscar skuldig is of nie
ʼn Aanlyn-dobbelwebtuiste in Ierland gaan weddenskappe aan oor of Oscar Pistorius skuldig bevind gaan word op aanklag van moord.
Polisiebeamptes vas na rooftog
Twee polisiebeamptes is in Pretoria in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog by ʼn selfoonwinkel.
Seun (9) wat homself glo hang het nog geleef
ʼn Negejarige seun het glo selfmoord gepleeg deur homself aan ʼn venster in ʼn klaskamer by die Laerskool Georgedale in KwaZulu-Natal op te hang.
Meer as 140 renosters reeds vanjaar gestroop
SANParke het Woensdag bekend gemaak dat meer as 140 renosters reeds vanjaar vir hul horings doodgemaak is.
Opposisiepartye oor Gordhan se “konserwatiewe begroting’”
Opposisiepartye sê Pravin Gordhan, minister van finansies, se begrotingsrede Woensdag het min verrassings ingehou.
Hoogtepunte van Gordhan se begrotingsrede
Pravin Gordhan, minister van finansies, se begrotingsrede wat Woensdag in Kaapstad gelewer is, het hoofsaaklik gefokus op ekonomiese groei. Daar was egter soos gewoonlik slegte nuus vir verbruikers.
Solidariteit: ‘Belastingverligting weer net skynverligting’
Die vakbond Solidariteit sê Pravin Gordhan, minister van finansies, se aankondiging van belastingverligting is weereens misleidend.
Puk-studente begin eie veldtog
Studente aan die Noordwes-Universiteit se Puk-kampus in Potchefstroom het spontaan met ʼn #DankiePuk-veldtog begin na negatiewe beriggewing deur Beeld oor studenteaktiwiteit by dié kampus.
Skoolhoof dissiplinêr verhoor oor “rassistiese” aanmerking
Die skoolhoof van die Hoërskool Wordsworth in Benoni aan die Oos-Rand moet oor twee weke voor ʼn dissiplinêre komitee verskyn, het die Gautengse departement van onderwys gesê.
Video: Puk-studente stap uit tydens Nazi-video
Studente van die Noordwes-Universiteit se Puk-kampus in Potchefstroom het Woensdag ʼn klag teen ʼn dosent ingedien oor beeldmateriaal van die Nazi-tydperk wat tydens ʼn klas vertoon is.
Solidariteit vs. Beeld lok vurige reaksie uit
Talle gebruikers van sosiale media het hul mening Woensdag uitgespreek oor Solidariteit se #ProPUK-veldtog teen Beeld.